Die South African Metal Music Awards is so twee weke terug in Joburg gehou by die nuwe Rumours Rock City in Cresta. Daar was 13 categories vir onder andere beste video, beste single, beste newcomer, beste live act, beste event en dan ‘n wenkategorie elk vir beste van so paar sub-genres van metal. OK, daar is eintlik 14 categories maar die laaste een tel nie. Dis so wankerige “stem vir enige ander maatjie behalwe vir jouself”-vibe en boonop sponsor Jasper Dan dit. Fok Jasper Dan. Ons het hulle steeds nie vergewe vir Iron Maiden nie.
Hierdie award ceremony se doel is om so bietjie props te gee vir achievements deur ons local metal bands gedurende 2016. Die jol het lekker live entertainment gehad en obviously is die trophies aan die wenners ook uitgedeel gedurende hierdie spoggeleentheid. Wat die party ook piele gemaak het was dat dit ‘n free event was. Kom ons hoop dit bly so, want dis ‘n goeie geleentheid vir mense om bietjie metal te experience en deel van die scene te voel sonder om die beursie te skeur.
Sover dit die awards ceremony se categories aanbetref, het ek net een voorstel vir die organisers: die categories van “Best Metal Album” en “Best Metal EP” kan eintlik maar saamsmelt en een category wees. Jy sien nie dat die Oscars wenners het vir “Best Movie Longer than 55 mins” en “Beste Movie Shorter Than 55mins” nie. Dis hoekom daar ‘n kakhuis festivals is vir short films en artsy fartsy tos. Keep it simple, ouens – ‘n EP en ‘n album is basically dieselfde ding. Bands het nie altyd zak om volle albums uit te gee nie en mense se attention span sover dit musiek aanbetref is ek hou van Charlize Theron se tiete.
OK, ek het eintlik twee voorstelle – ek sien julle het “Best Metal Event” ook. Dis alles piele, maar wat van “Best Metal Venue”? Die mense met die swart harte sal like om te weet van venues wat metal support en hoe cool die venues ingerig is. Ek praat nie van clubs wat uitsluitlik cater vir metal nie – daar is about fokol oor in die ganse land. Ek praat van plekke wat cater vir metal shows en events op ‘n gereelde basis. Maybe het News Cafe in Sandton ‘n metal-aand eenkeer elke maand en maak swart viskoekies en die sound is befok. Of miskien huur iemand gereeld die NG Kerk in Moreletta Park op Vrydae om Afrikaans Is Dood te hou vir die Afrikaanse metaalkoppies. Catch my drift?
Maar dit nou eers daar gelaat…
Ek is fokken bly dat my gunsteling SA metal band bietjie erkenning gekry het vir die harde werk wat hulle doen. Raptorbaby het vier nominations uit die dertien categories gehaal: best music video, best single, best album en best progressive metal band. Hulle was runners up gewees in best music video en best album maar hulle het wel die awards gewen vir best single en best progressive metal band. As jy mooi na die hele storie gaan kyk het hulle eintlik in elke kategorie wat van hulle op toepassing is, either gewen of tweede gekom. Net ‘n jammerte dat hulle nie vir “best live act” ‘n nomination gekry het nie. Miskien het hulle nie genoeg ontploffings of hoere met slange om hulle om hulle nekke vir daai een nie. Julle ouens moet maar dan seker bietjie aan die live goeters werk of iets…
Raptorbaby het verlede week besluit om ‘n drum play through video te skiet van die single waarmee hulle “best single” gewen het – hulle song, The Group. Die band het dit sommer een Saterdagoggend gaan skiet by Decibels Studios in Pretoria waar hulle elke week rehearse en geraas maak. Julle Pretoria outjies wat in bands jol moet die plek bietjie gaan kokkenodge. Dis nogal lekker ingerig en hulle pryse is bilik.
Gaan skiet ook sommer ‘n draai op Raborbaby se Facebrag page en gaan sê vir manne geluk met al hulle nominasies en awards. Metl heads het ook hartjies.
Watkykjy staan op 3,118,586 post views in totaal sedert 1 November, 2019.