Deur Melt Sieberhagen
Daar is min dinge wat my so baie so blatant soos ‘n bakvissie laat voel as ‘n voice note. Daardie klein stemboodskappie wat jy stuur omdat jy nie kan reply met ‘n teks-boodskap nie. Of deesdae sommer net stuur want jy’s te lui om te tik. Slfs in smpl sms-tl. Dink gou mooi daaraan – jy is besig om ‘n foon te gebruik om ‘n program te gebruik wat bedoel is om getikte boodskappe te stuur, maar jy gebruik dit om ‘n stemboodskap te stuur soos wat jy met ‘n foon gedoen het nog voor ‘n foon cheap teksboodskappe kon stuur en jy voicemail gelos het of (oh, the horror!) net ‘n gewone gesprek gehad het. Een tree vorentoe, twee treë terug.
Nou sit en stuur jy soos twee tienermeisies die een stempossie na die ander. Terwyl jy netsowel kon bel. Maar dis okay. Ek’s aanpasbaar. So ek luister die voice notes. Stuur dan selfs enetjie terug. Ek weet ek gaan nie hierdie geveg wen nie. Net soos wat “met” skielik uit almal se woordeskat verdwyn het en ons nou “saam ons vriende” uithang, gaan ek niemand oortuig om op te hou voice notes stuur nie. Tog, mag ek vriendelik – dog ferm – vra dat daar ‘n 15 sekonde limiet geplaas word op die boodskappe? As ons nou met ope arms die toekoms in gaan hardloop en verbale MixIt pleeg, kan ons net ‘n perk plaas op die hoeveelheid inligitng wat daar op ‘n slag oorgedra word? Na meer as ‘n paar sekondes hou ‘n boodskap op om ‘n boodskap te wees en is dit eerder net ‘n baie lang eensydige gesprek.
Korter is beter.
Sjoe, net soos wat daardie omslagtige intro ook korter kon wees. Iets wat wel kort is, is ‘n kortfilm. (Dit was dalk omslagtig, maar kyk nou net hoe mooi sluit dit aan.) Die Silwerskermfees gebeur die afgelope paar jaar met groot fanfare by die Bay Hotel in Kampsbaai. Dis ‘n lekker vet party waar die Afrikaanse filmindustrie vir ‘n week lank skouers skuur, tips uitdeel, smooch, pitch, netwerk en party. So lekker as wat al daardie dinge is, gaan dit darem ook oor meer as dit. Sedert 2011 stoot hulle elke jaar ‘n klomp geld, moeite, tyd en idees in die kortfilms wat spesiaal vir die fees gemaak word. Honderde idees word ontvang en hulle skaaf dit af na ‘n handvol projekte wat dan verder ontwikkel en uitgevoer word. Dit is ‘n wonderlike manier om aan moontlike verdere rolspelers in die bedryf (sien, ek praat nog vlot Netwerkiaans) ‘n kans te gee om gesien te word en dan verdere werk en projekte daaruit te kry. ‘n Klomp vorige wenners het aanbeweeg om vollengte movies te maak. Selfs movies wat gekyk is ook.
Hierdie jaar het ek weens betrokkenheid so veel van die kortfilms as moontlik probeer kyk. En dit was makliker as voorheen, want hierdie jaar was daar ‘n kort-kortfilm afdeling ook. Lekker klein happies wat inklok teen 12 minute elk. Want as die wiele van die bus begin afval kan selfs 24 minute soos ‘n ewigheid voel. Daar’s ‘n definitiewe onderskeid tussen twee soorte flieks wat dit tot op die Silwerskermfees se silwerdoek maak: Kuns en Popcorn. Nie dat die een beter is as die ander nie, maar ‘n mens moet jouself tog afvra hoe belangrik dit is om nog meer en meer kuns te skep as dit popcorn-flieks is wat die geld gaan laat inrol…
Check self die nuwe kortfilms wat nou op Showmax beskikbaar is en besluit self, maar hier’s my indrukke van die meeste van hulle. (As jy nie saamstem nie, stuur ‘n voice note…)
Slaaf.
In the interest of full disclosure, moet ek sê hierdie is my tjommies (en ek het die subtitles gedoen), so ek kan seker nie objektief wees nie. Tot skiem ek dit is ‘n great kykie na verslawing van alle soorte met ‘n moerse lekker gevoel van dreigende onheil, menslike weerloosheid en algemene verval. En dis net die liefdesverhaal deel van die storie. Carel Nel verdien die beste akteur prys wat hy ontvang het hiervoor.
Kuns vs Popcorn: ‘n Stewige Roy Lichtenstein print en ‘n medium popcorn met ‘n aarbei slushy.
https://kyknet.dstv.com/program/silwerskermfees/video%E2%80%99s/slaaf-lokprent/videos
Soldaat
Hierdiie outjie het gewen as beste kortfilm in die 24 minuut kategorie. Dis ‘n lekker homoe-grown stukkie gansterism en jeugdige onskuld wat vinnig verdwyn. Iewers het ek seker nie mooi opgelete nie, maar dit voel asof daar ‘n time-continuity-probability gaping iewers is wat vir my wil-wil maak dat al die stukke nie mooi inmekaarpas nie, maar ek gaan dit beslis weer check. Die dele wat ek kon volg en verstaan het, was moerse lekker, so ek kan gerus gaan vir “one more time, with concentration”.
Kuns vs Popcorn: ‘n Goeie Nathan Trantaal gedig en ‘n halwe steak Gatsby.
Vossie Vergas Homself.
Hierdie lekker comedy met Tobie Cronje het vir June van Merch ‘n beste aktrise prys besorg. Dis ‘n goeie, gestileerde komedie met ‘n tong-in-die-kies en knop-in-die-keel wat mekaar goed afwissel. As ‘n man besluit hy’s moeg vir die lewe en verbete probeer om te ontsnap, is daar niks beter ‘n bemoeisieke antie met ‘n lewensles of twee in haar arsenaal nie.
Kuns vs Popcorn: ‘n Deeglike Portchie met witwyn in ‘n Valpré bottel.
Die Maan Val Bewusteloos.
Nico Scheepers het hiervoor ‘n toekenning vir beste regisseur gekry, maar hy het darem deeglike oefening gehad in die sin dat hierdie eers ‘n toneeltstuk uit sy eie pen was wat hy aangepas het as kortfilm. Dis beeldryk en vreeslik emosie-gedrewe en kwalifiseer beslis as hogere kuns. Jy moet kyk en kophou en inleef, want die simboliek en metafore kom dik en deeglik deur.
Kuns vs Popcorn: Bettie Cilliers-Barnard al die pad. Jy eet nie naby mooi paintings nie.
Langsaan.
Dis min dat iets my regtig erg ontstel. Hierdie is een van hulle. En dis nie noodwendig die inhoud en subject matter nie… Okay, dit is. Ek neem aan dis goed, maar sjoe, wees gewaarsku as jy hierdie kyk: Dis goed, maar dis nie noodwendig lekker nie.
Kuns vs Popcorn: ‘n Steven Cohen installasie en baie, baie nugter maag.
Vrekfontein.
Dis geen geheim dat hierdie my absolute gunsteling was nie. Eckard Cloete skryf en direct ‘n lagstorm los met hierdie outjie. Mockumentaries raak nou al ‘n bietjie ou nuus en kom met ‘n redelike mate van voorspelbaarheid. Dis juis die feit dat dit nog ‘n bietjie verder gedruk word en amper ‘n behind-the-scenes van ‘n mockumentary van ‘n storie van ‘n moerse snaakse situasie is. Die akteurs is baie goed ge-cast en Lida Botha verdien ‘n flippin’ Oscar vir hierdie ene.
Kuns vs Popcorn: ‘n Prettige Pierneef en ‘n groot pocorn, groot coke (met ys) en ‘n boksie Whispers.
https://kyknet.dstv.com/program/silwerskermfees/video%E2%80%99s/vrekfontein-lokprent/videos
36 DDD.
Ek kan weereens nie veel sê nie, want ek is in hierdie ene. Tog verdien die art department op hulle eie ‘n hele rondte applous vir die hekelwerk. Dis ‘n lekker lawwe storie – presies waarvoor die 12min shorts bedoel is.
Kuns vs Popcorn: Luister hierdie voice over en sê jy my…
https://kyknet.dstv.com/blad/silwerskermfees-2017/36ddd-lokprent/videos
Ek het jou gemaak.
Dis ‘n groot stap om ‘n legendariese Jan Rabie kortverhaal op die skerm te probeer sit, so dit help seker dat jy ‘n gevestigde skrywer soos Tertius Kapp kry om te… direct? Okay, maar dan help dit seker dat jy ‘n gevestigde director soos Jaco Bouwer kry om te… act? Hoe nou? So vreemd en buite-die-boks as wat dit klink: dit werk. Hierdie is ‘n lekker storie om te kyk. Weereens net die regte kombinasie van vernuwende dinkwerk en ‘n goeie, kykbare uitvoering daarvan.
Kuns vs Popcorn: ‘n Irma Stern in die kombuis waar die bobotie aan die bak is.
Die man met die snor en Die Onderspit.
Hierdie twee word saam genoem, want hulle is vir my albei uitstekende voorbeelde van waaroor die Silwerskermfees gaan: Goeie idees, talentvolle mense wat betrokke is en oorgenoeg toewyding en entoesiasme. Kon gedoen het met meer tyd, meer geld en dalk ‘n minder ‘restrictive’ tydsduur van presies 24 minute. Maar bowenal is die lekkerkyk movies wat wys dat Afrikaans kan doen met meer action-comedies en flieks wat hulleself nie noodwendig altyd té ernstig opneem nie.
Kuns vs Popcorn: ‘n Tretchikoff print en ‘n dubbel brannas en coke.
https://kyknet.dstv.com/program/silwerskermfees/video%E2%80%99s/die-man-met-die-snor-lokprent/videos
https://kyknet.dstv.com/program/silwerskermfees/video%E2%80%99s/die-onderspit-lokprent/videos
Daar is ongelukkig ‘n paar movies wat ek nie hierdie jaar te siene gekry het nie, soos bv Skerm, want ek sal eerder my tol in ‘n kardeur vasslaan as om te kyk hoe Tim Theron maak of hy draadtrek. Tog, gaan ek ten laaste ten volle aanbeveel dat jy beslis ook kyk na:
Wisseltrofee.
Hier is baie ver buite die boks gedink. En dit wys. Aanvanklik is daar ‘n reuse gevoel van… onrustigheid. Dis groteskte karakters – soveel meer te danke aan die feit dat dit poppe is. Maar hoe meer jy kyk, hoe meer word jy ingetrek in die vreemdheid en wonder jy waarheen alles op pad is… Tot jy besef. En dalk is dit dan al te laat…
Kuns vs Popcorn: ‘n Lekker ou Claerhout met kudu-droëwors en ‘n glasie droë sjampanje.
https://kyknet.dstv.com/program/silwerskermfees/video%E2%80%99s/wisseltrofee-lokprent/videos
Daar’s 20 nuwe Silwerskerm kortfilms op Showmax. Maak seker jy kry hulle! Jy kan hier opsign vir ‘n 14-dae free trial.
Watkykjy staan op 3,083,753 post views in totaal sedert 1 November, 2019.