PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.
So wie kry Augustus se PK? Wel, ek is grootgemaak met die uitgangspunt ‘n man slaan nie aan ‘n vrou nie. Maar aangesien ons vorige adjunk-minister van Onderwys, Mduduzi Manana, in Augustus gewys het dit was nie deel van sy opvoeding nie, maak my besluit effe makliker. En nee, hy kry nie die PK nie. Ten minste het dinge vir hom so warm geraak dat hy sy bedanking ingedien het nadat hy erken het hy het in Houemaand twee vrouens buite ‘n nagklub in Fourways aangerand. Hy staar ook nog kriminele aanklagte in die gesig en druk neem toe vir hom om ook as lid van die parlement uitgeskop te word.
So wie kry die PK? Wel, dis ‘n vrou. ‘n Rolmodel uit Benoni en dis nie Charlize nie. En aangesien ons ontvanger self nie skaam is om tot geweld oor te gaan nie, dink ek Grace Moergabe, gebore ‘n nooi Marufu in die hoofstad van die Oos-Rand, kan maar nader staan vir ‘n ligte blik-Zim teen die oor! Zim se presidentzvrou waz moz op ‘n ou bezoekie aan zonnige Zuid-Afrika toe zy ‘n 20-jarige model met ‘n Wezterze van (“Engels” nogal) met ‘n extenzion cord aanval. ZZzzzwap!
Dit het als gebeur in ‘n hotel in Sandton waar die Moergabes se twee seuns aan’t kuier was. Die twee lamsakke het die dosepad gekies en weggehardloop toe hulle besef Mamma is naby. En hier’s die sad ding… een van die twee het ‘n swanger kelnerin van die hotel uit die pad gestamp en sy het haar baba verloor. Natuurlik het ons wonderlike regering gehoor gegee aan Grace se versoek om diplomatic immunity. Nou pleit Grace boonop innocence en beweer sy is geframe. Sure. Jou bakkies grace die PK van die maand hall of fame, geframe en alles.
Hey Grace! Jy slaan ‘n slag vir vroue hierdie maand. Ka-dwa, jou fokken bitch!
Watkykjy staan op 3,116,904 post views in totaal sedert 1 November, 2019.