1) Ek sak my kop in skaamte. Hierdie week het ek geleer dat elke mens inherent goed in hul harte is. As jy, soos ek, so paar weke terug vir Grace Mugabe, Bob se vrou, gekruisig het toe sy ‘n Suid-Afrikaanse model aangerand het en moerse zak spandeer het op allerlei luukshede, gaan staan in die hoekie met jou hande op jou kop en jou panty op jou enkels. Want hierdie week het Grace bewys sy gee om toe sy klaarblyklik haar gebruikte panties aan Zanu PF ondersteuners geskenk het. Dis mos nou naais. En dit terwyl ons hier in Suid-Afrika skaamhare op ons tande moet hê om te cope met ons president en sy harem. Sure, een of twee Zim vrouens was diklip oor die hele storie, maar oor die algemeen is die koekiebroekies goed ontvang. En almal wat altyd dink Afrika is so “agter,” hier kom Tannie Grace en update Marie Antoinette se “Let them eat cake” vir 2017 met “Let them cover koek.”
2) Vra enige KPMG-werknemer hoe dit tans by die werk gaan en jy gaan tienteeneen hoor: “Jislaaik Ou dit gaan kak.” Die ouditeursfirma verloor tans soveel kliënte dat hulle sukkel om boek te hou. Dit is natuurlik nou na aanleiding van die feit dat hulle sulke wonderlike werk gedoen het vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Gupta-familie. ‘n Moerse lot van die bestuurslede is uittreepakkette aangebied om asseblief net te fokkof en naas kliënte soos WITS, Sasfin en Interwaste, dreig van die land se banke en finansiële instansies wat van KPMG se dienste gebruikmaak, om ook hulle bande te breek met die firma. As so baie kliënte gaan waai, gaan die gryspakke net sit en tanne tel.
3) Die stigma wat stywer aan modelle kleef as lycra aan ‘n gay fietsryer is die een dat hulle dom is. ‘n Kanadese model, Catt Gallinger, het die professie geen gunste bewys deur ‘n oogtatoe te kry wat nou skeefgeloop het nie. Jy lees reg. Nie dat Caat ooit weer sal kan nie. Die sig in haar een oog is wasig en daar het blykbaar ‘n pers vloeistof uitgekom. Fokkit vrou, praat van jou naam wegmoer met ‘n loopplank. Sy waarsku nou ander op sosiale media om nie net blindelings so tatoe te kry nie en om aan te dring op die tatoekunstenaar se credentials in plaas daarvan om ‘n blinde oog te draai.
4) As jy ‘n BMW ry, kan jy dalk ‘n ou meevallertjie verwag van die motorreus af. Ek kidney nou nie. Die Nasionale Kredietreguwhat-what het BMW beveel om die afleweringstariewe wat deel was van kredietooreenkomste terug te betaal, maar BMW het aangedui hulle gaan beswaar maak teen die bevel. Die hoofrede is dat hulle nou wil verhoed dat ander kar-brands flikkers gooi vir hul kliënte. En let’s be honest. Enige BMW-eienaar kan doen met so paar flikkers.
5) Min mense sal stry as hulle hoor die ANC is tans soos ‘n “stoelgang” weens al die kak en hare. Soveel te meer na die stoele gevlieg het in ‘n Oos-Kaapse ANC-vergadering die afgelope week. Die bliksems kan nie eers saamstem onder mekaar oor wie die provinsiale leier moet wees in hulle provinsie nie en toe breek daar ‘n bakleiery uit wat die vaders van die armed struggle so trots sou maak. Ten minste 8 afgevaardiges is beseer toe hulle mekaar met stoele en ander skerp voorwerpe (nie hulle breins nie in ander woorde) begin toetakel het.
Watkykjy staan op 3,090,360 post views in totaal sedert 1 November, 2019.