PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.
So wie kry Julie se PK? Wel, ons voel daar is gronde om dit toe te ken aan Andile Mngxitama, die leier van BLF (Black First Land First). Natuurlik wil die snotfokker seker die gronde by ons vat. Want dis mos die een ding waarvoor hy onthou wil word. Op sy grafsteen (op ‘n graf op grond in wit besit) sal daar staan: “Hier lê Andile, opperste doos, Gupta skootbrak en Bell Pottinger lakei. Hy wou die grond terugvat, maar toe vat die grond hom terug. Rus hard moederfokker.”
Kyk, van sy gevoelens oor grondbesit het seker meriete. En ja, die regering sleep al vir jare hul voete oor moontlike grondhervorming. Maar vir hom om blanke joeraliste te dreig en saam met sy 14 ondersteuners buite hul huise te protest, is nie fokken koel nie. Om blankes te dreig dat daar massa grondbesetting gaan plaasvind op 31 Desember 2017 en dat hulle hul moet voorbeirei vir die terugneem van die land, dis sommer net boktos. Om boonop gevinger te word in die Guptaleaks e-posse waar hy opdrag ontvang het om ‘n kak artikel te skryf oor die BizNews redakteur, Alec Hogg, is verregaande. Maar die hoofrede hoekom ons voel daar is gronde vir ‘n PK, is omdat ons hom net glad nie in die hande kan kry vir kommentaar nie. Ja. Sy foon is beset.
Hey Andile! Sort jou swartgalligheid uit bra. Ka-dwa! Teen die oor!
Watkykjy staan op 3,124,125 post views in totaal sedert 1 November, 2019.