PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.
So wie kry Oktober se PK? Wel, die politieke wêreld se eie Elvis… die man met meer comebacks as setbacks (ook maar net-net). Dames en Here, ons stel bekend Carl Niehaus.
Die ou adder het skielik onlangs weer sy verskyning gemaak nadat hy so 8 jaar terug in snot en trane van die toneel af verdwyn het na onthullings oor bog en bedrog. Nou lykit of iemand ‘n lighter onder Niehaus se poephol gelight het. Nie dat mens maklik die verskil tussen sy gevreet en sy anus kan uitken nie. Nietemin, dit het nou aan die lig gekom hy is moontlik die campaign manager vir Zoom-zoom se eks, Nkosazana, om in Desember leisels oor te vat by die ANC. Tog ontken hy dit teenoor joernaliste. Net om by public gatherings gesien te word waar hy aan sekere gekose mediamense inligting verskaf. Die ANC self ontken Niehaus praat in enige offisiële hoerdanigheid, maar doen ook nie veel moeite om hul witbroodjie te laat aantree nie. Na onthullings in die Sondagkoerante dat Nokosazana finansieel baat uit ‘n vriendskap met ‘n tabaksmokkelaar, het Niehaus se wangetjies opgepof en het hy gesê dit is White Monopoly wat bang is en haar probeer diskrediteer voordat hy alles as Fake News afgemaak het.
Nee wat tjomma. Jou verbale diarree bewys maar net hoe diep in die keiser en moontlike toekomstige keiserin se holle jy opgekruip is. Maak jou oë oop. Die res van ons kan sien die keiser is Carl.
Al is jy nou deel van die MK se Veterane What-what, is dit nie ‘n MK wat jy kan kom kry nie. Kom haal jou PK.
Watkykjy staan op 3,118,563 post views in totaal sedert 1 November, 2019.