Die grootste bedrogspul in die geskiedenis van rock and roll het sonder twyfel plaasgevind in die eighties. Ja, Milli Vanilli ook, maar hulle was net amateurs. Letterlik. Tony James en Neal X het Sigue Sigue Sputnik begin in 1982. Die naam verwys na ‘n Russiese straatbende. Tony James was een van daai perde wat van punk af new wave toe beweeg het. Hy was in die late seventies en early eighties in die punk band, Generation X saam met Billy Idol en dit was waarskynlik sy punk-agtergrond wat hom die idee gegee het om ‘n “neon space gang from another planet” bymekaar te maak. Sy kriteria was nie goeie musiekvaardigheid nie, nee, hy het attitude en eksentrisiteit gesoek.
Tesame met Martin Degville, Ray Mayhew, Chris Kavanagh en hulle promoter Magenta Devine het hulle die hele musiekindustrie op sy kop gedraai en dit was nie net ons laerskoollaaities wat dit vir soetkoek opgeëet het nie. Ek onthou ek was mal oor die klein warning label op die plaat: “WARNING: DO NOT PLAY IF ACCOMPANIED BY AN ADULT”. Ja fok, die hele Brittanje was ook in vervoering, sekere lande in Europa en Asië ook. Hulle hit single, Love Missile F1-11, wat deur Giorgio Moroder produce is, was nommer twee op die charts in SA.
Die VSA was traag om by te kom maar daai selfde song was op een van my favourite movies se soundtrack – John Hughes se Ferris Beuller’s Day Off. Mens kan seker sê dis ironies dat die lede wie Tony James recruit het nie eens instrumente kon speel nie maar dit was nie per toeval nie. Alles was haarfyn beplan in boardrooms deur Tony James en die EMI executives. Die Sputnik Corporation se marketing was so effektief dat dit selfs ons laerskool kids in SA se verbeelding aangegryp het. Ek het elke lid se naam geken en hulle was soos superheroes vir my. Posters teen die mure en al. Die lead singer, Martin Degville, kon fokol sing aan die begin, maar hy het befok gelyk. Soos ‘n karakter uit Mad Max: Beyond Thunderdome, net met neonklere ook by. Sulke pink leather tights en fishnet stockings oor sy gesig, gekleurde punkvere vir hare. Lelike fokker gewees.
Die hele konsep was gebaseer op hype, marketing, attitude, rehearsed arrogansie en ‘n kakhuis vol goeie futuristiese idees; beide gesteeldes en nuwes. Hulle het ou rock and roll icons soos Elvis Presley nuwe lewe gegee maar ook van Clint Eastwood, Blade Runner, The Terminator en A Clockwork Orange gesteel en in hulle songs ge-reference of ge-sample; albeit met ‘n capitalist-futuristic ultra violence tema daaarby. Sigue Sigue Sputnik het “selling out” tot die hoogste level ooit probeer vat en dit was befok! Hulle was nie bang om in die vuil modderpit in te spring wat record companies in elk geval daai tyd in die musiekbedryf veroorsaak het nie. Hulle het die exploitation van artists deur record companies net so terug in die suits se gesigte gegooi deur ‘n commercial experience aan hulle fans te verkoop in plaas van net musiek. M-TV was nog net ‘n paar jaar oud, so dink net bietjie hoe rewolusionêr was dit daai tyd. Hulle was ‘n totale onbekende band en het vir die media gesê hulle het £1000000 van EMI gekry om Flaunt It te record. EMI executives het later getune dit was nie so baie nie, maar hulle was sonder twyfel voor hulle tyd en was die eerste band wat movie snippets ge-sample het en in hulle musiek gebruik het. Hulle het actually advertensieslots verkoop op Flaunt It, aan onder andere L’Oréal en i-D Magazine. Dit was ‘n briljante idee en terselfde tyd ‘n moerse kak een, want die musiek het alles dieselfde geklink en na about ‘n honderd keer se deurluister was jy so gatvol vir daai ads tussen die songs jy wou jou plaat by die fokken venster uitgooi.
Tony James het die Britse media blameer vir die band se ondergang maar na hulle tweede album, Dress foe Excess (1988), was dit duidelik dat hulle op pad uit was. Fans het hulle daarvan beskuldig dat hulle lipsync, Martin Degville het die crowd uitgetart by live shows en Ray Mayhew is gearresteer na onderonsies met fans wat erg die bliksem in was. Stock Aitken Waterman (daai plastic bubblegum kak wat Kylie Minogue se career begin het) het die tweede album produce. Hulle wou seker net kyk of hulle die naby-aan-dooie-koei nog ‘n laaste keer kon melk nie want niemand het meer die musiek gekoop nie. Die waarheid is hulle was nie goed genoeg musikante om die musiek op standaard te kry of om te kon progress nie en fans het net nie meer belanggestel nie.
Maar Sigue Sigue Sputnik het weer later (in verskillende gedaantes) nog albums record. Martin Degville het ook sy eie pad ingeslaan met ‘n spin-off band. Ekself luister Flaunt it nog gereeld. Meestal net vir die nostalgiese herinneringe. Dis ‘n reminder dat mens nie altyd rock and roll so ernstig moet opneem nie en as jy jou musiek uitsluitlik as ‘n produk adverteer gaan mense dit hanteer soos een en hulle lojaliteit gaan jy nie juis behou nie. As jy te jonk was in die eighties of nog nie gebore nie en jy wil weet wat die toppunt van “selling out” is, gaan check bietjie hierdie band uit op die interwebs. Dis verregaande maar fokken fantasties. D
ie musiek self? Mmmm, well you be the judge. Dis lekker eighties new wave hype vir my. Mens moet hulle maar net waardeer vir wat hulle was. Hulle bestaan deesdae meestal net in die argiewe van cyberspace en dis waar hulle hoort. SA vinyl pressings van Flaunt It float nog rond by vinyl fairs. Die artwork is awesome en lyk hedendaags met die Sputnik robot voorop en references na cell phone companies en digital mastering en ‘n kakhuis vol Japanese sinne oral op die cover. Die beste line vir my op een van die songs is, in hindsight, baie profeties: “I am the ultimate product!”. Is dit nie presies wat ons almal op social media geword het nie?
So rol maar met kapitalisme en weirdos in terterige space cadette klere!
Onthou Stash Records is weer hierdie Saterdag (more) by Lucky Rodrigo. Pull in met jou pink leather tights om juwele soos hierdie te gaan opraap.
Watkykjy staan op 3,091,011 post views in totaal sedert 1 November, 2019.