Wat maak jy Sondag die 27ste Augustus? As jy ‘n moerse fan van boxing is het jy seker reeds onder jou tjommies begin rondvra en bespreek oor hoe en waar julle die groot fight tussen Mayweather en McGregor gaan kyk. Julle fight op Facebook oor wie die hout bring, wie die drank bring, watse drank julle gaan drink en al daai tipe kak. En natuurlik by wie se huis julle die groot geveg gaan kokkenodge.
Showmax het dit sopas baie makliker en goedkoper gemaak om jou te help met jou besluit. Hulle gaan die fight op Showmax gooi, 15:00 die middag. Nou kyk, ons weet dit word live op SuperSport uitgesaai 5am die oggend, maar baie van julle het nie DSTV nie. Dis ook ‘n fokken Sondag, so jy hoef nie fokken 5am op te staan nie. Manne het hangovers. Al wat jy daai Sondag moet doen is om laat op te staan, die vuur te begin pak en so bietjie van social media afbly vir so paar ure lank om nie die fight se results vir jouself te spoil nie. Jy is probably in elk geval minder aktief op Twatter, Facebrag en Instakont op ‘n Sondag, so dis nie veronstel om ‘n big deal te wees nie. Die feit dat jy dit op Showmax kan stream op enige plek maak dit ook befok! Kyk dit by die fokken dam op jou iPad as jy wil. Whatever jy doen, jy het nou geen verskoning om dit te is nie – hierdie is moontlik die die mees omstrede stryd in boksgeskiedenis ooit. Amerika se Mayweather en Ierland se McGregor. Die poesklappe gaan fokken reën, pappa!
So hoeveel zak is betrokke by hierdie sirkus? Mayweather is berug daarvoor dat hy soms in publiek rondloop met ‘n miljoen Dollar kontant aan hom. Dis nogal doserig van hom. Met sy fight teen Pacquiao in 2015 was die kittie sowat $400m groot en “Money” Mayweather het met net minder as ‘n helfte daarvan weggeloop – $180m. As die “Money Fight” min of meer dieselfde roete loop as in 2015, kyk die wenner na so kwarmiljoen Dollar. Dis kontbaie zak. Dis R3.3 miljard (of soos sommige oningeligte marabse dit noem – R3.3 biljoen) – Jy kan 1650 huise teen R4m elk koop in Waterkloof. En dan ‘n draad om Waterkloof span, jou piel uitruk, heen en weer oor die grond pis en tune “FOKKEN MYNE!”
Mayweather het tot dusver 49 professionele boxing matches gefight en elke liewe een van hulle gewen. McGreger aan die ander kant het nog fokol gewen nie. Hoekom nie? Want hy het nog nie geboks nie. Nie in ‘n professionele hoedanigheid nie, in elk geval. Die bra is ‘n UFC fighter. Hy gaan fokken eina kry en die bookies is ook teen hom met ‘n five to one change. Maar imagine nou jy sit een Bitcoin op McGregor vir die wen en hy pull dit af? Dan loop jy weg met R300k.
Net vir interest sake – ringside kaartjies by die event self kos min of meer R130k, cheap seats is net onder die R7k elk en pay per view gaan vir so R1300 om dit in HD te kyk in die USA. As ‘n Showmax subscriber kry jy die fight vir fokken mahala. Die ouens charge nie ekstra nie. So as jy kak excited is oor die fight, sluit sommer nou aan vir jou 14-dae 100% verniet trial periode. Check jou by die bokskryt, china!
Watkykjy staan op 3,090,237 post views in totaal sedert 1 November, 2019.