‘n Ierse blaar, Chris Quinn het die afgelope naweek heel onverwags deel uitgemaak van Wimbledon se entertainment. Kim Clijsters, ‘n voormalige nommer een tennisster het Saterdag ‘n friendly Ladies Invitational Double Match gejol by Wimbledon. Dit was bietjie van ‘n minder ernstige affêre as wat gewoonlik op center court afspeel en die skare en fans het bietjie meer interaction met die spelers op die baan. Minder styf en of vol kak.
Op ‘n stadium het Kim die fans gevra: “Will I serve left or right?” toe meneer Quinn uit die stands geantwoord het met: “Body serve!” Kim het dadelik respond met: “Do you think you can handle my serve?” en die ou sommer straight baan toe genooi van die stands af. Sy het hom ‘n raket in die hand gestop maar die potjierol het nie verwag dat die goose hom ‘n skirt ook gaan maak antrek nie: “Before she was about to serve to me, she runs over to her bag, pulls out what I thought was a pair of shorts, but as she got closer I realised it was a skort!”
Yup, om te verhoed dat Kim verder Wimbledon se stokholregulasies breek, het sy na haar kit bag gehardloop en haar nuwe teenstander in ‘n wit tennis skirt geklee. Dit was bietjie van ‘n gesukkel om dit oor sy vet gat te kry, maar dit het gemaak vir een van die beste entertainment-oomblikke by Wimbledon ooit. Die groep het sommer ook vir foto’s gepose na die rondgefokkery.
Check die video vir al die aksie:
Wat die storie even nog meer befok maak is dat die fan na die tyd verder met Kim geskerts het op Twitter en dat sy respond het. Dis min dat mens sportsterre kry met sulke heavy gees. Kim het Wimbledon gewen vir altyd en ewig. En Ierland het ‘n nuwe hero gekry in ‘n gewone man van die straat af.
Watkykjy staan op 3,124,265 post views in totaal sedert 1 November, 2019.