1) Kyk. As daar nou een geskenk is wat ek hierdie Krismis sal waardeer, dan is dit ‘n 2018 kalender. Nie een met wollerige hondjies of spoggerige trekkers nie. Een met my gunsteling president in die wêreld. Sit Jacob. Ek praat van Vladimir Putin. Maar dis blykbaar so gewild, dat die hele oplaag uitverkoop is. Aldus die Russiese media wat beweer dat spesifiek Britte die kalender binne ure nadat dit te koop aangebied is, opgeraap het. Except, Britse media kan geen bewyse kry dat dit enigsens te koop was in winkels nie. Maart spog met Putin wat iemand in ‘n judo-greep beet het, Junie het hom soos ‘n wafferse biker waar hy saam met ‘n groep mans (kan moontlik vrouens wees) op sy ysterperd ry en in Julie kan jy jou vergaap aan sy hangtieties waar hy topless pose met ‘n geweer. Ek shit jou not.Geskenkidees? Putin my Kerskous, dankie.
2) Die vervaardigers van Doom en Target en al daai muskiet-coil goeters is blykbaar besig om die deure van Steinhoff International af te breek om uit te vind wat hul suksesresep is. Want al sê die verpakking wat, niemand kom naby die Immediate Effect wat Steinhoff hierdie week geopenbaar het met die “Met Onmiddellike Effek” aanvaarding van die bedanking van hul CEO Markus Jooste nie. Sulke squashing of bug geluide. Te midde van ondersoeke na beweerde rekenkundige onreëlmatighede by die retail-reus, het Jooste besluit om te bedank en het hy ‘n jammerbriefie aan die maatskappy se werknemers en beleggers geskryf. Dit het dadelik tot ‘n drop groter as ‘n boontjiekerrie se nagevolge gelei in die maatskappy se aandeelprys. Ou armgat Christo Wiese is aangestel as tydelike what-what en hy kak hom blykbaar toe oor die miljoene wat hy kan verloor met hierdie gedoente. Hy is immers Suid-Afrika se 4de rykste persoon!
3) As die lood in jou potlood aan die opraak is, koop nuwe lood. Maar om hemelsnaam, moet net nie lyk of jy dalk ‘n rubber of ‘n fokken stencil wil steel by PNA nie. Die ou winkelgroepie wie se naam problematies vir sinuslyers is, het hierdie week ongewenste publisiteit ontvang toe ‘n werknemer van hul Lephalale-tak ‘n 16-jarige seun in die parkeerterrein gesien het wat klaarblyklik iets gesteel het in die winkel en toe ‘n sekuriteitswag geroep het. Die kind is toe in die winkel ingeboender, die deure is gesluit en hy is na ‘n klein kamertjie toe gevat waar die wag die sewe soorte hel uit hom gemoer het. Met ‘n knuppel. Want Lephalale mos. Die saak word nou ondersoek, die wag is geskors, die ouers ruik geld en die woordvoerder van PNA sê hulle het onmiddellik begin om hul bedryfshandleiding te hersien ten opsigte van winkeldiefstal-verdagtes. Sulke beloftes. Tjomma, ek het die foto’s gesien van hoe daai laaitie gemoker is. En glo my, as dit my kind was, beter dit ‘n fokken Parker pen wees wat hy vasgelê het. Want anders gaan hulle medies sukkel om daai knuppel uit die wag se hol te haal. NUUSFLITS: Christo Wiese is nou die land se 6de rykste persoon.
4) Time Magazine het hul Persoon van die Jaar vir 2017 aangewys. Nee, nie Karlien van Jaarsveld nie. Ook nie Allister Coetzee nie. I know raait? Die toekenning het gegaan aan die movement wat bewusmaking wil skep oor seksuele teistering en aanranding, ook bekend as die #MeToo-veldtog wat veral op sosiale media soveel ondersteuning gekry het. Die hoofredakteur reken dis die vinnigste maatskaplike verandering in dekades en dis als begin met individuele optrede deur honderde vroue en 2.5 mans wat nie meer bang was om hul stories te share nie. Wel, slaan my dood. Ek bedoel, My Fok! Tanana Burke is die vrou wat die hutsmerk #MeToo geskep het en is heel beskeie oor hoe ver die campaign nou al gedrafstap het. Nou, hierdie is seker my grootste oomblik nog as skrywer vir die gerekende watkykjy. Hierdie is ‘n bekentenis. Asseblief, gun my die ruimte om net uit te kom en dit te sê: “Ek het sopas vir die eerste keer in my lewe die woord ‘hutsmerk’ gebruik.” There, I said it. Jy dink nie ek moet ooit weer nie? Toemaar, #MeToo. NUUSFLITS: Chisto Wiese hang aan ‘n balhaar vas aan posisie nommer 10 op die lys van die land se rykstes.
5) Ekurhuleni se munisipale woordvoerders het inwoners hierdie week gevra om asseblief nie vir die werkers wat hulle vullisdromme kom leeg maak, bier of geskenke te gee nie. Want veral alkohol kan, en ek quote, “die vullisverwyderingsdiens negatief beïnvloed.” Say what? En as inwoners voel hulle word geviktimiseer, moet hulle net die ou se naam vra en dit rapporteer. Nee goed hoor. Maak so. Geen krismisboks. En volgens een tannie wat op die nuus gaan kommentaar lewer het op ‘n Afrikaanse webwerf, kry hulle nie eers ‘n koekie by haar nie. Uhm. Raak vir ons rustig Tannie. Hou jou koekie. Die manne is darem ook nou nie so desperaat nie. Ek vermoed egter daar sit meer agter die pleidooi. Moontlik politici wat dikbek is dat hulle nie geskenkies kry nie want dit is immers hulle wat week na week ons rommelstatus nog so bietjie verder invryf. NUUSFLITS: Christo Wiese pas nou karre op buite Checkers in Newcastle.
Watkykjy staan op 3,073,904 post views in totaal sedert 1 November, 2019.