Watkykjy gooi al vir ‘n hele paar jaar lank elke jaar min of meer hierdie tyd ‘n dik party met bands. Ons het hierdie jaar besluit om op te team met die SA Blues Society om bietjie ‘n mini blues en rock ‘n roll festival te gooi. As jy een van daai mense is wat bitch en moan dat festivals hulle siel verloor het en deesdae ‘artists’ book wat met Macbooks musiekmaak, is hierdie nou die perfekte geleentheid om local rock en blues te kom ondersteun. En ons hou die tickets verspot goedkoop. Een van die redes vir die cheap tickets is dat ons gawe vriende by Mystic Boer Brandy ingestem het om ons met die sound en venue hire se expenses te help.
The SA Blues Society, Watkykjy en Mystic Boer Brandy bied aan: Even Cowgirls Get The Blues by Tweefontein Melkery. Twaalf bands en drie DJs teen slegs R100 vir die hele naweek, wat free camping insluit. As jy egter net die Vrydag wil inpull betaal jy slegs R60. Saturdag is steed volprys van R100.
Hierdie is dan sommer ook die official launch party van Valiant Swart se Mystic Boer Brandy. Valiant Swart sal ook daar wees en verjaar heel gepas op die Saterdag en ons het ‘n spesiale gaskunstenaar bespreek om vir hom happy birthday te sing: Valiant Swart.
Ons sal so in die aanloop en afwagting van die party ‘n paar bands aan julle voorstel hier op Watkykjy. Check heel onder aan hierdie artikel vir hierdie week se band, Die Horries!
Wat kan jy die naweek verwag?
- Fokken lekker musiek
- ‘n Befokte venue op ‘n plaas, net naby genoeg aan die stad sodat jy nie jou poes hoef af te ry agter goeie musiek aan nie
- Mystic Boer Brandy specials die hele naweek
- Free camping!
- Staan die kans om ‘n bottel Mystic Boer Potstill Brandy te wen – een Vrydagaand en een Saterdagaand. Valiant Swart sal sommer die wenners se bottels autograph.
- Daar gaan fokken lekker kos te koop wees teen moerse billike pryse
- Ons moedig jou ook sommer aan om jou eie cooler box te bring, andersins sal daar ‘n cash bar ook wees.
Vrydag se bands:
Catfish John and The Hush Puppies
JC Grey
Jason Says She’s Always Right
Die Horries
Saterdag se bands:
Assegaai
Die Afrikaner
Black Water SA
The Good Doctor’s Beatle
Pat & Erns
Apocalypse Later
Bright Lights Big City
Valiant Swart
DJs oor die naweek tussen en na bands:
DJ Tworandfiftyaminute
DJ Debut
DJ T!
Hoe kom ek by Tweefontein Melkery uit? Jy klap hierdie Google Map. Jy sien? Dis fokken naby, man.
Check, dis die einde van die jaar vir meeste companies, so as jy miskien van die kans gebruik wil maak om hierdie gig as ‘n year-end function vir jou werk te boek, laat ons gerus weet. Ons sal drie packages vir 25 mense per company beskibaar stel teen R1900. Dis ‘n saving van R600 (of 6 free tickets per company). Maak kontak en ons maak ‘n fokken plan vir jou.
Die Horries is een van die bands wat Vrydagaand, 24, November jol.
Die Horries is ‘n Pretoria rock band met Vici Maud Fourie op vocals, Illimar Neitz op guitar, Justin Snyman op drums en Duard Musk op bass. Watse tipe musiek maak hulle? “We make the kind of noise we like.” is al wat die ouens tune, maar as jy dit vinnig ‘n luister gee sou jy seker kon reken dat hulle ‘n vuilerige rockabilly vibe het en dat Vici in ‘n manier mens nogal dink aan Juliette Lewis. Kakmal vocals. Die mense wil net hê dat julle asseblief julle fokken klere moet kom afruk op die dansvloer:
Die Horries launch ook heel toevallig vandag hulle eerste singel, Jimi. Ons praat sommer kak, dis nie toevallig nie. Dis alles beplan sodat ons vandag die rock en blues party kon announce en sommer hulle single eerste op Watkykjy kon release. Hulle jol ook hulle heel eerste gig ooit by die Watkykjy party, so kom ondersteun hulle asseblief. Gaan like nou dadelik hulle Facebook page voor pappa die belt losmaak en ongrondwetlike lyfstraf begin uitdeel.
As jy die tune geluister het en gelike het, gaan koop hom op iTunes om die band te support
Check julle by die party!
Watkykjy staan op 3,110,948 post views in totaal sedert 1 November, 2019.