De Wallen is hier in Pretoria op die oomblik besig om hulle splinternuwe album te record en ek het hulle ‘n paar vrae gevra oor die band en waarmee hulle andersins besig is op die oomblik…
Rolbees: Howzit bras, welkom in Snor City! Ek is nogal interested in hoe de Wallen begin het. Die sound was nog altyd dirty old school rock. Dit het my onmiddelik aan bands soos The Cult en Zodiac Mindwarp laat dink toe ek dit vir die eerste keer gehoor het paar jaar terug. Julle hele vibe het my laat dink aan daai harde, vuil en skurwe bands wat so saam en tussen die hair metal bands gejol het in die eighties en nineties. Minder make up, meer ballas. Wie se idee was die spesifieke sound heel aan die begin?
Pikkie: Awe! Dit was myne. Ek het in ‘n ou Your LMG ‘n pic gesien van Loveglove Pyrotechnics wat live jol by Aandklas. Daar was sweet, spoeg, hare en ‘n vet girl in die voorste ry wat se tiet uitgehang het! Ek was instantly smitten. Ek wou music jol wat daardie foto recreate waarookal ons speel. Dink ons het heel goed reggekom!
Rolbees: Wat is fokken ‘tollie rock’ en wat is ‘skollie rock’ en hoekom is die een beter as die ander?
Pikkie: Gareth Forster van Filth het die phrase “skollie rock is better as tollie rock” gecoin. Dit is ‘n phrase om die meer alternatiewe rock bands saam te vat. Stoker, Filth, Kuduchild en De Wallen het een van die skollie rock events saam gejol. Poes lekker aand. There the phrase stuck. Mense sal presies weet wat tollie rock is. 😊
Rolbees: Ek neem aan julle is baie lief vir die huidige mainstream SA music industry? In al sy glorie. Beskryf dit in een woord.
Pikkie: Poes.
Rolbees: Hahaha! Ek het grootgeword met rock bands soos Guns and Roses wat gebrand was as die mees dangerous band op die planeet toe Appetite for Destruction uitgekom het. Julle het ‘n reputasie dat julle die sex, drugs and roll leefstyl nogal uit te leef en julle hele vibe capture daai spirit. Hoeveel van dit is net hype en hoeveel is die real thing?
Pikkie: Hahahahahahaha! Well snitches are a dying breed so ek like nie te veel uitpraat nie. Maar ja, ons like van makietie…
Rolbees: Julle live shows is crazy en energetic en fans feed off the energy. Hoe view julle life shows teenoor recorded werk? Wat geniet julle die meeste?
Slenderman: Persoonlik dink ek albei is spesiaal vir verskillende redes. Optredes is befok want daar is ‘n atmosfeer waarvan mens kan feed wat voel om soos in ‘n koue stort te staan op ‘n Stellenbosch somers dag – dis refreshing en rejuvenating vir die siel. Dis die een plek waar mens die week se kak en drama kan vergeet en ontslae van kan raak. Studio werk is jhas want dit bied die geleentheid vir ons om saam te groei in ‘n omgewing wat mens nie allerdaags kan nie. Dis goed om soms op die spot gesit te word en forseer te word om uit te haal en te wys, sodat ons tyd kan spaar en ons begroting kan laat klop. Ek dink albei omgewings is belangrik want dit bied die kans om saam die algehele balans tussen energie, improvisation en precision te verbeter en daarom is albei omgewings nodig om effektief saam te groei as ‘n band.
Rolbees: Once, ek het ‘n video gecheck op Youtube waar Pikkie, toe julle net klaar is met ‘n live performance by Aandklas (dink dit was die song Cheap Drugs) vir die studente soortvan remind De Wallen is entertainers en julle is daar om hulle te laat relax so hulle moet werk toe gaan, fokken swot but “don’t ever let those bastards get you down”.
- voel julle true rock and roll moet ‘stick it to the man’ wees?
- Het De Wallen ‘n work hard play hard attitude in die lewe?
Pieter: Ek persoonlik voel dit hoef nie “stick it to the man” te wees nie, maar meer “stick up for yourself.” Rock & roll gaan oor attitude en nie kak vat nie, en ek voel as jy dit embody, embody jy die gees van rock & roll.
Tweedens, daar is definitief ‘n work hard-play hard dinamiek in die band. Almal werk in die entertainment industry of swot nog so die party hard is definitief ‘n constant. In terme van hard werk, De Wallen is nog hier na ses jaar en sonder major bucks (if that doesn’t show work ethic I don’t know what does). Sou ‘n plumber nog hammer aan sy career as daar soveel financial stress en uncertainties was soos in die musiek industry? (PS plumbers moet ons nou asb nie fight nie dis net n voorbeeld).
Rolbees: Die laaste keer wat ek julle live gecheck het julle hier in Gauteng getoer met al julle gear maar sonder fokken transport ‘n van of ‘n kar (julle kar het gebreek of iets). Dit was nogal vir my soos in: “man that’s dedication, of net insane”. The struggle is real vir up and coming musicians. Hoe moeilik is dit vir musos as jy nie ‘n moerse budget het nie? Wat is die grootste challenges?
Halfies: Vir my is die grootste ding om vrede te maak met ongemaklike slaapplek, geen privaatheid en ongesnyde brood vreet met net ‘n eetlepel mayonnaise op. Maar dis alles deel van die pret en ek sou dit nie wou doen as dit maklik was nie.
Rolbees: Kief, OK so wat die members aanbetref is dit net Pikkie en Pieter wat nog oor is van die remaining original members? Is julle die creative driving forces of latch nuwe members aan die hele De Wallen idee en almal dra by as julle songs skryf?
Pikkie: Jy nail dit, man. Ek dink die ouens koop nie rêrig in nie, maar dra by tot wat De Wallen is. Ons almal het bygedra tot die nuwe album. Sonically en wat die lyrics aanbetref. Ek is pretty stoked en kan met sekerheid sê ons vriende en fans gaan die nuwe material dig. Manne het rêrig mooi gemaak!
Rolbees: Ja, julle is besig om julle derde offering te record as we speak. Die debut was Dirty Deals en toe het julle die De Wallen 2.0 EP uitgebring. Daar is ‘n paar lekker tunes op soos Cracker Jack en Heart Rate Rocker (laaste song wat julle saam met Basson Laubscher opgeneem het). Gee ons bietjie ‘n sneak peak van die nuwe album? Wat kan die fans verwag?
Pikkie: Dit is ‘n rollercoaster verhaal oor streetfights en gesteelde soentjies met ‘n soundtrack wat gaan maak dat jy ‘n plaaslike McDonalds wil beroof. Daar is grown-up substance ook en ons touch op kwessies soos narcissism en politiek. Gelukkig kan jy dit lekker afsluk met ‘n double shot rock en fokken roll.
Rolbees: Wat hou 2018 alles in vir De Wallen? Ek hoor julle gaan bietjie oorsee toer? Hoe het dit alles gebeur en waar gaan julle orals amok maak?
Pikkie: Ons probeer bietjie meer dink aan groter goed. Dus het ons die jaar begin met die album recording wat dan in ‘n album launch toer sal verander. Dan eindig ons die jaar met ons European tour. Ons wil minder begin doen met meer impak. So om low paying shows te speel is iets wat ons nou wil verruil vir skryf tyd/brainstorming en online content maak.
Dan, Pieter besit DSE (Dirty Sexy Enterprises) en die European tours is ‘n service wat hy al lank vir alle bands wou offer. So hulle het nou ‘n European booking agent gekry wat op ‘n once off payment system werk. So inplaas van sit en wag vir daai one in a million chance, kan dit vir bands die kans gee om te gaan en opportunities te gryp soos wat ons nou gaan doen.
Rolbees: Gaan julle darem bietjie hotelkamers afbreek saam met sexy groupies en televisies en teepotte by die venster uitbliksem?
Pikkie: Ons twyfel of daar budget gaan wees vir hotelle, maar fok nee, Pieter like nie invoices nie.
Rolbees: Thanks bras, sterkte met die nuwe album en die toer! Kick ass en rol hom faktap!
Watkykers wat die bras wil help om ‘n fisiese album te release kan hier gaan kokkenodge:
https://www.thundafund.com/project/dewallen
Watkykjy staan op 3,064,565 post views in totaal sedert 1 November, 2019.