1) Swart Maandag. Redelike naais idee. Wys solidariteit met boere wat vir hul lewens vrees deur swart te dra op die dag en bymekaar te kom om te bid. Natuurlik is daar gapings vir misbruik of misverstand. Dankie aan die handjievol belhamels wat met ou vlae opgeruk het. Hoop nie die dag het te veel van julle tyd vir Volkspele oefeninge opgeneem nie. Dankie aan Nickolaus Bauer, hoernalis van eNCA wat sommer wild-en-wakker foto’s van vorige byeenkomste versprei het… foto’s waar mense die ou landsvlag as hemde gedra het (Edgars rooi-in-die-gesig-hanger-uitverkoping?) en die nuwe landsvlag verbrand het. Foto’s wat niks met Swart Maandag uit te waaie gehad het nie. Die skade is gedoen. Politici (ANC, EFF, BLF, SPCA, WNNR, WWF) het almal dadelik die dag afgemaak as rassisties. Want mos. Feit is, elke dag word mense vermoor. Goeie mense. Wit. Swart. Bruin. Maandag het miskien begin as ‘n hele ding teen die uitmoor van boere, maar die dag het ook gedien om vir die regering te wys dat wit en swart en bruin hande kan vat en wys hulle is gatvol. Moord is een ding. Karaktermoord ‘n ander. En ons regering pleeg laasgenoemde daagliks.
2) Kyk, almal weet sangers is nie altyd die slimste nie. Let me rephrase – sommige Afrikaanse sangers. Maar elke nou en dan verras een jou. Een wat jy gedink het bietjie meer tussen die ore het, maar dan wys hy of sy eintlik nee, glad nie. So hierdie shout-out gaan aan die eerste wenner van SA Idols way back in 1867. “Heinz! Ketchup! As jou opinie verskil van jou fans s’n, bly stil as jy nie wil hê dit moet jou verkope beïnvloed nie.” Toe Heinz Winckler in ‘n videogreep te vertelle het dat swart dra op Swart Maandag eintlik nie veel gaan help vir bewusmaking oor plaasmoorde nie, toe breek, verbrand en krap baie Afrikaners hulle Heinz CD’s en begin “Boikot Heinz groepies.” En al wat hy eintlik wou sê is dat mense eers hulle uitkyk en geloof moet regkry. Boonop weet almal niemand vergewe so moeilik soos ‘n Afrikaner nie, al sê die Bybel wat. So toe hy ‘n opvolgvideo maak om jammer te sê en te verduidelik wat hy eintlik bedoel het, toe versuip sosiale media amper in die “Dis te laat ou maat” responses. Toemaar tjom, ek weet wat jy bedoel het. Maar in Heinz sight, stick to the singing, boet.
3) Baie mense sal onthou hoe Mamma die aand voor ‘n lang reis frikadelle gemaak het en eiers gekook het en toebies met tamatie en koue vleis… en as jou ouers ryk was, was daar dalk selfs hoenderboudjies gebraai… als sodat jy die volgende dag by sulke non-descript sementtafeltjies en -bankies kon stop oppad see toe en dan uit jou kattebak uit kan vreet en verbygaande karre vir jou kan toet en jy kan wuif en lag asof fokkol fout is met die lewe nie. Jy sien dit natuurlik nie meer nie, want, wel, daar’s fout met die lewe. En dis onveilig. En die land is vuil. En so aan. Daarom salueer ek die twee spietkops wat hierdie week probeer het om die mooi gebaar weer aan die gang te probeer kry, maar nou dissplinêre aksie in die gesig staar. Die twee van Tokoza het hulself verfilm waar hulle in vol uniform dans op die maat van musiek terwyl hulle uit hul kosblikke eet. O. Wag. Die kosblikke was blykbaar vol kontant. En hulle het die geld as servette en tandestokkies gebruik. As you do. Ek meen rêrig. Geld? Wat het geword van goeie ou bribe-broodjies?
4) ‘n Video geneem op ‘n selfoon van twee vrouens wat mekaar moer, het opspraak gemaak hierdie week. Why? Fi. Jy lees reg. Die fight het blykbaar gegaan oor ‘n wi-fi password. I-shit-you-not. Dis nie duidelik of die een ongelukkig was oor die gekose password en of sy net nie daarvan hou dat die ander een op haar wi-fi Beyoncé videos kyk nie, maar die PK’s het gereën soos wat mense bid dit in die Kaap sal reën. Sosiale media gebruikers veg nou maar vir die een wat die seerste gekry het en probeer rooi ligte laat afgaan by ou Fokkol Mbalula. Maar al wat afgaan is blou ligte, want die een flerrie se ma werk vir die SAPS.
5) Kom ons brand ook ‘n kersie vir Phomolo Maoba, ‘n student aan die NWU wat besluit het dis slim op op sosiale media smalend blankes wat Swart Maandag ondersteun het, te waarsku dat als niks gaan help nie want hulle sal ook soos hulle baas, Terreblanche, vermoor word. Sy is intussen aangekla en die saak word deur die universiteit ondersoek. En sy het omverskoning gevra. Phomolo, vra vir Heinz. Vergifnis is blerrie moeilik vir mense wat meer en meer voel asof hulle van rassisme beskuldig gaan word as hulle swartsakke koop, maar as daar teen blankes gekots en gedreig word, dan word daar liggies oor die hande getik. Penny Sparrow staan nou nog in die hoekie. Kies ‘n hoek, Phomolo. En fokken blok jouself.
Watkykjy staan op 3,083,764 post views in totaal sedert 1 November, 2019.