1) Daar het hierdie week ‘n Harry losgebars met die aankondiging dat nog ‘n koninklike besluit het om sy crown jewels te laat toesluit vir veilige bewaring. Prins Harry het sy verlowing aangekondig aan die Amerikaanse aktrise, Meghan Markle. Alhoewel die twee eers in 2016 begin kys het, word die troue vir Mei 2018 beplan. Soos ek hier tik, is die mal Engelse en drie tannies van Warmbad besig om glasies suikerwater te drink om net te kan cope met hierdie heuglike nuus. Wat ek altyd amusant vind, is die “quotes” van die royalty naaste aan hulle. Prins William se vrou, Kate, is “absoluut gaande” en Koningin Elizabeth het met “Wie?” gereageer? Boonop was Markle voorheen getroud en almal weet hoe vol kak die religieus-behepte royals kan wees oor so iets. Boonop moes sy kies watter een van haar twee honde vanuit Kanada saam mag kom na die paleis toe terwyl die ander een maar tevrede moet wees met plaaslike bitches wat op hitte is. Sulke drama.
2) Naam van die week moet gaan aan die woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie. Dames en Here, ons stel bekend Sputnik Ratau. Klink soos iets uit ‘n Far Side cartoon. Sputnik het hierdie week bevestig dat kennisgewings aan minstens 30 munisipaliteite uitgereik is dat hul watertoevoer afgesny sal word indien hulle nie hul skuld teen 8 Desember vereffen het nie. Munisiplaiteite skuld tans R10,7 miljard en 73% van daai kleingeld is al langer as 60 dae uitstaande. Volgens ons man, Sputnik, het die department al gesprekke gevoer en regstappe gedoen om die skuld in te vorder, maar dis soos water op ‘n eend se rug. Ha-ha-ha. Snaaks. Maar nie so snaaks soos Sputnik nie.
3) As jy wil kla oor iets, help dit om die regte kanale te volg. Vat nou maar byvoorbeeld as jy gatvol is vir herhalings op TV of kakkerige Sondagaand moewies of ‘n reeks oor een of ander mal donner wat boomhuise vir mense met te veel geld bou of Kanaal 666 op die MultiChoice spyskaart, ANN7. Die Gupta-behepte kanaaltjie wou mos altyd nuuswaardig wees en nou is dit weer te danke aan hierdie week se #GuptaLeaks revelations. Die Bybel praat mos van tiendes betaal, maar smaak my ou Koos Bekker en sy volkspelegroepie het die ander wang ook gedraai. R25 miljoen om ANN7 aan die gang te kry en toe ‘n lekker kontant hupstoot deur die jaarlikse bedrag wat hulle aan ANN7 betaal het, te verhoog van R50 miljoen per jaar na R141 miljoen. Sulke nice. Lekker geheime geldjies om ou Vyf Muthambi, vorige Minister van Kommunikasie se arm te gedraai het om dinge na MultiChoice se kant toe te swaai.
4) Wat rugby aanbetref het ons ‘n week beleef waarin die Springbokke actually gewen het teen Italië. Nietemin word daar bespiegel dat Allister Coetzee se dae getel is en dat die naaste wat hy aan ‘n coach sal kom teen die einde van Desember, sal wees as hy ‘n buskaartjie koop. Die gunstelinge om by hom oor te neem is blykbaar tussen Deon Davids, die huidige afrigter van die Southern Kings (snorklag) of Gert Laubser van Roodepoort, ‘n 49-jarige skrynwerker wat gereeld langs die rugbyveld sy graad-5 laaitie aanmoedig deur vir die ander span te skree hulle is moffies. Tawwe fokken keuse. Miskien moet hulle ook die ou oorweeg wat by die Blou Bulle besluit het dat die 2018-seisoen se truie nie meer die Barberton Daisy gaan ophê nie, want sodra die fans na laas naweek se Bokke game weer nugter is en besef die blom is weg, gaan hy sonder werk sit.
5) In die politieke arena, was dit ook ‘n bedrywige week. Die ANC in Gauteng en Nelson Mandela-baai se pogings om ‘n mosie van wantroue teen die DA burgemeesters in te stel, het misluk. Die Gautengse spul het tot ‘n lys van 19 redes hoekom hulle Herman Mashaba wil verwyder, saamgestel, vermoedelik net so gecopy-en-paste uit ‘n jaarverslag van die ANC se eie fokops. En die man met die vierkantswortel-haarstyl, Dr. Pieter Mulder, het na 30 jaar as parlementslid uitgetree. Hy het die ses presidente wat gekom en gegaan het in die tyd wat hy in die parlement was soos volg opgesom:
• PW Botha: Partypolitieke apparatchik
• FW de Klerk: Goeie debatteerder
• Nelson Mandela: Victoriaanse gentleman
• Thabo Mbeki: Britse intellektueel
• Kgalema Motlanthe: Wyse leier en vakbondman
• Jacob Zuma: Die f%*&%$$ het geen %**%#*&# benul wat hy aan die &^$!!!*&^^%$ land doen nie!
Watkykjy staan op 3,084,465 post views in totaal sedert 1 November, 2019.