1) Onthou jy toe jy in Graad 2 was? Die tweede keer? Toe jy gevoel het jy raak nou moeg vir die juffrou wat jou met ‘n Shatterprufe liniaal oor die hande slaan omdat jou sinoniem vir boks nie is wat sy in gedagte gehad het nie? Onthou jy hoe dit jou geknak het? Sulke sarkasme. Nauurlik het jy nie geknak nie. In fact, Juffrou Lettie word nou nog snags in ‘n koue sweet wakker soos wat sy jou gekoggel hoor. Nou kan jy dink waardeur die onderwyser by een van SA se superposh skole tans gaan? Want sy straf vir beweerde rassistiese aanmerkings teenoor swart, Indiër en Griekse leerlinge is net so goed as om hom met ‘n liniaal oor die hande te gewiks het. St Johns College, daar waar ‘n handboek meer kos as ‘n handjob in die seunsbadkamer, is in die nuus oor die ligte straf wat aan die mansonderwyser opgelê is. Hy is blykbaar van senior poste onthef en moes ‘n pay cut vat. En dit na opmerkings aan swart leerlinge soos “Well done, you’ve started thinking like a white boy” en dat hulle net goed doen omdat hulle langs wit seuns sit. ‘n Leerling van Griekse afkoms is “vuil” genoem. En Indiërs is met Golf GTIs vergelyk. Hoediefok die swerkater nie gefire is nie, weet ek nie. Dit laat my dink aan daai gewilde grappie wat ek sopas opgemaak het: “How many racist teachers does it take to change a lightbulb? Zero. Racists change nothing.”
2) Die bewyse dat Donald Trump in ‘n trans is, neem elke week met rasse skrede toe. Na sy aankondiging hierdie week dat transgender soldate nie meer in die weermag mag dien nie, voel baie Amerikaners “Tottie toe en nie verder nie.” Baie van die soldate voel hulle skiet tans in die donker rond en weet nie of hulle Arthur of Martha is nie. Natuurlik het Trump laasjaar in die aanloop na die verkiesing aan gays, lesbians, biseksuele en transgender mense belowe hy sal vir hul regte veg. Maar dit was nou voor hy Gretha Wiid se boekie oor die “doos and don’ts” van seksualiteit gelees het. Die amptelike rede word aangevoer as dat Amerika nie die “ontwrigting wat transgender-mense in die weermag sal veroorsaak kan bekostig nie.” Ek dink dis tyd dat Trump ‘n afspraak maak by sy kwaksalwer want dit maak nie saak of jy sit, staan of anti-kloksgewys huppel om te pis nie, as jy bereid is om vir jou land te veg, skiet jy wragtag nie te kort as dit by lojaliteit kom nie.
3) Diegene wat elke week uitsien na bietjie positiewe nuus oor Eskom, ons het vir julle hierdie week ‘n bonus. ‘n R88 000 bonus, pappie! Dis gemiddeld hoeveel elke Eskom werknemer ontvang het in bonus uitbetalings die afgelope boekjaar. Nie te versmaaie nie. Neem nou in ag dat ‘n 8-maande-oue Joodse kindjie beter met geld werk as enigiemand by Eskom en dat hulle moerse finansiële verliese gesuffer het. En dat die fokkers nie by hulle beloftes van behoorlike kragvoorsiening kan bly nie. Want dit is immers Eskom se Kern: Krag. (Drumroll deur Ghapi.) Vanaand steek ek ‘n kersie aan vir Eskom. Want hulle is dood vir my.
4) Michael Phelps, die swemmer met meer six-packs as Ultra Liquors, het hierdie week tweede gekom. Nie nuus nie, seker – daar is navorsing wat bewys dat die fiksstes onder ons gereeld tweede kom. Seksueel, bedoel ek. Maar ek dwaal af. Phelps. Swem teen ‘n Great White en verloor. “Hokhaai,” dink jy, “Phelps het teen Steve Hofmeyr geswem?” Nee man. ‘n Great White shark. Haai oe. Als deel van ‘n Animal Planet foefie om Shark Week te promote. Maar wag, dit raak beter. Dit was nie eers ‘n regte witdoodshaai nie. Sommer ge-CG. Is niks wit meer heilig nie? White monopoly capital? Leuens. Phelps teen witdoodshaai? Infame leuens.
5) As iemand boekhou van die Departement van Onderwys se bizarre besluite, hier’s die nuutste: daar is ‘n kans dat Wiskunde nie meer verpligtend sal wees vir leerlinge wat Rekeningkunde as vak neem nie. Fokkit, Angie Motshekga, ek skiem jou lobbe balanseer nie lekker nie. Hoekom die oorweging? Somme. Maar ons almal weet somme is nie rede nie want skilpad het nie vere nie. Onthou jy nog die nimlike rympie toe ons nog kinders was? Toe optel, aftrek, maal en deel nie verwys het na die regering se kapitale beleid nie. Sug.
Watkykjy staan op 3,083,764 post views in totaal sedert 1 November, 2019.