Hilary Rhoda is ‘n dertigjarige model van New York. Soos ons bokkie van verlede week, Ellen Hoog, was Hilary ook oorspronklik ‘n hokkiebokkie op varsity, maar het dit opgegee om op modeling te konsentreer. Sy het in 2007 met Estée Lauder opgesign as hulle nuutste gesig en kakbaie zak gemaak – genoeg om twaalfde plek te haal op Forbes se lys van “The World’s 15 Top-Earning Supermodels”
Tit-bits:
Dit lyk of sy besig is om met haar ma te fight omdat die tannie glo zak by haar dogter gesteel het, maar Hilary se man is ook in die mix en die ma beskuldig hom nou dat hy haar dogter brainwash. Gaan lees gerus self hierso. Dis nogal ‘n kakgegooiery van formaat. As ek moet kant kies sal ek saam met die tannie staan. Hilary se man klink na ‘n fokken loser wat op mense sponge. Glibberige ou kontkoppie…
Hilary het ook in Sports Illustrated ge-feature. Gaan pluk vir jou ‘n ou ietsie van die boner-boom af…
Watkykjy staan op 3,089,934 post views in totaal sedert 1 November, 2019.