Ek is nie ‘n moerse Muse fan nie. Nie dat ek dink dis tos musiek nie. Ek het al probeer om in hulle musiek in te klim jare terug, maar dit is nou maar net nie mindblowing vir my nie. Ek is wel ‘n Queen fan en het amper al die studio albums op vinyl, so ek vermoed dis laasgenoemde se invloed op Dustland Express wat my tweekeer laat luister het. Net ‘n waarskuwing: Dustland Express klink met tye ‘n bietjie na Muse, so as jy nie daai like nie mag jy dalk ook nie hierdie smaak nie. Hulle eksperimenteer wel met baie ander klanke en die musiek klink ‘n paar notches meer avant garde en “alternatief” as Muse s’n. Dustland Express is ‘n orkes wat pop, rock en punk -skeppings insluit. Soms grens dit ook aan ‘n operette (of musical) en die koordele is vir seker meer Queen georiënteerd. Dis nogal vreemd, maar terselfdetyd baie verblydend om dit in 2017 te hoor. Klavier ontsluit ‘n hele ander kant van rockmusiek en ek is al dekades ‘n voorstander van ‘n bietjie ebony and ivory, mits dit reg aangewend word natuurlik.
As jy Cold Play haat, en gedink het Axl Rose is ‘n regte twat omdat hy die song Estranged met klavier gekonseptualiseer het, skip dan maar hierdie eerder. Verbeel ek my of is Dustland Express se klavierkomposisies ‘n bietjie meer complicated as Muse s’n? Ek lees nounet hierdie band se history – ek is mos maar ‘n sucker vir die underdog se gestruggle om iets kreatief en artistic die lig te laat sien. Gaan check maar self op hulle Facebook page; hierdie dudes het nie sommer met hulle gatte in die botter geval nie. Dit was ‘n lang en moeisame journey soos ek die ding bekyk. Ek like ook die naïwiteit en woede in hulle lirieke en dit weerspieël ook in die melodië. Hulle sing oor ‘n society wat vrot geword het en hou ‘n lekker groot vuilbruin ou spieël teen diegene se gesigte. Dit wil-wil so over-the-top raak, maar ek dink hulle hou dit mooi in toom.
Voyage of Men is die perfekte inleiding:
We have arrived, we have come to steal your bloated hearts,
your little minds, and your children,
the clones of your façade.
Dis mos hoe jy ‘n album begin, nie waar nie?
Die title track is nou eers vir jou ‘n moderne rock extravaganza. Dis veronderstel om baie airplay te kry (hoop ek). Ek luister nie radio nie, so don’t ask me. Ok, moving on. Empire of Dreams/#Heisenberg is kakmooi en ook een van my favourite songs op die album. Ek gaan dit nog honderd keer oor en oor luister. Dink dit het te doen met die klavier, die ethereal sound effects en die boeiende koordeel en as die song later bietjie meer opbou, so ook die passionate vocals en dan ook die drums wat meer intense raak. Dit eindig stripped down met net klavier. What a trip!
Dustland Express moan nie net nie, hulle bied oplossings ook. The Solution klink soos ‘n oproep om die wapen op te neem. Jirre, in Afrikaans klink dit bietjie verregs. ‘Call to arms’ klink net meer rock and roll. Wag ‘n bietjie… ek besef nou eers ek is reg in die middel van ‘n konsepalbum wat ‘n algehele rewolusie voorstaan. Cool! Gaan luister bietjie die hele album deur. Dit vat jou nog verder deur ‘n paar draaie tot aan die einde met die song Apocalypse. So julle kan raai hoe dinge eindig. Ek het weer bietjie my paradigma wat Suid-Afrikaanse rockmusiek aanbetref verskuif vandag. Dis goed vir enige musiek-junkie so nou en dan.
Julle moet lekker rol, maar onthou net om alles en almal te bevraagteken!
Watkykjy staan op 3,091,382 post views in totaal sedert 1 November, 2019.