Imagine jy erf ‘n plaas by een of ander vêrlangse oom wat skiem jy was die enigste persoon in die soortvan-familie wat dit verdien omdat jy die minste kak was met hom. Imagine nou daai plaas is nie ‘n bestaande boerdery nie en lê regoor die rykste steenkoolrif in Suid-Afrika. Imagine nou die Guptas vind daarvan uit, bied jou ‘n kakhuis vol geld aan en jy wys dit van die hand. Wat dink jy sal die Guptas doen om daai steenkool hulle s’n te maak? Hoe vêr dink jy sal hulle gaan? As mens kyk na al die unbelievable stront wat deesdae uit die #guptaleaks opduik, het jy nie veel van ‘n verbeelding nodig nie. Hulle sal heel montlik jou piel afsny vir ‘n stukkie swartgoud. In die 1800s was die East India Company min of meer soos die Guptas. Die enigste plek en tyd toe white monopoly capital regtig bestaan het.
James Keziah Delaney (Tom Hardy) keer in 1814 na ‘n afwesigheid van 10 jaar iewers in Afrika half gehawend terug na Londen om te ontdek dat sy afgestorwe vader vir hom ‘n geheimsinnige erfporsie nagelaat het. ‘Erporsie’ is eintlik nogal ‘n fokken stupid woord in hierdie geval, aangesien pappa vir hom die hele kaboedel gelos het. Ja, ‘kaboedel’ is beslis ‘n beter woord. Dit klink na sulke baie. In Delaney se geval was die geheimsinnige nalatenskap ‘n stuk grond. Nie net enige stuk grond nie. ‘n Stuk grond met issues. Kyk, pappie, daar moet mos kak en hare wees. Jy kry poepe en dan ‘n kry jy poepe met skilletjies. Delaney het ‘n poep met ‘n skilletjie ge-erf. Moelikheid vir die man. Sy klipperige stuk grond, Nootka Sound, sou enige gesoute Voortrekker se nagmerrie gewees, Vreeslik onherbergsaam. Maar in hierdie geval is daar is effens van ‘n geskil oor die grens ook boonop. In Taboo vorm die stuk grond so half ‘n no man’s land waaroor die Britte en die Amerikaners wou vuisslaan en in daardie dae was Amerika en die Britte nie juis fuck buddies nie. Hulle was heavy vyande. Die hele dispute oor Nootka Sound gaan oor wie daai inlet en die shipping lanes besit en beheer en al die Gupta-zak gaan incash. En hier kom hierdie doos van ‘n Delaney en fokken erf die plek en wil aan niemand verkoop nie. By the way, die plek (Nootka Sound) bestaan genuine, so jy kan op Google Maps gaan rondspeel en bietjie oplees oor die geskiedenis van Nootka Sound waarop een van Taboo se baie tema’s ligweg gebasseer is.
S0, in 1814 is die East India Trading Company is die grootste chartered company in die wêreld. Hulle control basies die helfte van wêreldhandel en het hulle eie army wat Indië verower het en ‘n totale monopolie op alle handel daar en regoor die wêreld afdwing. Dis die agtergrond waarteen Taboo afspeel en dis die dose met wie James Delaney te doen kry. Opper korrupsie. Opperste dooskoppe. Dis nie kinderspeletjies en behalwe vir die antagoniste (daar is fokken baie van hulle) speel hierdie reeks of af in ‘n moerse challenging tydperk. Kna jy jouself Londen indink in die 1800s? Kom ons help jou: Dit was onbe-fokken-skoflik sif gewees met verstikkende rookmis. Die Thamesrivier het hoofsaaklik uit menskak bestaan en die strate was met modder bedek. Het ons gesê modder? Sorry, ons het eintlik perdekak bedoel. Fun fact – teen die 1890 was daar ongeveer driehonderdduisend perde en ‘n duisend ton kak per dag in Londen. Jissis.
Nou dat jy daardie prentjie in jou kop het: die creators en directors van Taboo het ‘n uitstekende job gedoen om die kyker terug te vat na daardie tydperk. Ek sweer, dis so goed gedoen dat jy vir seker sou opgooi as smellyvision ‘n werklikheid was. Tom Hardy doen sy beste acting ooit en word goed ondersteun deur ‘n geloofwaardige cast. Hierdie is ‘n baie donker reeks maar dis spannend en boeiend. As jy vir ‘n sekonde wegkyk wis jy dalk iets.
Tom Hardy se karakter is ‘n harde man wat deur sy geskiedenis gevorm is. Hy is ‘n survivor wat nie terugstaan en kak vat nie. Hierdie show het alles wat mens sou verwag van die spesifieke period drama: bietjie geskiedenis wat aangevat word met black magic, donker familiegeheime asook ‘n tiepe van loergat wat jou insig gee tot hoe fokken hectic sekere professies daardie tyd was: dokters, chemists, skelm prokureurs, undertakers en politicians. In die eerste episode alleen kry jy te doen met die okkulte, incest en onheilspellende wreedhede.
Taboo is ‘n fantastiese reeks. In my opinie is hierdie nie iets op te binge kyk nie. Benader dit eerder soos ‘n poesduur chocholate wat iemand vir jou as geskenk van oorsee af gebring het – neem klein happies, want as dit op is gaan jy nog soek en huil omdat daar nie nog is nie. Nie vir nou nie, in elk geval. Daar is 8 episodes in die eerste season wat hierdie jaar uitgekom het. Season 2 het reeds die go-ahead gekry vir produksie en verfilming. Nou moet ek sit en wag bydie hek, want my fokken chocolate is op.
Jy kan hier op sign vir ‘n 14-dae 100% verniet trial periode om die reeks gemaklik is sy geheel klaar te kyk. Teen R99 per maand na die trial periode verby is, is dit totally die moeite werd om Showmax te kry. Dis cheaper as ‘n popcorn, ‘n Coke en ‘n boksie smarties vir een en movie se outing. Vir die ouens wat nog rook – dis basies 3 pakkies skywe per maand se zak.
Watkykjy staan op 3,101,757 post views in totaal sedert 1 November, 2019.