Ons het vir delta blues legend Doc MacLean leer ken en ‘n lekker interview en artikel gepubliseer tydens sy National Steel “Zulu Skies” Blues Tour in SA verlede jaar. As jy nie weet wie Doc MacLean is nie help Watkykjy jou met graagte vandag reg.
In die vroeë sewentigs het Doc MacLean en Colin Linden ‘n duo begin en ge-open vir blues legends soos Muddy Waters en John Hammond. Colin Linden het ‘n lang career van sy eie maar het onlangs kitaar getokkel in Bob Dylan se band as jy gewonder het. Doc het destyds net gewag tot hy sy kar liksens kon kry en hy en Colin het ‘n kitaar in ge-trade vir ‘n ou Dodge tjor en summier Noord-Amerika se blues highways en juke joints begin explore. Hulle het al die major festivals gespeel in die vroeë tot mid-seventies. Tydens sy travels, het Doc met van die ou blues legendes soos Son House, Tampa Red, en Robert Pete Williams bevriend geraak. Doc het nooit in daai dae sy eie albums record nie maar vir ‘n lang ruk in Flying Fish, ‘n record label van Chicago, se house band gespeel en dit het hom in staat gestel om op verskeie bekende blues name (Peg Leg Sam the Medicine Show Man, Blind John Davis, Sunnyland Slim and Rev Pearly Brown) se albums te speel.
In 2006 het Doc na Kanada verhuis en kort daarna sy eie album, genaamd Narrow House, record en oorsee release. Die album was produce deur niemand anders as sy ou vriend Colin Linden nie en laasgenoemde speel ook op die album. Dit feature ook Larry Taylor op bass en Stephen Hodges op die dromme. Op daai stadium het Colin Linden en Larry Taylor in die Tom Waits Band gespeel en Stephen Hodges was die drummer in die Mavis Staples Band. Doc het oor die jare sy eie styl delta blues ontwikkel en die States, Kanada en nou ook Afrika plat getoer met ‘n unieke showmanship en blues offering wat baie meer donker is as die norm en fokus op storievertelling. Dit val so reg in ons kraal en Narrow House is een van ons gunsteling blues albums. Doc gaan weer die CD verkoop by sy shows so moenie stress nie. Yebo yes, hy is weer terug in SA die jaar met nog ‘n landwye toer genaamd National Steel “Crossbones” Blues Tour. Hierdie keer gaan hy net so oor die vyftig shows speel in bykans drie maande. Die bra het kontak gehou met my en Griffin die afgelope ruk, en het voorverlede week ‘n paar dae hier by my crib gecrash voor hy Oppikoppi toe is om bietjie die millennials te gaan leer waar Robert Johnson die delta blues begrawe het. Daai comment is geborg deur Kuberkoos Vanderstrak. Dankie, Koos!
Doc drop nie graag name nie maar as jy hom vra wie hy almal al ontmoet het in die rock and roll scene back in the day gaan jou mond oophang. Hy mag miskien nie skatryk en alombekend wees nie maar hy het ‘n rykdom ervaring en ‘n skatkis van stories waarmee hy baie vrygewig is. Hy is van die laaste old school blues entertainers wat nog ‘n bietjie blues lore kan oordra aan almal wat hom vra. Soos meeste SA musos is hy sy eie manager en booking agent en hy het so tussendeur ons gesprekke rondgemission om equipment te gaan organise, sy gat af gewerk op die laptop om bookings te doen vir gigs in Kanada volgende jaar en selfs een oggend vir ons breakfast gemaak. Hy is ook alreeds besig om te beplan vir sy National Steel “CanAfrica” Blues Tour wat volgende jaar van September tot November in Kanada gaan plaasvind. Julle kan seker raai hoekom hy dit daai naam gegee het maar meer daaroor ‘n bietjie later.
Ek en Doc het oor alles onder die son gepraat terwyl hy hier was maar meestal oor musiek en ons het ook fokken lekker blues en folk tunes vir mekaar gespeel. So lekker cross cultural musiek uitruil session gewees. Ek het net besef ek weet eintlik niks van Noord-Amerikaanse country en blues af nie maar dit was ‘n belewenis om hom hier te hê, dis vir seker! Die volgende aand het ons folk tjommie Vana (The Oh So Serious) en sy goose vir ons kom braai en toe warm Doc sommer net daar op my stoep op met sy 1929 Steel National kitaar. Ek dink nie ek gaan try om dit in woorde te beskryf nie. Doc gaan ook vroeg in November by die Watkykjy headquarters bly vir ‘n paar dae en ‘n live show gooi vir ‘n paar spesiale gaste. Ons beplan om die show te verfilm en in samewerking met Wagon Wheel Studio ‘n ‘n legendary live recording te maak van die aand. Ek sien ook uit om vir Doc te interview en bietjie verder uit te vis oor sy fassinerende lewe.
Net voor Oppikoppi was die eerste keer dat Watkykjy vir Doc sien optree het saam met SA blues legend Albert Frost daar by die Canadian High Commission in Pretoria. Albert Frost het ‘n killer set gejol en toe saam met Doc ‘n unieke colab set gespeel. Albert het Doc aangevul met elke liewe song, and it was a beautiful thing to experience. Dit was Afrika ontmoet die Delta op Kanadese grond. Die twee het ‘n onuitgesproke konneksie en chemistry wat mens nie kan fake nie. Behalwe vir talent, het dit dalk ook iets te doen met hulle upbringing? Hulle is albei born and bred blues ambassadeure. Albert se pa was ‘n legendary SA bluesman terwyl Doc se pa ‘n civil rights lawyer en ook ‘n harmonica speler was. Doc het verlede jaar getune hy gaan kulturele en musikale brue try bou met sy blues en in keeping daarmee gaan Doc en Albert nog ‘n paar keer saam as ‘n duo optree in SA. Sover gaan dit by Die Boer in Durbanville plaasvind op 19 Oktober en op die 15 December by die Showroom Theatre in Prince Albert. Doc gaan ook ‘n paar shows saam met veteraan SA muso, Tim Parr jol. Hou maar hulle facebook pages dop.
Hoekom CanAfrica? Well get this, Doc en Albert gaan as ‘n duo toer coast to coast vir dertigduisend kilometer in al tien Kanadese provinsies en in al die hoofstede, by huiskonserte, festivals, bars en cafés. Hulle sal selected shows met ‘n full band doen en dan ook bietjie die West-Coast cover en ook na die Yukon toe vlieg vir nog shows. Doc wil ook ander SA blues musos help om bietjie die leap te vat en self in Kanada te gaan toer, so watch this space! O ja, hy het ook ‘n nuwe tune, Streamline, geskryf wat hy gaan opvoer en dis ook die titel van sy volgende album. As jy die bra weer mis hierdie jaar is dit jou eie skuld. Rol met die blou note!
Vang hom by hierdie jols:
Oct 17 Cape Town
Oct 18 Cape Town, w. Tim Parr
Oct 19 Durbanville, w. Albert Frost
Oct 20 Cape Town
Oct 21 Cape Town
Oct 22 Tulbagh, West Cape TBA
Oct 24 Graaff-Reinet, East Cape TBA
Oct 25 Kimberley, North Cape
Oct 26 Richmond, North Cape
Oct 27 Bloemfontein, Free State
Oct 28 Pretoria
Oct 29 Pretoria
Nov 3 Dullstroom, Mpumalanga
Nov 4 Bronkhorstspruit
Nov 5 Cullinan
Nov 8 Wattville Township, Beneni
Nov 9 Bloemfontein
Nov 10 Ficksburg, Free State
Nov 11 Welkom, Free State
Nov 14 Pietermaritzburg, KZN, w. Tim Parr
Nov 15 Howick, KZN, w. Tim Parr
Nov 16 Durban, KZN, w. Tim Parr TBA
Nov 17 Eshowe, KZN
Nov 18 Richard’s Bay, KZN
Nov 20 Umdloti (Durban), KZN
Nov 21 Ramsgate, KZN
Nov 22 East London, East Cape
Nov 23 Kenton-On-Sea, East Cape
Nov 24 Port Elizabeth, East Cape
Nov 25 Nieu Bethesda, East Cape
Nov 29 Cape Town, West Cape
Dec 1 Durbanville, West Cape
Dec 2 Cape Town
Dec 3 Stellenbosch, West Cape
Dec 8 Darling, West Cape
Dec 9 Swellendam, West Cape
Dec 10 George, West Cape
Dec 13 Wilderness, West Cape
Dec 14 Calitzdorp, West Cape
Dec 15 Prince Albert, West Cape, w. Albert Frost
Dec 16 Knysna, West Cape TBC
Dec 17 Knysna, West Cape TBC
Watkykjy staan op 3,084,456 post views in totaal sedert 1 November, 2019.