Ons het julle so net onder die twee jaar terug vertel van Georgetown, Pretoria-based folk slash hillbilly band wat die voete so laat jeuk by enige party waar hulle uitslaan. Destyds het hulle ‘n EP uitgegee wat Rolbees review het en ek het daai halwe album so befok gelike dat ek die ouens sommer ‘n gig by my huis laat kom jol het vir so 40 tjommies een Saterdagmiddag. Ek was dik impressed gewees. Maybe moet ek dit sommer weer doen want hulle gaan nou uiteindelik hulle eerste vollengte album, The Dog Show, vrystel hierdie week.
Julle Watkykertjies wat in en om Gauteng woon moet check of julle hierdie Vrydagaand bietjie hulle show kan kom kyk by die Atterbury Teater. Georgetown launch hulle nuwe album en ek kan julle guarantee van ‘n befokte performance met die beste sound. Check die details hieronder iewers. Hulle nuwe album cover lyk intriguing en ons sal hom beslis onder oë en ore kry en kyk of Rolbees bietjie sommer met die ouens kan gesels ook so week of wat na album release as hulle ‘n tydjie kan afknip.
Facebook Event:
https://www.facebook.com/events/535927323452015/
Tickets:
https://online.computicket.com/web/event/georgetown_the_dog_show/1219808346/0/85083771
Check ook sommer die ouens se Facebook page uit, want dis ‘n obvious keuse as jy dalk entertainment soek vir ‘n festival, special party of in jou baas se goeie boekies moet kom met ‘n corporate event. Die ouens is moerse versatile en kan enige event vir enige crowd speel op enige stage of vloer.
Hier is ‘n unplugged version van hulle eerste single, Shake Rattle:
Watkykjy staan op 3,092,675 post views in totaal sedert 1 November, 2019.