1) Kyk, vir jarre nou al sien Springbok ondersteuners rooi as hul span kak speel. Maar toe die aankondiging laasweek kom dat die Bokke in rooi truie gaan speel in ‘n away-game teen Argentinië (om kwansuis 25 jaar se eenheid in SA Rugby te vier), braak Jake White gal en noem dit ‘n geldmaakfoefie. Fok. That’s like the pot calling the kettle White. Iewers moet iets darem seker help om op te maak vir swakker kaartjieverkope en dat daar meer mense by ‘n grootdoop is as jou gemiddelde game.
2) Wat maak jy as jy ‘n toeris is in SA, maar jy kry nie al jou draaie nie? Jy fokken beplan ‘n extension okay? Dis presies wat Grace Mugabe gedoen het, maar toe gryp sy die extension en moer ‘n model oor die kop? So far so Ena Murray omnibus. Zim se presidentsvrou is in die land en toe sy vir haar twee spruite in ‘n Sandton hotel gaan kuier het, toe is dit asof iemand terpentyn aan haar hol smeer, want toe fokken hardloop haar common sense weg met haar en sy gryp ‘n extension cord en slaan vir model Gabriella Engels (wie?) oor die kop. Bloed, snot en trane later, toe grace haar bakkies elke nuus website se homepage. Gepraat van homepage, sy het ook sommer R45 miljoen uit haar bra gehaal en betaal vir ‘n huisie hier in sonnige SA. Dis ‘n plaas se prys! En daarvan het hulle mos baie in Zim.
3) Sosiale media was aan die gons hierdie week toe ‘n video versprei is waarin ‘n motoris se dashcam ‘n ongeluk wat voor hom gebeur het, afgeneem het. So far, so what? Maar toe probeer die ou wat die ongeluk veroorsaak het wegjaag. Groot fout. Nie in ‘n faktap ou Ford Mondeo nie, pappie. Soos wafferse cowboys trek drie karre hom af en blok hom sodat hy nie verder kan ry nie. Die video is al meer kere gekyk as die vorige groot crash video, Lianie May se Jy Soen My Nie Meer DAAR Nie. Ja, ek weet daar was nie ‘n ongeluk in die video nie, maar ‘n groot gedeelte van die Afrikaanse musiekindustrie crash nog een strook deur van daar af.
4) Gewilde akteur Tom Cruise wat bekend daarvoor is dat hy baie van die eie waagtoertjies in sy films self doen, het hierdie week bietjie eina gekry. Die 55-jarige Cruise het van die dak van een gebou na ‘n ander probeer spring tydens die verfilming van Mission Impossible 6, maar toe duik hy solidly in die muur van die ander gebou vas. Kyk, mens moet dit vir hom gee. Nie baie blanke mans in hul vyftigs kan so rondspring nie. Nee fok, jy hou maar wat jy het. Werk is skaars.
5) Wanneer dit kom by die steel van kompers uit kantore, het Suid-Afrika geen fokken mededinging nie. Daar is hierdie week weer 2 laptops gesteel uit die (maak keel skoon) Mededingingskommissie se kantore. Die rekenaars bevat blykbaar sensitiewe inligting oor kartelgedrag. I mean, come on! Die band het mos nou gesê hulle is fokken klaar met musiekmaak as ‘n groep. Laat hulle nou rus, man! Pleks steel die wetters rekenaars met sensitiewe inligting oor Romanz. Of Snotkop. Of Nicholis Louw. Soos in, hoeveel kouse kan hy nou by daai tôit broeke inpas?
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.