2017 is behoorlik binne in sy moer in en as julle al lê en ballas en kwak bak met suntan lotion in julle oge, seesand tussen julle tone en yskoue bier in julle are, julle moere ook! Ek hoop nie al julle Gautengers fok af Kaap toe die jaar nie – daar is nie meer water oor nie en julle kan nie seewater drink nie, julle dom etters! As julle nou moet gaan, vat asseblief soveel drinkwater saam as wat julle kan en dalk ‘n paar LifeStraw persoonlike waterfiltreerders. Laasgenoemde verwyder nie sout nie, net onsuiwerhede en bakterieë, so jy kan vanuit dodgy waterplasse op pavements of by enige toilet in Kaapstad instap en toiletwater deur dié filter drink so deur ‘n strooitjie. Flush net eers voor julle suig, asseblief. Urmegurd! Mental picture van hordes vakansiegangers met hulle koppe in public kakhuise. Beh, beh, bleh. Bottom line is, wees net spaarsamig asseblief! Dis ‘n genuine fokop daaronder. Drink maar eerder Mystic Boer Brannas skoon en moenie die drol in die drinkwater wees en gaan staan en water mors nie. Gaan eerder Mosambiek of Kwazulu-Natal toe. Of bly by die huis.
OK, so ek het nie by al die befokte SA albums uitgekom waarby ek wou hierdie jaar nie, maar ek sal weer volgende jaar probeer. Ek het wel onlangs daar in Vinyl Richie se vault gaan rondkrap en nog ‘n plaat gekry van ‘n band wat ek heeltemaal misgedrink het in die nineties. Ek wonder of die lede van Pavement enigiets van hulle redelik kort career kan onthou? Hulle tunes was nie groot in SA daai tyd nie, probably omdat hulle nooit by ‘n major record label gesign het nie en slegs by indie labels gehou het. Ek dink ek het dalk die song Cut your Hair van hulle Crooked Rain, Crooked Rain (1994) album op Beavis en Butthead se TV show gehoor eenkeer maar ek is onseker. Hulle latere stuff was definitief te fokken weird vir Suid-Afrika se charts. Hulle drummer, Gary Young het famously gereeld van sy dromstoel afgebliksem, handstands op stage gedoen of net randomly soos ‘n roomyskind tussen die crowd rondgehol terwyl die band gejol het op stage. Ja, hy is eventually gefire. Duh. Ook baie interesting vir my was dat Stephen Malkmus (vocals en kitaar) nogal uitgesproke was teenoor mainstream alternative bands soos Stone Temple Pilots en Smashing Pumpkins. Gaan luister die tune Range Life wat ook op Crooked Rain, Crooked Rain is.
Malkmus en Billy Corgan het mekaar baie kak gehap in die media na daai song release is. So paar van die musiek kritici het Pavement as die beste band van die nineties beskryf maar ek sou nie so ver gaan nie. Ek kan wel hoor dat hulle heeltemaal left field van die alternative norm was daai tyd en dis nogal raar en praise worthy. Wowee Zowee is release om en by dieselfde tyd as Smashing Pumpkins se Mellon Collie en die Infinite Sadness en ook Radiohead se The Bends. Great albums daai en die media het gedink Pavement mock hulle fans met hierdie album want hulle het ligjare wegbeweeg van die smooth, commercial, alternative sound van daai tyd.
Hoe klink Wowee Zowee vir my in 2017 met die benefit van dekades se hindsight? Dit klink bietjie soos Lemonheads wat een aand poesdronk in die studio ingemission het – Evan Dando maybe stukkend gerook ook en off-key, Tom Morgan op verskeie opiate en sy kitare vals as fuck, maar hulle het dit somehow nog steeds reggekry om kief materiaal te record, albeit all over the show songs sonder struktuur. Daar was mos daai tyd so semi-vals structureless sound wat hip en cool was. Befokte vals tunes! Violent Femmes, Dinosaur Jr., Sonic Youth, Pixies en Frank Black (solo) onder andere het dit nogal embrace maar nie een van die bogenoemde bands was soos Pavement nie. Hierdie mal fokkers het dinge na ‘n ander next level toe gevat op dié album.
Ek luister nou die song Rattled by the Rush:
Te veel coke op in hulle snozzles met daai een, that’s for sure. Op die song, AT&T klink dit of hulle die songs se lirieke opmaak soos wat hulle aangaan. Hulle het probably. I guess they were having fun maar daar was te veel ander kief musiek daai tyd en dis probably hoekom hulle in obscurity verdwyn het. Dit is wel ‘n lekker trip down nineties nostalgia memory lane, veral as jy nog nie die band explore het nie. Let’s face it: ons is al almal moeg gesluister aan die mainstream alternative stuff van daai era. Hierdie tunes is nineties musiek wat nooit behoorlik by al die Gen X kids uitgekom het nie.
Explore bietjie verder en geniet dit weer of vir die eerste keer! Daar is hierdie Saterdag weer ‘n vinyl fair by Lucky Rodrigo, so gaan grou bietjie rond in die dealers se dose vir bargains en soortgelyke vreemde kak! Onthou ook #goodluckbarisnotabuilding en ‘n Geseënde Kersfees en ‘n happy new year vir julle almal! Ons rol hom weer in 2018!
Watkykjy staan op 3,056,140 post views in totaal sedert 1 November, 2019.