1) Vir lank het hulle insist hulle Vatikaanse nie, maar na hierdie week is dit beslis meer ‘n geval van Vatkaanse. Die polisie in die Vatikaan het bekendgemaak hulle het onlangs by een van die kardinale se kamers ingebars en afgekom op ‘n homoseksuele orgie en dwelmpartytjie. Dit was blykbaar so rof, een of twee van die mans moes bid vir pous(e). Dis maar net nog ‘n gatslag vir Pous Francis wie se termyn die afgelope 4 jaar deur die een skandaal na die ander geruk en pluk is. Die Katolieke se grootkop moes al so baie tydens hierdie tyd sluk, maar daar word beweer hierdie laaste insident gaan hom op sy knieë dwing.
2) Enigiemand wat redeneer dat ons president nie visie het nie moes hierdie week hul woorde sluk. Na sy slottoespraak tydens die ANC se nasionale beleidskonferensie, kan ons as’t ware na hom as ons visie-president verwys. En as hy sy sin kry, sal ons visie-president eersdaags dalk twee vise-presidente hê. Dis een van sy beste (en ons gebruik die term losweg – dis soos om te sê tussen kots en spuitpoep, is kots die beste), voorstelle volgens konferensiegangers – dat die verloorder in die wedloop om die posisie as ANC-president in Desember, as ‘n tweede vise-president aangestel moet word. Amper soos onderhoofseun vir sport en onderhoofseun vir kultuur. Maar net met heelwat meer hand in die til.
3) Kriminele wat smaak van steel is tot onlangs nog aangeraai om van plan te verander aangesien hulle met valkoë dopgehou word. ‘n Fokken blinde valk met katarakte. Dit na 7 rekenaars uit die Valke se hoofkantoor in Silverton gesteel is. En daar was geen tekens van gedwonge toegang nie. Daar is seker goed wat meer embarrassing is as rekenaars wat gesteel word uit die kantore van die “Directorate for Priority Crime Investigations.” Soos as jy uitvind jou oom is eintlik ook jou niggie. En as ‘n kollega jou herken as ‘n backing singer uit ‘n Ray Dylan video. Of as jou ma jou vang in ‘n intieme omhelsing met een van daai moederfokkergroot soft toys op jou bed met die Knightrider duvet. Of as jy Amor Vittone is. Maar dis omtrent al.
4) Radiostasies het die laaste paar weke heelwat dinge ontdek. Soos dat jy nie sommer net ‘n louwarm breakfast DJ na jou middag show toe kan skuif en dan dieselfde omroeper aan die Kaap kan afsmeer as God’s gift to breakfast radio nie. Nog ‘n radiostasie was in die poef toe ‘n aanbieder Zoom-zoom ‘n zombie genoem het en die platejoggie (klop myself trots op die skouer) is toe summier in die pad gesteek. Sulke ander stasie het weer ‘n nuwe ontbytspan aangestel net om te besef daar is maar nog heelwat “tans agtergeblewenes” wat nie kan vrede maak met die “voorheen agtergeblewene” vroulike aanbieder nie. En dan is daar die radiostasie in die VSA wat vir Annie Lennox ‘n e-possie gestuur het en gesê het hulle hou nogal van haar klank en dat sy potensiaal het en dat hulle moontlik van haar musiek sal speel. Sulke novice. Almal weet Annie sing al vir jare, eers toe sy in Roxette was, en daarna solo.
5) Ons Minister van Polisie, Fokkol Mbalula is toe mos hierdie week genooi om ‘n Inter(poe)pol-kongres in Singapoer by te woon. Blykbaar is die agenda daarop toegespits om ‘n oplossing te vind vir die wêreldwye toename in kubermisdaad. Dis snaaks. Enigiemand wat Mbalula op Twitter volg (of wie hy nie al geblok het nie), sal weet dis ‘n crime opsigself wat hy kwytraak op anti-sosiale media maar hier’s die beste deel van sy besoekie: hy vra Bathabile Dlamini om in te staan as Acting Police Chief vir die week. Slaan my dronk. Nie so dronk as wat sy gereeld voorkom op TV nie, maar dronk nonetheless. Jip, dis die “toe” in “maatskaplike toelaag krisis” met haar ogies wat altyd halfmas hang. So terwyl die een in Singapoer kerjakker, is ons land se veiligheid Singapoer-in-sy-moer.
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.