Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.
Asvoëls
Hulle koek gereeld saam onder bome, op verkeerseilande en voor eenstop-vulstasies. Geduldig wag hulle in laaggemaakte, opgezefde bakkies met blink mag rims en brullende pype. Bofbalpette laag oor die kraalogies getrek tot die radio gil…
Jy trek deur die lug in slow motion terwyl jou lewe voor jou oë verbyflits en jy besef dat jy sopas deur ‘n snotdronk bestuurder van jou motorfiets afgeklap is. Once.
Nog voordat die polisie by die toneel opdaag om jou horlosie van jou pols af te steel, is die aasvoëls al klaar besig om die dronk ou en se kar jou jou motorfiets se battery en agterwiel te skaai, want sien, hulle is ingetune op die ambulansdiens en poelieste se channels, pappie.
Kan iemand my dalk sê hoe laat dit is?
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,085,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.