Deur Melt Sieberhagen
Daar is nie baie dinge wat jy kan leer deur te kyk hoe ander mense dit doen nie. Veral nie op televisie nie. Neem byvoorbeeld daardie laataand soft-porn wat so lank op Vrydagaande op e-tv gewys het. As ‘n mens iets daaruit kon leer, was daar vandag ‘n hele generasie millennials wat baie beter lovers as die meeste van ons was. Of ‘n klomp rugby-ondersteunende ooms wat na ‘n naweek met sewe games sou kon opspring en sonder hulle boepies gereed kon staan om in te gryp en Springbokrugby in die bek te ruk. Ek het pas die hele Rammstein – Live in Paris DVD deurgesit en my Duits strek nog steeds net so ver soos “Ich Wil”.
Die uitsondering tot hierdie reël is – vir my – egter kos-televisie. Te danke aan Masterchef Australia en daai botterbulletjie met die spikey hare, Guy Fieri, se ‘gaan-loer-in-en-irriteer-‘n-regte-sjef-totdat-hy-sy-resepte-deel’-aanslag, kan ek nogal ‘n mean bordjie kos aanmekaarslaan. Heston Blumenthal is die kiefste mens in ‘n lab-coat sedert Bill Nye The Science Guy en Gordon Ramsey maak my so bang om iets in die kombuis op te foeter, ek konsentreer sommer dubbeld soveel as nodig. Maar goeie kos-televisie gaan nie net oor demonstratiewe kom-ons-kook vibes en moerse flashy sjefs wat dit aanbied nie. Programme soos Chef’s Table gee jou insae tot die hele filosofie en inspirasie agter ‘n sjef se loopbaan. Dit delf diep in die kultuur van goeie kos soos ‘n kranige kleuter in sy eie neus.
Dan kom jy agter ‘n goeie sjef is gewoonlik iemand wat ‘n hele aanslag en benadering tot kos propageer, eerder as net iemand wat jou wys hoe om eiers te scramble sonder dat dit aan die pan vassit. (Die geheim is lae hitte en konstante roer, by the way). Hulle is daardie tipe sjefs wat van ‘n ete ‘n geleentheid en ‘n maaltyd ‘n onuitwisbare herinnering maak. En hulle soek almal dieselfde ding: fokken baie geld ‘n Michelin-ster.
Enter Jan Hendrik van der Westhuizen. Die eerste Suid-Afrikaanse sjef wat ‘n Michelin-ster gekry het.
http://www.janhendrik.com/
Die Michelin-gids tot restaurante is al meer as eeu oud en is aanvanklik begin om mense aan te moedig om meer road trips te neem en rond te ry. Nie eintlik om goeie kos te probeer uitlig nie, maar om tyres te verkoop. Dit gaan nie oor mense so vet maak dat die tread op die tyres van hulle karre uitgery word na ‘n groot maaltyd nie. Die Michelin ouens (ja, die tyre verkopers) het dit begin as ‘n gids om mense van hulle gatte af en in die kar te kry sodat hulle myle kon aflê om iewers anders op daardie selfde bas te gaan sit en lekker te eet. Dis nogal ‘n groot ding en Jan Hendrik is die eerste Suid-Afrikaner wat ‘n Michelin ster ingepalm het! https://www.countrylife.co.za/localflavours/food/south-africas-first-michelin-star
Nou kyk, Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, gastronomie was nou nog nooit op die oppervlak die tipe ding wat ‘n mense as hogere kuns sou beskou nie. Neem byvoorbeeld die immergewilde “Coke Hoender” wat so baie Afrikaanse Mammas op staatmaak. Gooi ‘n bak vol hoender porsies toe met ‘n 2liter Coke, pop dit in die oond en ‘voila’! (Of is dit ‘voëla’?) Dan’s daar natuurlik ook ander skeppings soos die Peppermint Crisp yskastert en almal se groot “Ek kan ook kosmaak” bydrae: potjiekos. Kom ons kry dit sommer nou uit die pad uit: Potjiekos is ‘n fokken stew, okay? Net omdat jy te lui is om dit te roer terwyl jy die coke (wat nie saam met die hoender die oond in is nie) gebruik om jou brannas mee te verdun, maak dit nie hogere koskuns nie.
Dit wat Jan Hendrik met kos doen – dít is kuns.
As ‘n seun van Mpumalanga (en Middelburg, nogal, nie eers die mooi dele soos die Laeveld nie) het Jan Hendrik in Stellenbosch kursusse gedoen in cuisine, toe ontwerper geword, vir ‘n modetydskryf gaan werk – eers hier, toe in Parys (Frankryk, nie the dorp of love in die Vrystaat nie – en nou is hy die eienaar van sy eie restaurant in Nice: Jan. (En spreek asseblief die dorpie se naam uit as “nies”. Om hierdie tipe next-level kos in dieselfde sin as die woord “nice” te gebruik, is so goed soos om na Ninja van Die Antwoord se verwys as ‘oulik’.) http://www.restaurantjan.com/
Hierdie bra weet wat hy doen met kos. Hy’t die beste van dit wat hy by sy oumas geleer het gekombineer met dit wat hy by die bestes ter wêreld geleer het en nou doen hy sy eie ding. Redelik flippin’ goed ook. Hierdie is vernuwende kosmakery. En met ‘vernuwend’ bedoel ek dit glad nie in dieselfde klas as al die oorspronklike resepte waarmee Afrikaners voorendag gekom het na 1994 nie. Ek onthou nog baie goed hoe die Huisgenoot se ‘Rand-Rekker Resepte’ vir die eerste vier jaar na demokrasie hoofsaaklik bestaan het uit oorspronklike idees met baked beans en bully bief. Urgh!
Jan Hendrik is ‘n next level sjef en hy kompeteer/skuur skouers met die bestes in die wêreld. En baie soos Kevin Anderson, die tennisspeler, was niemand in Suid-Afrika eers bewus van sy bestaan tot hy skielik die toppunt van sy sport bereik het nie. Nou is hy skielik “ons liefling” en “trots Suid-Afrikaans”. Wel, gelukkig was ‘n paar mense bewus van Jan Hendrik. Een van hulle was Carien Loubser, tv-vervaardiger van formaat. Sy’s die een agter Republiek van Zoid-Afrika wat vir Karen Zoid help propel het van ‘daai meisie wat so skreeu-sing’ vir die ou tannies, tot “Onse Karen” wat in dieselfde stem as Mimi Coertse en Cora Marie genoem word. Sy’s die vervaardiger van JAN, ‘n nuwe show op Via wat ook gelyktydig op Showmax uitgesaai word. En skielik is daar ‘n nuwe vlak van Afrikaanse kos-televisie – classy, keurig, interessant, donners mooi en extremely kykbaar. Sexy kos. Gastronomic-porn, as jy wil.
Dalk is dit net die Europees-geit daarvan. Dalk is dit die goeie fotografie. Dalk is dit die feit dat Jan ons op ‘n reis deur sy wêreld in Europa neem en voorstel aan sy inspirasies en ‘n nuwe approach tot kosmaak. Dalk net die blote onopgesmuktheid waarmee hy… Ag, who am I kidding, dis daardie kos. Daardie ongelooflike kos.
Ek moet nou nog aan my girlfriend verduidelik hoekom daar strepe op die flatscreen is. Ek belowe ek’t nie die screen probeer lek nie. My vingers was net effe sticky. Van die Coke-hoender wat ek geëet het terwyl ek die eerste episode van JAN gekyk het.
Check of jou mond ook so water. JAN is nou op Showmax beskikbaar, sign op vir Showmax se 14-dae verniet trial as jy nog nie het nie.
Watkykjy staan op 3,084,117 post views in totaal sedert 1 November, 2019.