Casper de Vries, Schalk Bezuidenhout en Hannes Brümmer is hierdie Vrydag (28 Julie) op stage te sien by Silverstar Casino in ‘n moerse befokte comedy show. Ons praat hier van drie Afrikaanse comedians uit drie generasies op een verhoog in ’n unieke kombinasie van stand-up komedie en improv. Met hierdie vertoning gooi die ouens nie net hulle grappe rond na mekaar in ‘n line-up soos dit gewoonlik gaan by stand-up shows nie. Die brasse is saam op die stage vir ‘n volle 90 minute en elke vertoning is uniek, aangesien die ouens die materiaal voortdurend aanpas. Improv, jy maak uit? Hulle vra die audience ook vir themes, voorstelle en onderwerpe.
Casper tune: “Dit is ’n baie uitdagende maar suksesvolle aanbieding. Jou brein moet nogal ‘aan’ wees om dit te kan doen en myne is nog net-net aan, maar dis vir my wonderlik om te doen. Ons skep iets wat ’n mens nooit weer sal sien nie. Ons doen dit nie aand na aand nie, so met elke vertoning is ons vars en vrolik en lus vir vermaak en om mense te laat lag. Jy voel jy het iets bereik en dit is ’n baie heuglike en jeuglike gevoel.”
Hannes tune: “Ek kan in alle eerlikheid sê dat ek met 3-in-1 van die lekkerste tye nóg op die verhoog gehad het. En die feit dat ek die verhoog deel met ’n ou hand wat legendaries is en die mees opwindende jong komediant in die land beteken dat ek ook nou ’n bietjie aandag kry. Jy moet regtig op jou voete kan dink. Vir my is 3-in-1 ’n nuwe formaat van komedie. Ons vaardighede word tot die uiterste beproef. Maar die gehoor hoef nie bang te wees dat ons nie weet wat ons doen nie. Ons werk met ’n effense struktuur. Maar meer as dit werk ons met die ondersteuning van mekaar.”
Schalk tune: “Daar is niks so exhilarating vir ’n comedian as om in ’n vol Globe op te tree nie. Dit is ’n venue van ’n internasionale standaard waar al die groot comedians kom optree. 3-in-1 is vir my ’n ongelooflike show, dit is ’n heel ander thrill as stand-up. Stand-up is beplan, maar as jy on the spot ’n joke moet uitdink raak dit iets anders. Daar is hierdie ding tussen jou en die gehoor: jy weet jy het iets nou net uitgedink, en hulle kan dit ook sien. Dit is opwindend, onvoorspelbaar en onbeperk.”
Daar is slegs 1 show by The Globe, Silverstar Casino
Datum: Vrydag 28 Julie 2017 om 20:00
Kaartjies: R150 per persoon – jy kan kaartjies hierso book
Watkykjy gee 5 dubbelkaartjies weg!
Al wat jy hoef te doen is om hierdie post op die Watkykjy Facebook page te gaan soek en dit te share met die persoon wie jy graag saam met jou na die show toe sal wil neem. Ons kies die wenners teen Woensdag lunchtime se kant.
Watkykjy staan op 3,056,586 post views in totaal sedert 1 November, 2019.