How the times have changed! Net ‘n dekade of so gelede was Fokofpolisiekar die rebelse stiefboetie van die Afrikaanse taal-en-kultuur, nevermind die Afrikaanse musiekbedryf nie. Die spreekwoordelike seun met ‘n probleem. Sedebewakers uit verskeie oorde wou hulle monde met seep uitwas en vir ewig snoer. Al wat die Bende wou doen was om hulle musiek te maak sonder om gesensor en veroordeel te word.
Sondagaand in Pretoria het ‘n stampvol Atterbury Theatre kerk ge-bunk om die bose kinders van Bellville te ondersteun. Die show was reed ‘n maand voor die tyd al uitverkoop. Meestal clean cut youngsters maar ook ‘n verskeidenheid ouer generasie van uitvaagsels. Fokofpolisiekar is deesdae te hore op al die major radiostasies en TV shows, so dis geen verrassing nie. Die hele spul fans het (aanvanklik bedees) hard ge-cheer en gefluit tydens ‘n set wat alleenlik bestempel kan word as ‘tight as fucking fuck’. Hulle het afgeskop met Dis in my Bloed, Baby hot off the press van Selfmedikasie en daarna het hulle nog ‘n paar songs van dié nuwe album vermeng en bestryk met ‘n goeie versameling tunes wat hulle hele discography puik opgesom het (Van Hemel op die Platteland tot Parkiebank, herfs 2017).
Die eindresultaat was ‘n klipharde rockformasie waarteen jy jou kop hard kon bliksem maar daar was ook ‘n paar rustiger ballad love songs om jou te troos. At this point in their career they have the balance just right. Francois van Coke het nie die fans opgesweep om op te staan uit hulle sitplekke of om die plek op te fok nie maar eerder heel verantwoordelik iets getune van klagtes na die vorige Fokofpolisiekar show. Mooi, Pretoria! Die fans het uitgehou tot about die vierde laaste song (Antibiotika) voor onheil begin broei het en met Ek Skyn (Heilig) het alles anyway uitgefok. Geordende chaos is darem maar ‘n pragtige ding om te aanskou. Tydens die berugte Fokofpolisiekar song het hulle ‘n fan opstage gehad wat die vocals nogal genail het. Die encore, Tiny Town, het die aand baie paslik afgesluit. Ons kan werklik nie iets uitsonder nie. Die sestien odd song set was te vinnig verby. So eenvoudig soos dit.
Watkykjy staan op 3,089,936 post views in totaal sedert 1 November, 2019.