1) Kyk, ek is nie trots op my kadette-dae nie en wat ek van geweer-hanteer af weet of kan onthou, is gevaarlik. Maar die fokweet, selfs Nataniël sal die twee ANC-lyfwagte wat hulself afgeneem het in ‘n video waar hulle twee gewere heel lomp hanteer en dreigemente uitdeel, in die skande steek. Die een geweer is boonop ‘n AK47 wat meer onwettig is in hierdie land as backtracks by Oppikoppi. Die ANC in die Ethekwini-streek waar die twee gunslingers elke dag vir diens aangemeld het, het gereageer en is blykbaar “erg getraumatiseerd” deur wat hulle gesien het. Ja, aangemeld HET, want die twee Dux-leerlinge het vinniger as wat jy kan sê “domdoos,” van firearm na firetheirass beweeg.
2) Hierdie week se VOKNEE (Verrassende Openbarings Ken Nie Enige Einde) oomblik, gaan aan ons Minister van Polisie, Fokkol Mbalula. Volgens inligting wat hy aan AfriForum verskaf het, dui ondersoeke daarop dat verlore en gesteelde polisiewapens in gewelds- en ernstige misdaad gebruik word. Wel, jy kan my met ‘n veertjie omtik. Blykbaar het die polisie tussen 2009 en 2014, landwyd 7 829 polisievuurwapens verloor. “Skat, ek is laat vir werk. Het jy my rollie gesien?” “Nee Poekie… is hy nie op die kroegtoonbank langs jou pakkie #sulkeskaam nie?”
3) Prins William en sy vroutjielief het hierdie week ‘n tradisie wat 58 jaar lank bestaan het, verbreek deur aan te kondig hulle het vir die derde keer ooit met mekaar seks gehad… Ons weet dit want Kate crave tans papaja en Elton John roomys. Ja, sy is swanger. En voor hulle het heelwat van die monargie net twee keer gaan stil lê vir ‘n rukkie. Maar William, die pervert, het sy septer ‘n derde keer geswaai. Natuurlik is hy en Kate maar nog sulke amateurs compared met die Moeder Koek. Ou Liesbet troon bo al die ander royal fuck-ups uit en het vier keer gebuk om ‘n geldjie op te tel.
4) Steve Hofmeyr. Sug. Die naaste wat die clown ooit aan toekomsvisie sal kom, is die eerste deel van die woord: “toe.” Soos ‘n klei-os se gat. Sy nuutste breinpoep is om alle Afrikaners aan te raai om op die 10de Oktober (ja, Kruger-dag soos oranje-blanje-blou dit voor 1993 gevier het) die mag van hulle beursies te wys en weg te bly van die werk af en van inkopies doen. Dit gaan fokken fyn beplanning kos vir ons ou volkie hoor. Die skuldgevoelens as daai cheap cane opraak op die 10de en jy moet with-drol symptoms trotseer om Steve se versoek te eerbiedig…
5) Cyril Ramaphosa is duidelik in die visier van ‘n paar mense wat hom as ernstige presidential contender sien in die run-up tot die 2019 verkiesing. ‘n Sondagkoerantjie het ‘n storie gerun oor sy beweerde buitegtelike verhoudings met minstens 8 vrouens. Cyril ontken dit alles en sê die enigste affair wat hy gehad het, het hy 8 jaar terug gestop en hy het als aan sy vrou erken. Snaakse spulletjie die politieke mesdraers… ek meen ou Stortkop het ‘n hele donnerse harem. En hy staan gereeld op die straathoek van Guptastraat en Buk-vir-nog-enetjie-laan. Maar daai is fokken okei.
Watkykjy staan op 3,090,357 post views in totaal sedert 1 November, 2019.