1) Julius Malema. Die lysie van mense of instansies wat hy en sy trawante nog nie afgepis het, raak net korter en korter. Klagtes is by die Menseregtekommissie ingedien oor uitlatings wat hy en die EFF se woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi by ‘n EFF politieke saamtrek in Durban gemaak het teenoor Indiërs. Dit het baie mense rooi kolletjies laat sien en selfs lede van AfriForum na iets sterkers as net ‘n koelie laat gryp. Klaarblyklik het krete van “Suspension! Suspension! Suspension!” deur Durban getrek, maar toe die Indiër-gemeenskap sien Malema en Ndlozi gaan nêrens heen nie, toe word die “Suspension!” gedrop.
2) Arme fokken Hlaudi Motsoeneng en Andile Mngxithjual998nbsgasdf. Die twee belhamels cannot catch a break. Hlaudi moes hierdie week hoor dat die Es-Eina-Bee-See oorweeg om die uitbetalking van sy pensioen terug te hou om verlies aan advertensie-inkomste te probeer verhaal as gevolg van sy 90/10 musiek-beleid. En ons PK-ontvanger van laasmaand, die BLF se Andile Mngxit7nb%g@jala, se onderlippie het erg begin bewe toe hy en so 5 of 6 van sy penvriende by ‘n media-do van The Daily Maverick in Kaapstad op pitch en hulle vertel is “Hey, fokken stop net daar! Sien jy ‘n welkom-matjie, Andile? Nee? Dog so!” Die kaartjies na die do het R1 800 gekos, so mens kan nie help om te wonder of hy dit met sy eie sakgeld gekoop het en of hy gesponsor was om kak te gaan maak nie. Boonop eindig die three-ring circus toe in ‘n four-ring circus toe hy en sy tjommies opgepik word in ‘n rooi Audi wat behoort aan die seun van Brian Molefe. Ja, daai Brian Molefe. Die fok weet, die spul is almal kop in een balaclava.
3) Suid-Afrika word fyn deur die wêreld dopgehou in die aanloop tot 8 Augustus. Gaan die parlement wys hulle is ook gatvol vir Zoom-zoom en wys hulle is mossie maar man? Mosie maar manhaftig? Want dis wanneer Zuma se 9de mosie van wantroue teen hom in die kollig sal wees, of die stemming nou in die geheim mag plaasvind of nie. Miskien moet hulle sommer net per e-pos hul e-mosie wys? Hoe lank kan een korrupte fok en sy minderheidsgroepmaatjies, die Guptas, hierdie land nog in die grond in dryf?
4) Gepraat van president, gaan Mark Zuckerberg van Facebook-faam homself verkiesbaar stel as president van die VSA vir 2020? Dit sal nie die eerste keer wees wat die makker se 20/20 visie tonge los het nie. Rumours het hierdie week weer opgevlam dat hy wel belangstel in die posisie, maar daar steek geen waarheid daarin dat stemme sommer met LIKES op Facebook self uitgebring sal kan word nie. Raak vir ons rustig, Steve Hofmeyr-ondersteuners. Julle moet eers leer spel!
5) If anyone knows how much influence the Guptas have on our government, Lynne Brown nose. Sulke gatkruipverwysing! Ons Minister van Openbare Ondernemings slaan nou soveel vure dood dat mens wonder hoekom sy nie gehelp het met die Knysna-brande nie. Die nuutste is dat sy haar persoonlike assistant, Kim Davids, mooi gevra het om te bedank sodat haar department bo verdenking bly. Fok Lynne, bietjie laat daarvoor, surely? Die fat lady het gesing en vir twee encores teruggekom. Davids het persoonlike aanstellings by staatsdepartemente behartig en daar is bewyse dat sy in 2015 Dubai besoek het en in ‘n 5-ster hotel oorgebly het. Die Guptas het vir die reis betaal, asook vir ‘n Orossie uit die kroegyskassie. Totally fokkol verkeerd met hierdie prentjie.
Watkykjy staan op 3,125,763 post views in totaal sedert 1 November, 2019.