So bietjie meer as twee jaar gelede het ek beide Aidan Martin Duo en The Martin Brothers se EP’s onderskeidelik review en ek luister nog gereeld na beide. Dit het my onmiddelik getref hoe real en eerlik die songwriting is en hoe close to the bone die tunes is. Aidan Martin het ‘n unieke stem en sy stembande het ‘n Steve Winwood (Traffic) tipe quality. Sy ouer tunes is meer direk gewortel in die blues en sixties en seventies folk terwyl sy nuutste vollengte album, Refugee ‘n perd van ‘n ietwat ander kleur is. Refugee is in wese ‘n gatskopper van ‘n hedendaagse rock album – daar is kief hooks, Aidan wat die elektriese kitaar met mag en krag looi en oorgenoeg vocal harmonies, maar as jy mooi gaan luister kom jy agter hoe die old school roots (eers redelik subtiel) en dan met elke song al hoe meer en meer na die oppervlak na vore kom. Jy kan die gees van Led Zeppelin, Cream, Blind Faith, Rory Gallagher en Townes van Zandt hoor maar Afrika se ritmes bly altyd die polsende hart wat die hele kreatiewe organisme aan die bons hou. Aidan het Refugee oor ‘n tydperk van ‘n jaar record en die laaste track is in Januarie 2017 klaar gemaak. Hy het een song op ‘n slag record soos wat sy finansies dit toegelaat het en die album was stuk vir stuk vir sy fans vrygestel op die interwebs. Soos oudergewoonte het ek gewag tot die album heeltemal voltooi en as een offering vrygestel is voor ek my volle aandag daaraan begin skenk het, juis sodat ek dit in geheel kon absorbeer. Dit was vir seker die moeite werd gewees om voor te wag.
My twee favourite songs bly steeds Get Together en No Kind Season. As jy na die vorige EP’s luister en jy vergelyk dit met die hard rock versions op dié album gaan jy verstaan hoe veelsydig Aidan Martin en kie is. Aidan het al die musiek op die album gekomponeer en die lirieke geskryf maar die ander musikante was vry om hulle input te gee tydens die hele proses. Andre van der Merwe is op bass en Jorik Pienaar op tromme. Die album is record in Graham Ward se studio in Woodstock, Kaapstad en hy het ook die album (uitstekend) produce, ‘n groot rol gespeel wat die rhythm section aanbetref en op ‘n paar tunes sy trom en -dromtalente afgewys. Om terug te kom na die tunes toe – die original version van Get Together op die Aidan Martin Duo EP was ‘n acoustic bluesy folk song, die track op Refugee is ‘n solid rock song en die alternate version op die album (wat nader aan die eerste version is) se vocals is oorgedoen en congas en -djembeklanke is bygevoeg. Aldrie versions klink ewe befok maar die song No Kind Season is next level en een van my favourite songs van alle tye! Om billik te wees, ek het nie net like drie of vier gunsteling songs nie, maar die tune is right up there met van die classics wat ek gelove het vandat ek ‘n laaitie was.
Ek het Aidan uitgevra oor die betekenis van die song en hy tune dit gaan oor isolasie, eensaamheid, lewe, dood, sanity en insanity. Hy tune verder die song bevraagteken die algemene interpretasie van wat sanity is. Dis amazing dat dit presies is hoe ek die song beleef het twee jaar gelede want die lirieke is nie net one way se kant toe geskryf nie en kan vir verskillende mense verskillende dinge beteken. Die tune het ook ‘n timeless spirit van sy eie wat songs soos Can’t Find My Way Home van Blind Faith of Led Zeppelin se Thank You vir ons al oor dekades gebied het. Daar word bittermin sulke songs geskryf deesdae en dit, Watkykers, is ‘n hartseer feit.
Die title track is nie ‘n politiese mening of verkondig nie enige standpunt nie; dit vertel wel die storie van vlugtelinge oral oor die wêreld. Hier aan die Suidpunt van Afrika verstaan ons die onbillikheid en ingewikkeldheid wat daarmee gepaardgaan maar al te goed en dis ‘n moerse relevante song, so ook die song Leaders Mislead Us. Laasgenoemde se titel sê alles maar die musiek self sê vele meer. Ek het Aidan uitgevra oor die rol van politiek in sy musiek en hy het getune : “This is not meant to come across as anti-anything but rather pro-towards freedom of thought, freedom of speech and freedom of creation. And I guess at times there is no point to beat around the bush…cuz at times the truth just needs to come out”.
Feite bra, feite…
Gaan rock bietjie uit op hierdie album en kry sommer die EPs wat ek hier bo genoem het ook. Dit is musiek waarmee ek, as ‘n Suid-Afikaner wat musiek befok is, by oorsese artists en fans van musiek in die buiteland lekker kan spog. As die meeste Suid-Afrikaners hierdie tunes geluister het was daar minder dose in hierdie land. Rol met die blues rock gees!
Watkykjy staan op 3,118,562 post views in totaal sedert 1 November, 2019.