Sowat ‘n maand gelede het daar een van daai Volkswagen kombi roomysvans deur die strate van die Moot ge-cruise. Daais wat die lekker draairoomyse en die flakes en daai groen en rooi roomysstroop verkoop. En dan speel die roomysoom daai creepy opwen-jewelry-box-ballerina tune wat klink soos die opening scene van ‘n horror movie terwyl die kombi se 1600 engine klink asof hy besig om om boorgate te sink. So moeg ou fokken ding.
So paar van ons was besig om buite ‘n eetplek op die sypaadjie ‘n burger te tand en ‘n paar skuimkoppies deur die nek te jaag toe ‘n roomyskombi in ons rigting tieng-tieng-toeng-toeng, al met die pad af. Verder af in die pad, ek skat so tweehonderd meter was ‘n bra besig om die van in te hardloop, arms oomhoog en aan’t wawiele maak terwyl hy skreeu: “Hey! Heeey! Stop!” Die roomysoom het gestop en die engine het effens laer ge-idle met meer geraas en hy’t die kak irriterende musiek afgesit. Dit was min of meer toe die langafstandatleet met die Crocs by die kombi uitkom, oorbuk en met sy palms ok sy knieë sy asem probeer herwin.
“Wat sal dit wees?” vra die roomysman van agter sy afslaantoonbank binne die kombi, “‘n gewone cone, caramel of tjoklit?”
“Nee dankie”, tune die ou steeds uitasem en kom orent na nog ‘n diep asemteug en hou sy linkerarm oomhoog met die wysvinger wat krom punt asof hy iets beduie.
“Ek wou jou net laat weet het dat sport die enigste rede is hoekom ek nog steeds DSTV betaal!”
Dit klink bekend, right? Moet nou nie fokken lieg nie, man. Ons almal het at least twee sulke vriende. Daai mense wat al hulle besluite moet staaf sonder dat jy hulle enigsins ge-judge het. Nou hierdie nuus is vir daai ouens (en julle gewone brasse wat ook DSTV het en dit nie te veel oor-analiseer nie). DSTV het hierdie week aangekondig dat al hulle Premium subscribers van nou af Showmax kan geniet teen zero ekstra koste. Dit beteken dat jy access het tot meer as 25000 show wat jy op veelvuldige devices kan kyk – TVs, smart phones en tablets. Net ‘n vinnige tip vir al julle ouers daarbuite – meeste van ons weet dat jou groot geheim met jou kinders se opvoeding is dat jy hulle voor die TV indruk of ‘n tablet met YouTube in die hand stop om hulle stil te kry of uit die grootmense se geselskap te hou wanneer julle braai en flesvat oor naweke. Gaan check bietjie hoe kakbaie kinderprogramme Showmax vir jou bied. Dis een van my geheime wapens met my tjommies se enkelbyters. Kakbaie Showmax en kakbaie suiker net voor hulle moet fokof. Not my problem. I’m evil like that.
As jy ‘n DSTV Premium subscriber is en nog nie ‘n Showmax account het nie, sign hierso op vir een. Kies “DStv add to account” as jou payment method. Sign in met jou DStv login details (Connect ID) en click accept by die terms and conditions goeters. As jy reeds ‘n DSTV Premium subscriber is en jy betaal reeds vir Showmax, moenie ‘n aar bars nie, jy gaan nie genaai word nie – log in by jou Showmax account, gaan na “Manage Account” en click op “Manage Subscription”. Kies “DStv add to account” as jou payment method. Sign in met jou DStv login details (Connect ID) en accept die terms and conditions. Nou kan jy Showmax for free kyk deur jou connected Explora of die Showmax app op jou foon of tablet. Ek maak die app gewoonlik oop op my iPhone en bounce hom deur TV toe met my Chromecast. Dit werk befok lekker.
Jy kan hierso bietjie lees oor shows op Showmax wat ons reeds gekyk en review het , soos byvoorbeeld ons review van Mr Robot. So gepraat van laasgenoemde – vanaf Oktober is die derde seisoen van Mr Robot beskikbaar op Showmax waar daar weekliks ʼn nuwe episode vars uit Amerika sal wees. Rami Malek (die bra wat die hofrol in Mr Robot vertolk) was nou juis hierdie week weer in die nuus gewees. Fans het hom skelm afgeneem waar hy besig was om op ‘n film set se stage te perfom vir die 2018 movie, Bohemian Rhapsody. Hy was blykbaar besig om die iconic oomblik van 1985 se Live Aid performance van die song re-enact. Die videos is intussen orals oor die interweb verwyder oor obvious legal redes. Stoute fans!
Wat kan jy nog in Oktober van Showmax verwag? Al sewe seisoene van Game of Thrones gaan beskikbaar wees. As jy tot nou toe uitgehou het om al sewe seasons te binge dat die kak spat, gaan Oktober vir jou ‘n baie lekker maand wees. Vir baie mense is dit egter ‘n slegte maand. Dis ‘n tyd van die jaar wanneer mense weer aktief en sportief raak en ironies meer tyd in die bed spandeer of op krukke rondkont omdat hulle hullseself opgefok het met sport of oefening. Dit laat my byvoorbeeld dink aan my vriendin wat haarself so lelik opgefok het net verlede week! Ek was by Tops besig om bier te koop en sy het by die Spar uitgeloop met twee sakke groceries. Sy het my obviously van ‘n distance af gekokkenodge en in my rigting gehardloop. So tien tree voor my het haar enkels ingegee die oomblik toe sy my naam skreeu en sy het hard op die teer neergeslet. Groceries fokken orals. Tamaties wat rol. Brood pap geval. Al die eiers in haar hare. Wat ‘n fokken gemors! Ek het natuurlik my gat af geskrik en te hulp gesnel en uit woede, (probably meer skok skok) terwyl ek haar aan die elmboog ophelp getune: “Wat fokken harldoop jy so voor die karre in? Is jy faktap?! Jy kon baie seerder gekry het!” So tussendeur die trane wat stofstrepies oopvlek op haar wange antwoord sy my snikkend terug: “Ek was bang jy sien my nie en klim in jou kar voor ek vir jou kon vertel dat ek nog nooit ‘n episode van Game Of Thrones gekyk het nie!”
Don’t be that person…
Lekker kyk! Sign sommer nou op vir jou 14-dae 100% verniet trial periode. Daar is ‘n moerse klomp lekker local content om te kokkenodge!
Watkykjy staan op 3,101,763 post views in totaal sedert 1 November, 2019.