1) Ai fokkitie-fok tog. Die arme Guptas. Eers draai elke donnerse bank behalwe die spermbank en die rusbank by die dokters, hulle die rug. En nou kom die nuus dat Mulder en Scully op hulle spoor is. S’true. Die Ef-Bee-Baai het blykbaar ‘n ondersoek na die tros Guptas se bande in Amerika van stapel gestuur. Ek vermoed dit gaan effe moeiliker wees vir die werfetters om volgende keer Mrs Balls en rooibostee uit die land uit te smokkel. Daai selfvoldane grynslagte wat hulle altyd op hulle bakkies het begin vir my al hoe meer lyk na die kyk van ‘n karavaanparkkind wat met nuwe kerkskoene in kak getrap het.
2) Jy weet daai waarskuwings wat die interwebs en rekenaars so dan en wan vir mens stuur oorlat jy jou komper se password moet verander na iets met 34 karakters waarvan 2 hoofletters en 5 nommers moet wees en elke derde een ‘n drupel bloed van ‘n familietroeteldier moet insluit? Wel maats, dit als sou jou fokkol gehelp het hierdie week toe meer as 30 miljoen Suid-Afrikaners se persoonlike inligting uitgelek is. Dit wil lyk of een of ander goewermentsafdeling persoonlike stuff soos jou ID-nommer, maandelikse inkomste, adres, bewyse van jou Stamp-My-Stukkend CD versameling en jou obsessie met Tim Noakes en banting uitgelek het. Ja. Lek. Soos in Lek of competency. Lek of privacy. Lek of trust.
3) Nog ‘n week, nog ‘n kabinetskommeling. Mens moet seker nie lag nie, maar die meester skaakspeler, Jacob Kasparov Zuma, het hierdie week weer 6 skuiwe gemaak om seker te maak hy bly effe langer in die game. Blykbaar het van sy swart pionne begin lyk of hulle dalk te close begin raak het met van die wit pionne en hy het toe besluit om hulle summier van die bord af te vee of te herontplooi. Die grootste naam wat onder sy gat geskop is, is ou gaatjiegesig Blade Nzimande. Hy moet nogals spesiaal voel – dis maar min dat die ANC Jeugliga en die EFF saamstem oor iets en hulle was beide so in ekstase soos ‘n Rooms-Katolieke priester by ‘n Spur kinderpartytjie toe hulle hoor hy tjaila.
4) Dit was ‘n vrugtevolle week vir lugrederye in ons sonnige land. Eers het die Mango vlieëniers gestaak oor hulle nie die verhoging gekry het waarvoor hulle gehoop het nie. Maar teen Donderdag was hulle happy en het hulle weer hul uniformpies gestryk. Amazingly het bittermin Suid-Afrikaners se bagasie weggeraak oor dieselfde tyd. En van mango na paw-paw. Dudu Myeni, die voorsitter van die SAL-raad en vir so lank die, erm, vlieg in die SAL-f, is uiteindelik uit die kussings gelig. Gefire. Gegroet. Gevra om haar tassies te pak. Gevra om in haar moer in te vlieg.
5) Die CIA het hierdie week ‘n swart labrador gefire, maar geen verduideliking gegee oor hoekom daar nog so baie wit Labradors in hul bom-eenheid is nie. Hulle het blykbaar snuf in die neus begin kry dat Lulu na 18 maande se opleiding, net nie ‘n natuurlike aanleg of veel belangstelling gehad het in die uitruik van plofstof of bomme nie. Lulu se afrigter het hond se gedagte begin kry dat die teef dalk eerder saam met kinders wil speel en akkedissies wil uitsnuffel in die tuin as om te voorspel watter vliegtuig in watter gebou gaan vasvlieg. Boooooooom! Kalmeer Lulu. Dit was ‘n fokken grappie.
Watkykjy staan op 3,091,362 post views in totaal sedert 1 November, 2019.