1) Laat hy/sy wat nog nooit iewers bietjie gekroek het of ‘n ekstra geldjie ontvang het sonder om vir Die Ontvanger, die kerk of sy/haar oom met die kaalfoto van hom/haar daarvan te vertel nie, die eerste baksteen gooi. Nie julle nie, Cape Brick!
Die Mededingingskommissie het hierdie week beslis dat Cape Brick, ‘n maatskappy wat in die Wes-Kaapse baksteenkartel van so paar jaar terug ‘n steen des aanstoots was vir almal in die boubedryf, erken het dat hulle pryse in die baksteenmark vasgestel het. Sulke bliksems. Die Mededingingskommissie, wat ironies genoeg, geen competitor het nie, het gesê hulle voel trots dat geen steen onaangeroer is in die ondersoek nie.
2) Kyk, die EFF was nog nooit groot fans van Die Stem nie en het al telkemale daarop aangedring dat dit uit die volkslied moet uitfok, maar duidelik het die EFF in Mogale City naby Krugersdorp die hele “stem moet uit” ding verkeerd verstaan. Nou is die EFF-topstrukture ligweg de donner in. Want toe die ANC-begroting in Mogale goedgekeur moes word, toe bring party van die EFF swerkaters Die Stem uit… vir die ANC. Sulke eina.
3) Die Nasionale Vervolgingsgesag (of LOL soos dit ook bekend staan) het hierdie week bekendgemaak daar is by hul kantore ingebreek. Blykbaar is twee skootrekenaars gesteel, maar Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die spul breinsjirurge kon nie bevestig watter intelligence op die rekenaars was nie. Dis opsigself ‘n dichotomy want daar is sweerlik meer intelligence op ‘n opgefrommelde sneesdoekie in ‘n tienerseun se slaapkamer.
4) In hierdie week se episode van “Who else got fingered by the Guptas?” val die kollig op SAP. Raak rustig Fokkol Mbalula, nie die polisie nie. Ons praat van die sagtewarereus. Die interfokkenkontinentale firma het hierdie week hul Suid-Afrikaanse bestuurspan geskors nadat die #GuptaLeaks e-posse gewys het dat hulle na bewering R100 miljoen betaal het vir sulke lekker kickbacks vir regeringsbesigheid. Nou, liewe lesers, julle moet verstaan, ons hier by Watkykjy hou nie van spekuleer of ons eie afleidings maak nie. Maar as mens in ag neem die bestuurspannetjie sluit mense in wie se vanne Kandaswami, Pillay en Khan is, wel, dan raak dit duidelik die Guptas het nie in hierdie mense vasgeloop by Laerskool Rooihuiskraal se atletiek-uitdunne nie.
5) Ondersteuners van die Bulle kan berusting vind in die erkenning van die coach, Nollis Marais, dat die span hulle gedrop het hierdie seisoen. Dis goot verligting vir die fans want tot nou toe was hulle nie seker of hulle wel gedrop is nie. Met 10 uit 14 wedstryde aan die verloorkant, blyk dit dat die span wel van die vloer af eet en defnislis weet van verloor. Selfs Stief Hofmeyr behandel die span tans, wel, stief.
Watkykjy staan op 3,084,024 post views in totaal sedert 1 November, 2019.