In 2007 het Fokofpolisiekar besluit om ‘n blaaskans te vat vir so rukkie en Francois van Coke en Wynand Muyburgh het besluit om ‘n nuwe band, Van Coke Kartel op die been te bring. ‘n Man is nie ‘n klip nie, hy moet fokken geraas maak, ek sê! Jedd Kossew het hulle op guitar gejoin en Jason Oosthuizen het vir die langste tyd die velle geklap (meestal die drums s’n). Gedurende die laaste min-of-meer 10 jaar, het die ouens dit reggekry om vyf befokte vollengte albums uit te bring. Seriously, elke liewe album is fokken topklas. As jy al vyf besit, ag jouself gelukkig. Jirre, en hulle het awards ingeryg – 8 MK Awards, drie SAMA’s en twee Ghoema’s. Behalwe vir dit het die ouens ook internasionaal gejol in Europ en Taiwan. Ek meen, gods, Taiwan? Hulle het ook vir een van die beste international acts ter wêreld ge-open – Metallica. As jy daai kak op jou lysie kan af tick as ‘n Suid-Afrikaanse band, kan jy maar jou kitaar agter die deur ophang en jouself op die rug klop. Indeed a job well done.
Van Coke Kartel het min of meer vir 10 jaar lank bestaan maar het fokol gigs gejol in die laaste 16 maande nie. Dit was lekker maar dis nou klaar en in plaas daarvan dat hulle net saggies heengaan soos ‘n dowwe eierpoep, het die ouens besluit om met ‘n moerse bang die SA rock scene vaarwel te roep – dit deur ‘n laaste buiging op stages deur die land te maak met hulle laaste toer. In fact, hulle jol moreaand hulle laaste show ooit by Mercury in Kaapstad en as jy nie ‘n ticket het nie, is dit tickets vir jou. Dis uitverkoop. Sorry, né?
Watkykjy se fotograaf, Big H , was by al vier van Van Coke Kartel laaste shows in Gauteng ooit – Arcade Empire, Rumours, Atterbury Teater en by die Mystic Boer in Potch. Hy reken dat Arcade en Rumours se shows kakhard was, maar dat niks niemand kon voorberei het op die Potch show nie. Dit was soos ‘n organised wolk van chaos en elke liewe persoon het elke woord van elke lyric geken en saamgesing. Die band self reken ook dat dit hulle rofste show nog ooit was.
Fokkit, Van Coke Kartel, dankie dat julle Suid-Afrika se musieklandskap vir altyd en ewig en vir die beste verander het. Ek huil sommer in my broek…
As jy by die werk sit en dalk ‘n bottel iets wegsteek in jou boonste laai, haal hom uit en gooi ‘n knerts en lig jou glas saam met ons om net bloot “Here man!” te uiter…
Watkykjy staan op 3,090,627 post views in totaal sedert 1 November, 2019.