1) Niemand ken van strooihalmpies gryp soos die ANC nie. Veral nie as dit wil-wil lyk of dit dalk die laaste strooi kan wees wat ‘n vuisvoos land moet opvreet nie. Met die bekendmaking van die jongste misdaadstatistieke deur ou Fokkol Mbalula, is daar vreeslik gebrag met die 1.8% afname in misdaadsyfers oor die afgelope 10 jaar. 1.8% afname. En dit, reken die ANC, is bewys dat die regering se misdaadbestrydingspogings vrugte afwerp. Strooi man! ‘n Hele dekade waar die kaders net ‘n 1.8% afname kon bewerk en dit word as “vrugte afwerp” beskou. Wed jou die boervrouweduwees, Cape Flats slagoffers van bendegeweld en mense wat gelem is vir R50 of a faktap Nokia, gaan ‘n appeltjie te skil hê met ou Fokkol. Daar’s jou vrugte, jou gwar!
2) Voel Hollywood akteurs as hulle miljoene zak skenk vir ‘n cause in Afrika, dat hulle werklik ‘n konstruktiewe bydrae maak tot die verbetering van lewensgehalte? Hulle het nie ‘n fokken Clooney. Vra maar vir ou George wat $1 miljoen geskenk het vir die bevegting van oorlogsmisdade en korrupsie in Afrika. Ek meen dis naais en so aan, maar gaan daai geld reg aangewend word of gaan dit net eenvoudig in die sakke van een of ander suited doos beland of om ‘n gepantserde Q7 aan te skaf vir een of ander Gupta-lakei? Desnieteenstaande, dink ek George verdien ‘n handeklappie en ek sal hierdie naweek my ondersteuning wys deur een van sy DVDs te koop – By Chitundu daar op Stanza Bopape – sy movies is nuwer as DStv. Dan weer, eTV is fokken nuwer as DStv…
3) Picture die scene… Jy’s op vakansie in Ierland en jy vra in jou beste Ingels met ‘n aksent swaarder as bloedskande aan ‘n Ierse dametjie of sy vir jou kan verduidelik waar die naaste polisiestasie is want jou beursie en jou paspoort is gesteel en jy moet oor 4 dae weer terug wees in Benoni. En dan kan jy sien hoe lam haar knieë raak wat vreemd is want jy kry dit gewoonlik eers reg met ‘n vrou na 18 Irish Whiskeys. Wees gewaarsku, hierdie scenario kan hom uitspeel nadat Suid-Afrika die eerste plek op ‘n Ierse webwerf se lys van sexyste aksente in die wêreld behaal het… spesifiek Afrikaanssprekendes se Engelse aksent. Vatso, Italiaans (2de plek) en Frans (5de plek)! Dit beteken natuurlik ‘n groter groep mense uit Ventersdorp, die Oos-Rand en Die Moot het nou ‘n kans. ‘n Afrikaans!
4) Klein besigheid van die week is Eric Barnard Meubels. Hoofsaaklik omdat ek bang is die mal fokker aan die bestuur van sake, Marius Barnard, neem ‘n video en Bible-bash Watkykjy. Kyk, plaasmoorde is kak en daar is tans ‘n beroep op mense om almal Maandag swart te dra om hulle support vir die land se boere te wys. Geen probleem daarmee nie, behalwe miskien dat ‘n paar goths Maandag hulle gatte gaan afskrik as groot Afrikaner-mans hulle op hul rûe klap en hul bedank word vir hul solidariteit. Maar terug na ons vriend, Marius, wat ‘n video op sosiale media versprei het waar hy met ‘n geweer en ‘n Bybel te vertelle het wat die land se oplossing is. Dis die geweer en dan die Bybel, in daai volgorde. En in die video word mense ook sommer aangeraai om hierdie Saterdag vir 2 minute lank te bid. Of jou nou op die highway is of in die winkels, gaan op jou knieë en bid. Bid vir die land, die boere en Eric Barnard Meubels. Want die lyne tussen profit en prophet is tans effe geblur.
5) Ons Minister van Finansies, Malusi Gigaba, het hierdie week sy vuurdoop gehad toe hy sy medium-termyn begrotingstoespraak gelewer het. Baie mense het hom afgeskryf as ‘n nul op ‘n kontrak toe hy aangestel is. Wel hy lag nou lekker want die enigste nulle op kontrakte is die wat hy aan die einde van ‘n reeks ander getalle voeg op kontrakte vir die regering se maats. So beveel hy aan dat die regering hulle aandele in Telkom verkoop om die sukkelende SAL weer van die grond af te kry en hy waarsku Suid-Afrikaners dat ons beslis meer gaan moet opdok vir belasting. Ek persoonlik is verheug om dit te hoor. Want die fok weet, ek weet nie wat om met al my geld te doen nie. En dit kom alles in die week na Zuma se jongste kabinetskommeling waarvoor daar nou bewyse bestaan dat Rusland ‘n afvaardiging gestuur het om met Jacob te gesels voor sy aankondiging. Maar net weer ‘n geval van “you get out what you Putin.”
Watkykjy staan op 3,110,945 post views in totaal sedert 1 November, 2019.