Metallica se Ride The Lightning is in 1984 release, min of meer reg in die middel van die era waarin kafee games ge-peak het. Die gaming industry was as vir so paar jaar reeds goed op dreef gewees en in 1984 het games soos 1942, Kung-Fu Master, Karate Champ, Tetris, Ballon Fight, Excitebike, Cobra Command, Circus Charlie en Hyper Sports die lig gesien, om maar net ‘n handjie vol te noem. ‘n Vinnige recap van wat nog in in 1984 gebeur het:
In Amerika het die decline in arcade game sales reeds teen 1986 begin briekmerke los. Suid-Afrika was lekker agter die fokken tyd *rol oë so na Apartheid se kant toe* en hier teen net voor die die middel negentigs het die arcade gaming industrie eers bietjie begin afkak in Suid-Afrika voor dit eventually deursy eie hol geval het – mainly omdat PCs en gaming consoles die mark begin oorneem het.
Fokkit, kry mens nog die Griek se kafee op die hoek of koop almal deesdae Rizla, skywe en effies by die Caltex?
As jy ‘n kinders van die 80s was en so paar kilogram se twintig sente oor die jare in hierdie masjiene gedrop het, bestaan daar ‘n fokken sterk kans dat jy altyd gewens het dat Vader Kersfees vir jou ‘n games cabinet sal kom drop. Pacman, Donkey Kong, Street Fighter II. Fokken enige iets. Jy sou Centipede ook vat. Ek gaan ‘n wilde fokken raai vat dat daai droom nie vir enige van ons gerealiseer het nie. Indien dit wel vir jou gebeur het, was pappa seker een of ander grootkop by Volksas of Perm. Of Carl Niehaus. Hy steel al van hy gebore is geld.
Wel, jy is nou mooi fokken groot. Hopelik met ‘n salaris en ‘n dak oor jou kop en so paar ekstra skille in jou bankrekening. Maybe is jy die gelukkige persoon wat hierdie befokte 80s game cab joune kan maak, want daar is net een. Check, ek en my tjommie, Kapelaan Ledigheid (click op daai link vir sy Twitter handle) het so twee jaar terug heavy nostalgies geraak en besluit om ou arcade games te restoureer. Dis fokken baie werk, maar dit is ‘n lekker hobby. Ekself het vir my ‘n Iron Man matjienkie gebou en my tjommie het vir homself ‘n Iron Maiden aanmekaargesit. #YsterBefok. Die cabs is nie uit nuwe hout gesny nie. Ons het cabs uit die 80s uit gaan opspoor en dit refurbish, kompleet met dik sound en die oorspronklike asbakkies, knoppies, joystics en coin mechanisms. Met fokken honderde games! Dis kakharde werk en honderde ure wat in so projek ingaan maar dis ‘n befokte tydverdryf as wanneer jy ‘n af Saterdag en baie bier het. Ekself het nog twee van hierdie outjies om klaar te maak sodra tyd dit toelaat, maar sover kan een Metallica fan hierdie Metallica cab koop. Hier is ‘n vinnige video wat gedeeltelik die werk cover wat in so projek ingaan:
As jy belangstel kan jy sommer straight met die bra op Twitter kommunikeer. Hy soek R12,500 vir sy Metallica gaming cabinet. Dis rofweg tussen R2k en R5k cheaper as waarvoor die “nuwes” gaan wat die ouens uit hout sny. En dan is dit sulke boring wit kas of iets. Nul Metallica. Jy kan hom probably in crypto currency ook betaal as dit jou ding is. Dis mos nou fashion. Soos reeds genoem is hierdie ‘n once off. Daar is net een so masjien refurbish en dit was so paar weke se werk gewees. As jy seriously na so iets opsoek is moet jy maar vinnig maak. Die bra waai Vrydag Amerika toe vir min of meer ‘n maand, so as jy hierdie befokte cab vir jouself wil koop vir krismis is dit nou die tyd. Anders moet jy wag tot middel Januarie se kant en hoop iemand anders het dit nie gekoop nie. Sorry man, ons het nie bedoel om met jou year end bonus te fok nie…
Let wel – moenie emails Watkykjy se kant toe gooi nie. Jy gaan net jou eie tyd mors en dan vat iemand anders moontlik die ding. Deal self met die man op Twitter. Jy moet self reël om die cab in Pretoria te kom oplaai, so dis verkieslik ‘n Gauteng deal. As jy van buite Gauteng af is, moet julle maar chat en kyk watter reëlings gemaak kan word.
Hier is so paar kiekies van die outjie:
Watkykjy staan op 3,048,217 post views in totaal sedert 1 November, 2019.