Die wat nou? Moet ek vir ‘n kompetisie inskryf om hierdie bands te kry om by my huis te kom jol of hoe werk die storie? Wonderboom, Albert Meintjies en Jontathan Peyper speel hierdie Sondag verniet live by almal van julle se huise. Wel, almal van julle wat interweb by die huis het. Al wat jy hoef te doen is om Sondagmiddag net voor 14:00 se kant die Watkykjy website oop te maak op jou laptop, PC, foon, tablet, Xbox of Playstation. Watkykjy in samewerking met Skyroom Live en Mushroom Broadcast bied aan: The J-Room Sessions.
Laat ons verduidelik – daar is hierdie kief plekkie in Silverton, Pretoria genaamd J Room en elke laaste Sondag van die maand is daar van Suid-Afrika se heel beste bands en artists wat gigs jol tussen 14:00 en 17:00. Die brasse wat die vibe organise het next level kameras (soos Black Magics) vir meer as een angle en moerse goeie sound waarmee die gig live afgeneem en on the fly gemix word. Verder is die ouens van Mushroom Broadcast ook daar om seker te maak die hele show word live uitgesaai. Ons het J Room heel toevallig gaan uitcheck tydens ‘n onverwante mission in Silverton en was moerse impressed met die ouens se setup. Ons was ook half die fok in omdat ons nie daarvan bewus was nies, so help ons om die ouens se audience bietjie te groei. Dis ‘n briljante projek en dis ‘n lekker cheap Sondag by jou eie huis met jou eie drank en snacks op jou eie couch. Fok, maybe het jy ‘n lekker outdoor entertainment area soos ‘n zef lapa of iets met ‘n grootskerm TV waarheen jy die show kan cast. Dan kan jy sommer jou tjommies impress met ‘n braai en ‘n live show. Lekker diktril!
Moenie vergeet nie! Hierdie Sondag (30 Julie) kan jy Wonderboom, Albert Meintjies em Jonathan Peyper live kyk hierso op Watkykjy! Ons sal ons bes probeer om jou te herinner met ‘n halfuur heads-up op Twitter en die Watkykjy Facebook page so gaan gooi ‘n follow en ‘n like daarso of iets.
Watkykjy staan op 3,092,710 post views in totaal sedert 1 November, 2019.