PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.
So wie kry November se PK? Dr Makgabo Manamela. Wie sy? Hierdie merkwaardige spesie is die geneesheer en geskorste dokter wat geïmpliseer word in die mislukte oorplasing van byna 2 000 Life Esidimeni-pasiënte na verskeie nie-regeringsorganisasies (NRO’s). Sy moes juis hierdie week bontstaan om vrae te hanteer oor die 59 pasiënte wat steeds vermis word. Nevermaaind die meer as 140 wat dood is tydens die hele oorplasingsprojek. As deel van haar werk, moes sy die 27 NRO’s waantoe pasiënte oorgeplaas sou word, besoek het, maar dit het aan die lig gekom sy het net vier van hulle besoek. Ek is geen dokter nie, maar ek weet wanneer om ‘n Myprodol te sluk en ek sê nou vir jou: dié vrou is medies ongeskik. Die ongeskiktheid het selfs tydens haar ondervraging opgeduik toe sy smalend van die vrae beantwoord het en geweier het om verantwoordelikheid te aanvaar vir haar aandeel in die hele petalje.
Toe die hele sad storie aan die lig gekom het, is daar aanvanklik beweer daar is sowat 94 mense dood. Toe later was dit 118. Toe 141. Last count was dit 143 en kenners vermoed dit kan nog verder styg soos wat dit duideliker word dat enigiemand wat aangewese is op publieke gesondheidsorg, net ‘n nommer is vir die gewetenlose rampokkers bo-aan die voedselketting. Mens sidder om te dink aan die trauma waaraan die psigiatriese pasiënte onderwerp is tydens die hele proses waar verwaarlosing en verhongering aan die orde van die dag was. En dit in ‘n stelsel waar mense soos Dr Makgabo Manamela ‘n moerse kopseer is. Neewat Dok, kom kry vir jou ‘n siekbriefie, neem twee PK’s en bel ons in die oggend. Teef.
Watkykjy staan op 3,118,563 post views in totaal sedert 1 November, 2019.