Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Advertensies tydens die game
Advertensies het nou maar eenmaal ‘n manier om meeste uitsendings tos te maak. Dit laat die Comrades soos ‘n sirkus lyk, dit pla as jy die jean-Claude Van Damme fliek op e.tv wil kyk, maar die grootste – en mees onvergeeflike – oordtreding, moet ads tydens regstreekse uitsendings wees.
Die game is ‘n stukkie heiligdom in meeste ouens se Saterdag. Jy sien ten minste ‘n week lank al daarna uit, spankeuses word bespreek en voorspellings word gemaak. En dan, as die oomblik aanbreek, is dit soos om in ‘n boek of fliek verlore te raak. Behalwe dat jy nie hoef te lees of huil nie. Subliem, met ander woorde.
Maar dan, omdat die games die vermetelheid het om nie vir advertensies te stop nie, dring uitsaaiers daarop aan om verbeeldinglose, irrelevante advertensies tydens speeltyd in te prop.
Gedurende die spel. In die game. Terwyl hulle speel.
Die beeld krimp soos ‘n piep in die winter en ‘n handelsmerk vat die skerm oor. Met skrefiesoë probeer jy uitfigure wie op pas is na wie se doellyn toe, of dit ‘n moerse ses of ‘n stupid shot in die lug op is. John Smith? Bryan Habanna? Graeme Smith? Sibusiso Zuma? Intussen flits bemarkingsboodskappe vir iets arbitrêr soos ‘n bakrekening flink oor die skerm, en êrens betaal ‘n kliënt uit sy boude uit vir dié blootstelling.
Wat verwag adverteerders? Dat ek op hulle vervelige standaardtjekrekening met superhoë bankkostes verlief gaan raak en in lang toue gaan staan terwyl net drie uit tien tellers beman word? Dat ek onmiddellik die game gaan afsit en bank toe jaag, wat dan anyway toe is? Of dat ek sommer net in my TV-kamer gaan begin handeklap – eers stadig en dan al vinniger tot hulle pay-off line skerm ontsier?
Adverteerders, so bou julle nie ons lojalitiet nie. Inteendeel, ons is geneig om jou handelsmerk selfs nog meer te verpes. Hou julleself in, man, kry ‘n bier en kyk die game saam met ons. Daarna kan ons besigheid praat.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,123,934 post views in totaal sedert 1 November, 2019.