1. Die koning van vlees en ‘n man wat sekerlik aandele in elke tissue company in die wêreld besit het, Hugh Hefner, is in die ouderdom van 91 oorlede. Onverwags blykbaar. Want mense van in die 90-jaar, dooi mos nie sommer nie. Nadoodse ondersoeke sal bevestig of hy dood is aan ‘n stroke of aan ‘n hele paar strokes. Ter nagedagtenis aan die pappa van Playboy, gaan van die begrafnisbrief se bladsye blykbaar bietjie aanmekaar vassit.
2. In my dae, was jy in die kak as die onderwyser jou met ‘n peashooter by die skool gevang het. Enter Leerling X, graad 2 in ‘n laerskool in Brakpan (go figure), wat hierdie week sommer skool toe is met ‘n rollie en ammo want hy wou ‘n ander kind seermaak. A nee a! Wat het geword van kinders seermaak deur hulle name te noem of hulle koppe in die toilet te druk en te spoel of hulle voor die skool se hoofhek af te laai in ‘n Uno? Daai was die dae!
3. Van Holland na Gatslag. 36 Nederlandse toeriste is terug Holland toe met een houtkameelperd en ‘n magdom se wroeging. Dit kom na hulle, kort na hulle in die land aangekom het vir ‘n toer van 22 dae, op hul toerbus beroof is deur 5 verdagtes. Minister van Polisie, Fokkol Mbalula, het die toeriste besoek om seker te maak almal is okei, maar hulle was dit eens dat hulle nie kans sien vir die res van die toer nie. Toemaar julle, ons ook nie. Hoe gouer die Springboktoer verby is, hoe beter.
4. Suid-Afrika het hierdie week saam met Frankryk en Ierland voorleggings in Londen gedoen in die hoop om die Rugby Wêreldbeker in 2023 aan te bied. Aai-aai. Sulke trots. Maar soos die Bokke tans speel, is die kanse goed dat Suid-Afrikaners toeriste in hul eie land kan wees in 2023. En as ons regering verantwoordelikheid kan begin aanvaar vir kak aanjaag, het ons dalk ‘n kans. Maar nee, daarvoor pass ons die bal heeltemaal te veel.
5. Saoedi-Arabië het hierdie week aangekondig dat vroue voortaan wel in die land mag bestuur. Sulke nicevanjulle. Praat van obskure reëls. Enige vrou kan nou bestuurslesse vat en ‘n lisensie kry. Die enigste vereiste is dat hulle eerlik moet wees as hulle die motor stamp. Want anders kan hul mans dalk net ontplof.
Watkykjy staan op 3,091,364 post views in totaal sedert 1 November, 2019.