In hierdie tye van onrus, is dit Van Pletzen se missie om die wêreld ‘n beter plek te maak deur hul lekker vibes te versprei en om jou ‘n baie, baie goeie tyd te wys. Hulle neem hulself nie te ernstig op nie en glo dat jy ook nie moet nie. VAN PLETZEN is ‘n prettige nuwe Afrikaanse projek deur Peach van Pletzen (Bittereinder / Yesterday’s Pupil) en Matthieu Auriacombe (Hello Beautiful / Beach Party).
Soos die meeste goeie dinge is Van Pletzen oor ‘n paar koue biere gekonseptualiseer.
“Ek wou die laaste twee jaar of so al iets in Afrikaans doen, ek het goed geskryf maar niks het soos ek gevoel nie; alles was geforseerd. Een middag sit ek en Makkie en drink ‘n paar biere en het besluit om so ‘n feel good vibe te try. Ek het begin skryf en my chi gevind, dit was ‘n kaklekker vibe. Ek is mal oor humor en die projek gee my die outlet om humor te kan gebruik met musiek wat cool is en waarop ek en Makkie baie trots is,” vertel Peach.
Van Pletzen kry hul partytjie aan die gang met die vrystelling van hul eerste enkelsnit en musiekvideo, Eiland Styl.
Sien hier presies hoe kaklekker Van Pletzen nou eintlik is – kyk Eiland Styl:
Soos jy kan sien, het hulle so ‘n lekker vibrasie dat Oppikoppi hulle sommer bespreek het vir hierdie jaar se fees sonder dat hulle ooit al ‘n vertoning gelewer het en nog voordat hulle hierdie video vrygestel het.
Kry Eiland Styl op iTunes & Apple Music.
SKAKELS:
Facebook: www.facebook.com/VanPletz
Instagram: www.instagram.com/peachvanpletzen/
Twitter: https://twitter.com/peachvanpletzen
Webwerf: www.youtube.com/channel/UC-UjQWHIBrhqKfOZ7ysKo5A
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.