Ontmoet Apocalypse Later, een van die befoktste local bands wat jy nog nooit gesien of gehoor het nie, omdat hulle nogal vars op die scene is. Hulle het al ‘n paar kleinerige gigs hier en daar gejol, maar ons is fokken excited om hulle op die line-up te sit! Dink bietjie aan ‘n mix tussen Hole, Nirvana, L7 en ‘n befokte 90s grunge sounds. Dis min of meer hoe hulle klink en dit fokken werk net lekker! Apocalypse Later release vandag officially hulle eerste single, Mammal Girl hier op Watkykjy. Die res van hulle tunes is net so befok en dis moeilik om ‘n favourites te kies. Kom ondersteun hulle by ons mini rock & blues fest 24 – 25 November:
Facebook Event:
https://www.facebook.com/events/1946385125631708/
Apocalypse Later – Mammal Girl
Apocalypse Later kom gedeeltelik uit Pretoria en Joburg en is:
Bronwyn Bing – Vocals
Christiaan Van Renen – Guitar/Vocals
David De Veredicis – Keyboards
Treveshan Pather – Bass
Andi Cappo – Drums
Gaan support hulle deur hulle Facebook page ‘n like te gee.
Ons het julle so twee weke terug vertel van ons rock & blues party by Die Melkery – Even Cowgirls Get The Blues V. Ons sal dit gou weer kortliks vir julle opsom:
Tickets is R100 vir die hele naweek of R60 vir slegs die Vrydagaand. Camping is verniet vir die hele naweek, so bring jou tent. Die party geld sommer as Valiant Swart se Mystic Boer Brandy se launch party. Hulle sponsor ook ons sound. Valiant Swart is self ook daar en die bra verjaar, so kom skud blad!
Wat kan jy verwag?
- Mystic Boer Brandy special die hele naweek!
- Free camping!
- Wen ‘n bottel potstill brandy Vrydag!
- Wen ‘n bottel potstill brandy Saterdag!
- Fokken lekker kos te koop!
- Kontantkroeg beskikbaar, maar bring gerus jou eie cooler box ook!
Vrydag se bands:
Catfish John and The Hush Puppies
JC Grey
Jason Says She’s Always Right
Die Horries
Saterdag se bands:
Assegaai
Die Afrikaner
Black Water SA
The Good Doctor’s Beatle
Pat & Erns
Apocalypse Later
Bright Lights Big City
Valiant Swart
(DJ’s voor en na die bands sodat jy kan holskud!)
Check, dis die einde van die jaar vir meeste companies, so as jy miskien van die kans gebruik wil maak om hierdie gig as ‘n year-end function vir jou werk te boek, laat ons gerus weet. Ons sal drie packages vir 25 mense per company beskibaar stel teen R1900. Dis ‘n saving van R600 (of 6 free tickets per company). Maak kontak en ons maak ‘n fokken plan vir jou.
Watkykjy staan op 3,056,051 post views in totaal sedert 1 November, 2019.