Locally is Suid-Afrika stadig maar seker besig om beter Youtubers op te lewer. Daar is fokken min van hulle, maar hulle is daar – jy moet hulle net gaan soek. Ouens wat hulle eie shows film en edit en produce en cool content bymekaarsit. Een van hierdie mense is Floris Groenewald, ‘n Pretoria bra wat toevallig ook lekker musiek maak.
Floris is al vir meer as ‘n jaar lank doenig met sy YouTube channel en dit lyk of die ou gereeld update, iets wat fokken belangrik is vir vloggers en YouTubers se sukses – wees consistent met jou kwaliteit en frequency. Gaan check ook gerus sy website uit waar jy kan gaan rondskrop in sections soos movie club, music club, podcast en video.
In hierdie week se episode kyk #FliekInAfrikaans na die movies wat oor die volgende drie maande in teaters gaan verskyn. Die ene met Matt Damon lyk fokken weird… Disney het ook vir hom ‘n Star Wars: The Force Awakens DVD gegee om weg te gee aan iemand wat graag wil opvang voordat Star Wars: The Last Jedi op 15 Desember begin. Kyk die video vir details, en skryf in deur te comment. Die kompetisie se reëls is in die description van die video. Wen vir jouself ‘n ou ietsie vir krismis.
Help die bra en subscribe aan sy YouTube channel as jy like wat hy doen. Hy het tans nog net 12 subscribers. Kom ons druk hom 100 se kant toe?
Watkykjy staan op 3,083,753 post views in totaal sedert 1 November, 2019.