1) Hierdie week praat ons ernstige dinge. Geen meer geselsies oor koeitjies en kalfies nie! Bewyse kan gevind word in nuus headline van die week: “Drie vas oor kalf in badkamer.” Fok. Okei, geen geselsies oor koeitjies nie. Kalfies is nuuswaardig, it seems. Drie mans tussen die ouderdomme van “wamykoene” en “klaarskuimgepis” is in Tweeling in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat polisie ‘n tip-off gekry het oor ‘n kalfie wat die vorige dag gesteel is op ‘n plaas in die distrik. En toe hulle by die huis aankom, kry hulle die drie verdagtes en die kalfie. In die badkamer. Nie almal saam nie. Dit sou net siek wees. Net die kalfie was in die badkamer. Koeitog ma.
2) Edgars se rooihangeruitverkoping het fokkol op die Guptas se Winter Sale. Eers kondig hulle vroeër die week aan hulle het die einste ANN7-TV-kabaal en die hoerant, The New Age verkoop. En toe verkoop hulle ook sommer hul maatskappy, Tegeta vir R2,97 miljard aan ‘n Switserse koper. En raai bietjie wie score soveel as R846 miljoen uit die verkoop van laasgenoemde? Ene Duduzane Zuma, seun van you-know-who. Tegeta is natuurlik die ou plekkie wat deur die vorige Openbare Beskermer oor die vingers geraps is oor onreëlmatighede in transaksies met Eskom. Pravin Gordhan, vorige Minister van Finansies het die parlement versoek om dadelik die transaksies te ondersoek as deel van die staatskapingsverslag. Wonder of die mynmanne ooit aan die pen sal ry.
3) Mense wat glo Suid-Afrikaners is te bang om te kla oor kos of as hulle ongelukkig is met wat hulle bestel het, kyk hierdie week op hul neuse. Vier vermeende kannibale het hierdie week in Estcourt op aanklagte van moord en die besit van menslike oorskot verskyn. ‘n Verdagte in die saak het gevoel dis sy reg om te kla toe hy by die Estcourt-polisiekantoor ingestap het en vir die beamptes aan diens gesê het hy is nou effe moeg daarvoor om mensvleis te eet. Toe hy ondervra is, het hy ‘n deel van ‘n menslike been en ‘n hand aan die polisie oorhandig. Kyk, sy skool se Dux-leerling was hy nou beslis nie. Verdere ondersoeke deur die polisie het revolting stuff aan die lig gebring. Die spulletjie is toe in hegtenis geneem vir onder andere verkragting, die besit van menslike weefsel, moord en grafskending. Blykbaar gebeur die goete meer gereeld as wat mens dink en toe een van die manne in blou (en teen die tyd was sy gelaatskleur ook al blou) gevra is hoe goed die kanse is dat sulke honger mense gevang word, was sy antwoord “Medium to rare.”
4) Twintig verhoorafwagtende gevangenes het hierdie week uit ‘n polisiewa ontsnap toe dit in ‘n hinderlaag gelei is. Intussen is 5 van hulle weer gevang, maar in ‘n land waar dit makliker is vir ‘n misdadiger om te ontsnap as ‘n kerriebone-poep, moet mens jouself afvra hoe opgewasse ons pote is teen die kriminele meesterbreins daarbuite. Aan die pluskant, ek voel baie veiliger op Twitter deesdae met ou Fokkol Mbalula wat mos Minister van Polisie is en Twitter gebruik om die rampokkers in hul koeëlvaste baadjes te laat bewe.
5) Sticking with Twitter, ‘n voormalige undercover CIA-agent het hierdie week met ‘n crowdfunding inisiatief begin om Twitter te koop sodat sy Donald Trump van die sosiale network kan afskop. Valerie Plame Wilson se $1 biljoen mikpunt lyk nog effe ver na sy sover nog net $6 000 kon insamel. Kyk, sy kry bonuspunte vir effort, maar soos wat impossible possibilities gaan, sal Angus Buchan se kop te groot raak vir sy hoed en iemand sal die bestaan van 1-ply toiletpapier kan justify voor Trump en Twitter nie meer maatjies is nie.
Watkykjy staan op 3,048,168 post views in totaal sedert 1 November, 2019.