1) Joburg Water het hierdie week gekla oor sekere Johannesburginwoners wat regtigwaar vir hulle ‘n drol in die drinkwater is. Maar die inwoners van Fairway reken hulle het regte en dat die kak gaan spat. Dit kom nadat Joburg Water moes erken hulle pomp riool in ‘n rivier in omdat hulle probleme ondervind met gebreekte waterpype in die area. Volgens een van die inwoners is dit tyd dat die onbevoegdheid van mense in die Nommer 1 en selfs Nommer 2 posisies by Joburg Water bekendgemaak moet word en dat sulke lieplappers uitgeflush moet word.
2) Daar is hierdie week bevestig dat potensiële kwekers van dagga vir medisinale doeleindes moontlik nog voor die einde van die jaar aansoek kan doen vir lisensies. Die nuus is deur, uhm, hooggeplaastes verwelkom as ‘n stap in die regte rigting om mense wat konstant in pyn verkeer, te help. Dit sluit in kanker, MIV/vigs en veelvuldige sklerose, maar die pyn gekoppel aan Juanita du Plessis se liedjies word verder deur die Medisynebeheerraad ondersoek voor ‘n besluit geneem word. Alhoewel, daar word gesê die vereistes verbonde aan die kweek van die dagga, sal streng wees en sluit in goeie landboupraktyke en die keuring van werknemers wat met die dagga gaan werk. En daar kak die hoop en aspirasies van honderde Pretoria matrikulante.
3) Wat is erger as ‘n gomtor? ‘n Senator. Ons praat van ou Ted Cruz, Amerikaanse senator van Texas en voormalige presidensiële kandidaat. Hy het blykbaar op Twitter ‘n porno kiekie gesmaak en nou wil hy ‘n-piel: Twitter moet ondersoek instel na wie moontlik sy geverifieerde Twitter rekening gehack het en dis nie sommer enige porn nie maaind-joo. MILF, wat staan vir Mildly Inferiorating Lobster Fracas, is een van jou siekste soorte porn wat jy kan kry. Die blaam word nou squarely geplaas op een van die junior lede van sy span. Want mos net jong mans en Gretha Wiid (vir navorsingsdoeleindes) surf porn.
5) Kyk, hierdie land is nie vir sissies nie hoor. Vra maar die familie van ‘n lykswabestuurder van KwaZulu-Natal. Want sien, die man is tydens ‘n begrafnis noodlottig gewond toe ‘n groepie roubeklaers die afgestorwene wie se begrafnis dit actually was, wou eer met ‘n geweersaluut. En met KZN se helse moordstatistieke, was die arme man boonop nog onder die werk begrawe voor sy untimely death. Nou nie so erg soos Steve Hofmeyr se PR-persoon nie, maar steeds.
Watkykjy staan op 3,083,858 post views in totaal sedert 1 November, 2019.