Wanneer ek tyd kry hou ek hou nogal die musiekdebatte dop, veral dié wat local artists op Facebook begin. Wat onlangs my aandag getrek het was die gesprekke oor die ou, gevestigde praktyk waar ‘n album in ‘n sekere tyd record word, op een slag en verkoop word in hard copy formaat. Dié se dae is blykbaar getel. Dis nou in plaas daarvan om jou singles een vir een te record en dan sporadies digitally te release en online te verkoop.
Johnny Clegg het ook nou die aand by sy finale show verklaar: “I don’t know where my music is these days man, it’s somewhere in the cloud!”. Nog opmerkings wat ek dikwels hoor is: CD’s is dood oorsee en gaan hier in SA ook sukkel om voort te bly leef. Vinyl beleef ‘n oplewing oorsee maar locally is dit ‘n niche mark en net mense wat genoeg geld het om dit te kan bekostig, koop dit. Sommige artists voel hulle fokken werk hard aan hulle vollengte albums, net om agter te kom dat hulle fans en die media dit net oor ‘n paar maande weer vergeet. Digital MP3’s is apparently ook dood en streaming is die enigste ligpunt in die toekoms. Dit is maar alles realiteite van die musiekindustrie in 2017, seker afhangende na wie jy luister ook. Dis nogal oorweldigend want ek het grootgeword met over polished musiek toe record companies ingemeng het met elke liewe aspek van die kreatiewe proses aan die een kant en indie musiek aan die ander kant, wat gewoonlik afgewyk het van die hit parade norm (aka alternative) maar duidelik erkenbaar was aan ‘n baie swakker kwaliteit produksie.
Indie musiek het seker met tye die norm begin geword en dinge is nie nou meer so clear cut soos wat dit was nie. Of is dit? Daar moet tog positiewe dinge ook wees van vandag se dog-eat-dog musiekbedryf, nie waar nie?
Toe ek Travels with Charlie vanoggend vir die eerste keer luister en ek sien Sony se naam op die CD het ek gedink dis dalk produce en record soos in die ou dae. Ek moes eers vir Eksteen Jacobsz pla (terwyl hy op vakansie is) om die feite reg te kry. Sony het net die album ge-plublish en Eksteen Jacobsz is The Sick Leaves – ‘n one-man creative show en die album was 100% self produce en gefinansier. Hy het selfs die artwork ontwerp ook gedoen en die fotos geneem met ‘n model wat so headbang of iets op die voorkant.
Eksteen lyk bietjie soos Jeff Lynne van Electric Light Orchestra op die agterkant van die album. Sy songwriting is excellent maar seker nog nie in daai epic klas nie. Lyk my hy het wel sy skoolgeld in Londen betaal back in the day. Anyways, Eksteen het al begin werk aan hierdie album in 2013 en die song structures was reeds klaar geskryf teen die einde van dieselfde jaar, behalwe vir She Ain’t Here, wat eers in 2015 geskryf is en hy tune die lirieke het stadig oor tyd gekom. Ek kan hoor daar is diepte en ek bedoel nie net kniehoogte nie. Daar het baie veranderinge in sy lewe plaasgevind tydens die skryf van die lirieke – sy pa is ook in 2013 oorlede aan kanker en dit moes beslis ‘n invloed gehad het op die album se skryfwerk. Die album is ook opgedra aan hom en die song Six Inch Valley handel meer spesifiek daaroor.
Ek weet hierdie manier van recording gebeur gereeld deesdae, maar dis iets waarop ek wil fokus vandag. Al hierdie songs was home recordings in verskeie slaapkamers, ’n kelder en ‘n solderkamer – so tussen April 2013 en October 2016. Slegs die dromme is in die studio gedoen in Junie 2015. Die album is record all over the show – in Pretoria, op ‘n plaas naby Ermelo, Nelspruit en in Witrivier en dis amazing wat die kombinasie van vandag se tegnologie, tegniese kennis en musikale talent kan oplewer. Eksteen sing en speel al die instrumente, behalwe vir Wayne Kenneth Pictor wat die dromme slaan. Andra Cilliers doen ook backup vocals op die song Underneath it All. Ek weet mens moet nie eintlik musiek vergelyk wat te ver in jare uitmekaar is nie, maar my vraag is: sou ‘n indie artist dertig of selfs twintig jaar terug so ‘n befokte album kon maak? En is dit nie ‘n positiewe van vandag se tye wat ons miskyk nie? Ek los dit maar in julle hande.
So hoekom dink ek dis ‘n befokte album? Ek is seker dis ‘n sound waaraan hard gewerk moes word en een waarvan ek baie hou. Behalwe vir oorgenoeg diepte om die ‘not fake music’ toets maklik te kan slaag is Eksteen se stem baie uniek. Dit herinner my nogal aan ‘n mengsel van Gary Numan, Brian Molko van Placebo en Bret Anderson van Suede. Eksteen gooi ook keys, synth en organs en dit het al daai old school pop rock-elemente waarvan ek hou, maar die ander bestanddele van die resep wat die koek laat rys het is te vinde in die kitaarwerk, die riffs, die vocal structures en chorus lines.
Ek gaan julle nie te veel spoonfeed nie, so gaan luister maar self. Dis vir seker ‘n album wat ek nog baie gaan deurluister! Sit jou sick leave in by die werk en luister na Travels with Charlie!
Watkykjy staan op 3,090,616 post views in totaal sedert 1 November, 2019.