1) China is die eerste land wat die brawe besluit geneem het om die siek bliksem, Winnie the Pooh, te verban. Suid-Afrika is die eerste land wat by hulle kers gaan opsteek het oor hoe om te werk te gaan. Want as jy Winnie the Pooh kan verban, kan jy seker Jacob the Poes ook verban? Die rede vir die verbanning is omdat die land van skrefiesogies dit nie duld as daar met hul president gespot word nie. Sosiale media het honderde foto’s en comments geshare waar die Chinese president met die plomp Pooh vergelyk word. Fok, hier’s so baie Pooh in hierdie land, dat daar ‘n totale black-out van sosiale media sal moet wees.
2) Ons almal was al by so troue. Jou baas se vrou en daai niggie wat in die spesiale skool was, raak geblaas en beweeg suggestief rond op die dansvloer. Twee ouens wat jy nie ken nie, maar wat tien teen een deur Brixton Moord en Roof gesoek word, kwyl en drink nog ‘n shootertjie. Kort voor lank sit-lê hulle viertjies dronk soos torre en voor jy kan sê “Bloedskande,” is hulle bewusteloos. Maar in Engeland hierdie week het ‘n aanstaande bruidspaar sommer nog in die aanloop tot die troue, bewusteloos geraak. Nie van voggies nie. Die twee was aan’t oefen vir die eerste dans op die maat van ‘n immergroen nommertjie uit die fliek Dirty Dancing, sommer in hul tuin. Die man het sy bewussyn verloor, harsingskudding opgedoen, moes ‘n nekstut dra en ‘n CT-scan laat doen. Die twee was blykbaar 10 meter van mekaar af toe liefievrou aangehardloop gekom het en hy haar heupe gegryp het. Die troue gaan nog voort, al is sy nie die catch of the day nie!
3) Dit was mos die week waarin die wêreld gewoonlik hande vat en pretend hulle gee om vir ‘n volle 67 minute. Het jy ‘n krimpie oor die straat gehelp of waterige sop aan ‘n karavaankind afgesmeer? Dalk het jy ‘n vlooimarkstalletjie ondersteun deur Amor se CD vir R5 te koop? Ons almal goed kan voel oor onsself. Jou deel gedoen? Mooi so. Jou goeie dade is soos ‘n venster na jou siel. En as jy lucky is, word jou venster gewas deur die president. Jip, dis wat Zoom-zoom met sy 67 minute gedoen het. Hy het ten aanskoue van hoernaliste en mense wat tien teen een nog nooit ‘n BMW gesien het nie, die vensters van die Ngwelezane Plek van Veiligheid gewas. Mooi so! Kyk, as jy iemand gaan kry om te was, kan jy beswaarlik beter doen as om vir Jacob te vra. As jy geld kan was, dink net hoe fokken blink daai vensters nou.
4) Raak jy ook so doosboos wanneer jy jou verlustig aan ons land se natuurskoon en dan sien jy sulke plastieksakke wat orals rondê of wat teen draad of ‘n muur of ‘n werknemer van Binnelandse Sake vaswaai? Wel, jy sal bly wees om te hoor dat ‘n 100%-bio-afbreekbare plastiekinkopiesak ontwikkel is. Deur wie? Die WNNR, pappie! Trots Suid-Afrikaans. Want as jy iets wil afbreek, vra ‘n Suid-Afrikaner.
5) Die ATKV het kritiek gekry vanaf die VF Plus nadat hulle bekendgemaak het dat hulle ‘n nuwe rigting gaan inslaan deur Afrikaans in ‘n meertaligheidskonteks te bevorder. Sulke groot woorde. Veral vir helfte van die skuim wat non-stop kla vandat Toyota die Camry destyds net in Engels geadverteer het. Voortaan sal die kompetisie blykbaar Afrikaanse, Engels en Afrikataal-beoordelaars hê. Ek voel half jammer vir die ander tale se mense want hulle het baie opvang om te doen. Almal weet niemand oordeel, beoordeel of veroordeel soos ‘n Afrikaner nie. Vra enige NG lidmaat wat stry met sy of haar seksualiteit.
Watkykjy staan op 2,931,543 post views in totaal sedert 1 November, 2019.