Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Afrikaanse musiek
Hierdie Kersfees is daar net een ding wat ek wil hê. ‘n Ander kultuur. Want die fok weet, as Afrikaanse musiek deel moet wees van my kulturele identiteit is ek eerder enigiets anders.
Goed, so ons erfenis was dalk nie so great om mee te begin nie Daar’s die geskoffel van boeremusiek, die nasionalistiese inslag van ou volksliedjies (baie daarvan sommer uit Duits verteel) en die suikersoet sentimentalitiet van die ligte liedjie wat gedurende die donker dae van Apartheid so populêr was.
Deedae weer is daar klaarblyklik so baie kunstenaar en style dat mens die nie kan klassifiseer nie. Behalwe miskien as kak. Ironies stel Afrikaanse groep KOBUS! dit die beste: “Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestent, word vermaak deur mense met meer selfvertroue as talent.”
Dis asof elke Jan Rap en sy maat wat ‘n bokskitaar by Cah Converters koop en ‘n paar sub-standaard lirieke in Afrikaans (en paarrym) kan skryf ‘n maand daarba sy eie CD op die rak kan hê. ‘n Tekort aan talent is definitief nie oorkombaar nie. Looks tel mos baie en daar’s niks wat ‘n stewige backbeat nie kan regtoor nie.
Check bjetjie MK op DSTV uit. Of eerder, check hulle waib uit. Want hulle is “with it”. Hulle stook en kook en als wat wild is. Kompleet met ‘n MTV-wanabe identiteit en shows soos “Af” wat carbon copies van MTV-programme is.
‘n Paar jaar gelede was daar van die “Zoid-generasie” gepraat (na aanleiding van Tannie Zoid, wat nou “gelukkig, gelowig en getroud” is). Laat my asseblief toe om te braak.
Mens sou natuurlik ook kan praat van die “lame” generasie. Want hulle is. Al hierdie nuew start-up kunstenaars wat dieselfde ou reseppie volg en, “jy weet, net hulle deel vir die Taal wil doen, want dis mos ons taal, en Afrikaans kook hoor, jy moet net hoor.”
Dis baie maklik om hulle teidentifiser. Hoor. Hier’s ‘n paar tell-tale signs:
- Hulle cover ‘n ou volksliedjie. Maar hulle doen dit swaarder of bietjie anders en dink dan dis moerse cool en vernuwend. Ironies, selfs. Sou dalk ook oorspronklik gewees het as dit nie die honderdste groep was wat dit gedoen het nie. En van wanneer af is ou verafrikaanste Duitse volksliedjies cool? Nee man, siesa.
- Hulle oorrond sover moontlik. Dalk omdat hulle uit die verkeerde gat probeer praat. Nou is die “Bloemfontaain” en als is “verbaai” tussen “jaauw” en “maai”.
- Hulle klink soos… wel almal anders. Almal het ‘n tipiese eenvoudige akoestiese-vier-bar-rock-klank. Of ‘n backbeat. Almal kan mos in ‘n band speel. Almal is mos rockstere. Mos. Rock spiders, as jy my vra.
- Hulle is Afrikaans-behep. Ons weet almal jy is Afrikaans, ons besef jy is lief ir die Taal en wil nie hêdit moet uitstef nie. So what? Knoop Pappa nog jou ‘koenveters, en was Mamma nog jou toggos? Jirre, word wakker my ou. Kom by.
Wat ons kan gebruik is meer cool bands wat net toevallig in Afrikaans sing. Want, en dit mag nuus wees vir baie mense, Afrikaans is net ‘n taal. Die nie ‘n geloof of ‘n issue of ‘n lisensie om ‘n doos te wees nie.
En net soos Afrikaans ‘n taal is, is musiek musiek. Kak musiek is kak musiek. Dit word nie beter omdat dit in Afrikaans is nie.
Die skreiende ironie is dat hierdie kamtige rock-rebelle presies dieselfde konserwatiewe uitkyk het as het as dié van toentertyd se taalstryders en die tagtigsse Caspirs en besnorde polisiemanne.
Hoe rock ‘n roll is dit in elk geval om vir die behoud van ‘n taal te stry?
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,056,545 post views in totaal sedert 1 November, 2019.