1) Onthou toe Lady Gaga in 2010 ‘n rok gemaak uit vleis gedra het na die MTV Video Music Awards? Fast forward 7 jaar en Mzansi se eie “vermaaklikheidster” en “musikant”, Skolopad, ruk op na die Feather Awards in ‘n uitrusting gemaak uit wors. Boerewors. So wat is die Feather Awards? Dis Suid-Afrika se eie LGBTI Toekennings. Lesbian Gay Bisexual Towtruck-drivers Illuminati Awards. Of so iets. En die enigste manier wat hierdie Skolopad karakter in die kollig kan bly is om sulke aandaghoer te wees. Ek meen – fokken wors? Iemand moet haar oor die kole haal vir hierdie patetiese outcry for attention. Maar wie? Wie gaan? Vegan dit doen?
2) Nuusflits. As jy ‘n boef is, gaan jy afkak want die Suid-Afrikaanse polisie het nou kick-ass flitse wat hulle in jou oë gaan skyn as jy dief-dief speel. Teen R307 000 per flits, is hierdie flitse totally next level. Daar is slegs 169 van die flitse bestel want 170 sou totaal spandabelrig gewees het. Dit beteken R52 miljoen is spandeer aan 169 flitse. En die persoon wat dit afgeteken het, is die vrou van Khomotso Phahlane, een van die vorige hoofdose by die polisie wat ondersoek word vir beweringe van korrupte transaksies. Nee kyk, om deesdae ‘n koerant oop te maak en te hoop vir goeie nuus of bewyse dat daar goeie ouens is wat dinge run, is pure torchure. Sorry, torture.
3) Ouers, onderwysers en kinders wat gedurig in grootmensgeselskap sit, was in ‘n tiff hierdie week oor ‘n voorgestelde wysiging aan die skolewet wat basies sal beteken dat die regering die besluite kan neem vir alle skole oor die taalbeleid, wie aangestel mag word en hoe lank groot pouse mag wees. Natuurlik sit die LUR van Onderwys in Gauteng, Panfokkenyaza Lefokkensufokkenfi agter alles. In ‘n radio-onderhoud hierdie week, het hy ook laat blyk dat hy graag wil sien dat klaskamers vergroot moet word om tussen 60 en 70 leerlinge te akkommodeer en dat die beste onderwysers by die swakste skole ontplooi moet word. Basies sal beheerliggame geen sê meer hê oor enige aanstellings nie. Dit fok natuurlik een of twee pappas of mammas se planne vir hul bloedjie om hoofseun te word redelik op. Maar die gevaarligte flikker, maats. En unlike die 60 – 70 kinders in ‘n klas dreigement, is Lesufi in ‘n klas van sy eie.
4) Sit jy? Die hoofrede hoekom die vorige adjunk-minister van onderwys, Mduduzi Manana na bewering verskeie vroue by ‘n Johannesburgse nagklub aangerand het, is bekendgemaak. Nee, dis nie apartheid se skuld nie. For once, het apartheid die dag afgekry. Die skuld kan voor daai aartsboosdoener ALKOHOL se deur gelê word. Hoekom het niemand anders daaraan gedink nie? Die vroue is blykbaar dronkgeslaan deur die onthullings dat hy hulle dronk geslaan het. Volgens Manana sou hy miskien anders opgetree het as hy sober was. Miljuisende mans word nou genoop om te besin oor hoe dronkenskap dalk die oorsaak kan wees van al hulle kak. Alkohol. Kan jy nou fokken meer. Laat mens drink né?
5) Wat kos dit om aan ‘n verkiesing deel te neem in ons sonnige landjie? Politieke partye moet R605 000 betaal, R45 000 per provinsie en R200 000 vir die nasionale wetgewer. En dis te veel, voel Black First Land First (BLF). Hulle voel as enige party 50 000 handtekeninge van ondersteuning kan kry, behoort hulle toegelaat te word om te staan in die verkiesing. Solank die fokkers besef Steve Hofmeyr se kampvegters gaan dit tjoef-tjaf bymekaar kan kry. En persoonlik weet ek nie of Andile Mngxitama van die BLF naby aan enige stemlokaal toegelaat moet word nie. Toe die krag hierdie week in ‘n moontlike act of sabotage afgegaan het in Hyde Park tydens die amptelike boekbekendstelling van Jacques Pauw se boek, “The President’s Keepers,” het die swernoot gereken dis ‘n swart god wat dit so behaag het en dat dit al die settlers by die bekendstelling se verdiende loon was. Ai Andile, jou ou baas-turd.
Skud kop sulke meewarig.
Watkykjy staan op 3,048,217 post views in totaal sedert 1 November, 2019.