Hierdie vraag word tipies gevra deur ‘n persoon wat self reeds oorsee gereis het, want check, ‘n trippie na die weelderige overseas is gelyk aan aansien en rykdom in Suid-Afrikaners se koppe. Die ou wat die vraag vra hoop secretly dat die persoon wat die vraag moet antwoord in die negatief sal respond sodat die persoon wat die vraag gevra het, die ander persoon kan vertel van hoe fokken cool dit “oorsee” is. Daai moral superiority. So watse kar ry jy? Watse werk doen jy? Wat doen jou ouers? Dis een van baie siektes waaraan wit Afrikaanssprekendes ly. Ons is fokken behep met ander mense se doen en late, hulle bankrekenings, welsyn, rykdomme, skeletons en hoeveel keer per dag hulle poef en wat die consistency van die poef was. Kan so nie ons neuse uit ander mense se sake hou nie. Sulke agie.
Moenie worry nie, bra. Jy kan jou tiete relax en daai knoop in jou piel losmaak. Ons praat nie van jou nie, hoor? Ons praat van die ou langs jou. Veral die ou langs jou op die vliegtuig, want jy is nie so nie. Jirre, het jy daai ou op die vliegtuig al stilletjies dopgehou? Kom ons kyk bietjie wat maak hy alles…
Hierdie bra is fokken rustig, hoor. Hy move stadig. Hy knip selfs sy oë stadig. Sodra die boarding gate aangekondig word is hy laaste man uit die wegspringblokke. Die matriekseun met die dik kuif wat agter in die bus sit: “Die vliegtuig gaan fokken nêrens heen tot almal op is nie. Hoekom fokken rush almal so?” Hy is die ou wat laaste board omdat hy fokken cool is. Hy is ook daai ou wat nie bliksems spasie in die overhead storage kry vir sy sak wat net-net die limit maak nie (omdat hy fokken cool was en laaste ge-board het) en dan strek om almal anders se tasse en laptops rond te skuif. Dit alles terwyl sy hemp so optrek met die strekkery en hy sy stootliksens (daai strook hare tussen die piel en die naeltjie) of sy krobbedoster teen jou wang skuur, gulp halfmas. Nooit.
#walms4dayz
Natuurlik het hy ‘n window seat gekry, so jy en die bra langs jou gaan eers moet opstaan en uitskuif sodat ou Frikkie sy special seat kan kry. Mense met window seats is mos beter as jy, alhoewel die ticket presies die fokken selfde gekos het as joune. “Ek vra altyd vir ‘n window seat”, sal die marabs rondom ‘n braaivleisvuur laat drop vir sy tjomme wat instemmend kink. (Hulle noem mekaar mos “tjom”.) Dis vreemd, want hierdie tipe mens se aksies laat mens altyd wonder of hy genuine oortuig is dat sy kaartjie meer as enige iemand anders s’n in economy class gekos het. Dis daai ou wat eerste opstaan om bene te rek sodra die seabealt sign se liggie kak. Sommer so in sy seat. Dan fokken streeeeeek hy so met sy elmboë en draai hy om en kyk oor die res van die cabin uit asof vir almal wil vertel: “Ja, ek is op ‘n vliegtuig. Ek rek nou my bene, Ek het eerste opgestaan. Dis poesduur om te vlieg. Ek het geld. Ek vermoed my kaartjie is duurder as enige iemand anders s’n. Dis eintlik MY vliegtuig.” Jirre, en die frequency waarmee hierdie ou travel? Hy vlieg meer as jy, hoor. Wanneer die cabin crew deur die safety checks gaan, is hy die ou wat deur ‘n tydskrif blaai of Candy Crush jol op sy Samsung S3. Hy het die safety routine al so baie gehoor en gesien dat hy nie meer aandag hoef te gee nie. Dis hoe baie hy al gevlieg het, hoor. Meer as ek of jy. Fokken weet dit!
Fok daai ou! Om oorsee te travel is deesdae regtig nie meer so duur nie, relatively speaking, natuurlik, so jy hoef nie te voel asof jy Bil Gates is net omdat jy vlieg nie. ‘n Trip Kaap toe van Joburg af vir so paar dae kan jou heel maklik R10k kos en dis actually cheaperig. Vir dubbel die prys kan jy gemaklik in die overseas gaan rondfok. Ek het byboorbeeld verlede week met Snake van Fokofpolisieker daaroor gechat toe ek Kaap toe was (en ‘n window seat gekry het). Hy en sy goose gaan binnekort Portugal toe vir hulle honeymoon en dit werk net onder R10k uit vir die twee van hulle saam! Hoedefok? Want Air Angola het nuwe jets en begin nou die mark agressief betree. Jy vlieg eers Angola toe, dan na Portugal. Jy moet vir twee ure bal hang in Luanda but who gives a fuck? Dis beter as om in Dubai vir ses jaar te wag. Daai is maar net een voorbeeld van travel secrets waarvan ek nie bewus was nie. Investigate jou travel options.
En dis wat bra Niel gedoen het in a way. Niel Van Deventer en sy akrise-goose, Charlenè Brouwer het ‘n nuwe TV reeks, Oorsee #MetNielenBrou vir VIA gaan skiet. Charlenè was ook editor en mede-vervaardiger. Ons het julle in Februarie daarvan vertel en dit het middel April begin uitsaai op beide Showmax en DSTV. Die reeks is moontlik te danke aan Niel se “UK diensplig”. Fokken baie Suid-Afrikaners (soos Niel) het in die laat 90s en vroë 2000s kakkerige werk soos security guard en konstruksie of whatever gaan doen om ‘n geldjie te maak, Europa te sien of hulleself te vind. Baie van daai ouens het net gegaan om geld te spaar sodat hy 2 jaar later kon terugkom om ‘n Golf cash te koop in Pretoria-Noord. Whatever die rede was – Watkykjy het ‘n klomp van julle aan die gang gehou. Ons het destyds fokken baie e-mails van mense ontvang wat getune het ons hou hulle insanity levels lekker. Of so iets.
Baie van daai mense (julle) het terug gekom en ‘n klomp het agtergebly en werklik vir hulleself ‘n lewe gemaak. Sommiges is eers onlangs oor. Niel en sy vrou het ‘n hele paar interessante Suid-Afrikaners regoor Europa gaan opspoor en werklik die essence van hulle stories vasgevang. Daar is die jongste adjunkhoof ooit in Londen, ‘n bra wat Land Rover magzine se editor is, ‘n moerse cool artist/painter, akteurs en dies meer. Een die stories wat vir my uitgestaan het was die bra wat nou hout en charcoal in Engeland smous. Dit alles omdat die hout daai kant kak was – die man wou fokken braai en het toe besluit om ‘n container vol hout van Limpopo af in te voer. Toe het hy te veel hout en besluit om zak te maak daarmee. Sulke besigheidsman. Dan is daar Marleon Hefer, ‘n Suid-Afrikaanse bokkie wat so paar jaar terug oorgetrek het, deels om te travel en deels omdat mense daai kant haar minder judge oor haar seksualiteit. Suid-Afrika kan mos nie ‘n grootmense wees oor seks of kleur nie. Anyway, sy bly nou daar, probably vir ewig.
Ek wil nie te veel weggee nie, so kyk dit eerder self. Dit het my fokken lus gemaak om sommer weer Europa toe te gaan om te explore (ek was al tweekeer en Londen en eenkeer elk in Frankryk, Griekeland en Spanje – en ek het elke keer window seats gehad). Die reeks is goed geskiet vir iets wat low budget is – ‘n klein staff van 5 met minimale gear. Brou se travel tips vir die chicks is ook nogal lekker, I guess, maar in een scene in epsiode 4 lyk dit asof Niel ‘n dooie olifant by die trappe afsleep. Ek dink nie Brou het moerse ekonomies gepak nie, ondanks haar eie tips. Chicks pak mos altyd alles in – die helfte van die tas vol Clicks en die ander helfte Edgars, of waar ookal hulle shop – ek is so out of touch met my feminine side…
Die meerderheid van die mense aan wie hulle besoek aflê voel half in twee gedeel oor die SA/Europa kwessie. Gaan jy bly of gaan jy gly? Almal verlang obviously huistoe maar hulle sal heel moontlik nie terugkom nie. Ek verstaan dit. As ek die geleentheid het, sal ek byvoorbeeld glad nie ‘n fok terugkom nie. SA is lekker, maar jirre die aarde is fokken huge met lekkerder plekke as jou eie huis. Ek belowe jou. My huis is byvoorbeeld lekkerder as jou huis en dis net om die draai. Kyk ook na die USA. Jirre, wat ‘n plek! Ons was deur TWAALF states met ons eerste trip (ek het heeltyd window seats gehad) en ek soek nog van daai plek! As ek vandag zak wen, trek ek more fokken once!
Oorsee #MetNielenBrou is nie net nog ‘n TV show nie. Dit vat jou na ‘n nuwe huis toe oorsee. Places en possibilities. Dit maak mens weirdly excited vir wat die Suid-Afrikaners daai kant van die water vermag het en dis genuine inspirerend – daai “fok man, as hulle dit kan doen, kan ek ook”-vibe. En as jy steeds dink dat dit buite jou bereik is om oorsee te travel is hier vir jou nog so paar bewyse dat traveling nou ook beskore is vir die laer kaliber Suid-Afrikaner (lees: fokken kommin mense). So paar jaar gelede het Huisgenoot (hello julle!) ‘n peiling gehad met die vraag: “Was jy al oorsee?” en hierdie antwoorde het onder andere opgeduik.
A simple “yes” or “no” would have done the trick:
(jy kan my snedige opmerkings in Batman se stem lees as dit jou behaag)
- “My gunsteling plek is natuurlik Phuket en die Austaliese goue kus.”
Die woord “natuurlik” sê vir ons dat almal behoort te weet dat sy al tweekeer oorsee was. Dis daai persoon wat so regop staan in die vliegtuig en raakgesien moet word. Sy het natuurlik ook ‘n window seat gehad. - “Is huidiglik in Nederland al vir 7 maande”
Mense wat dom genoeg is om die woord huidiglik (wat nie bestaan nie) te gebruik in plaas van tans. Dis een dom persoon minder met wie jy hoef te kompeteer vir ‘n job in Nederland. Of miskien nie. Sewe maande lank = baie geld. - “Ja, drie keer na Amerika, waar my dogter woon en 3 keer na die Uk waar my seun en skoondogter woon”
Jy moet weet dat haar kinders fokken suksesvol is. Die aangetroude enetjie ook. O ja, en sy was al ses keer oorsee. Die suksesvolle kinders het seker die bill opgetel vir daai ene. - “Née. het nog net kinders groot gemaak en Varsity betaal…..hoop ek kan dit nog ervaar.”
Hierdie is ‘n goue les – as jy ooit oorsee wil gaan, dra effies wanneer jy naai. Want kinders fok dit op vir ewig en altyd. Amen. - “Net in my drome…. dis HOOG op my bucket list!!!”
Ek was al hel toe in my drome. Dit beteken nie ek weet hoe die plek regtig lyk nie. - “Ja ek het Vodacom kompitiesie gewen en dit was gr8. Engeland 2006”
Hierdie persoon het seker tot vandag toe nog skuld omdat sy haar Vodacom data roaming aanvergeet het. Hulle charge mos ‘n standaard water-en-ligte rekening per out-of-bundle megabyte. Poese. - “Lol ja, Robbeneiland!!!”
Fokken grapgat… - “Dis so maklik soos JHB-CPT retoer. Doen dit net!! Jy moet in elk geval eet & iewers slaap… Doen dit net op ‘n plek waar jy baie graag wil wees!!!”
Uiteindelik – the voice of reason.
Jy kan Oorsee #MetNielenBrou op Showmax for free kyk as jy opsign vir hulle 14-dae trial period. Gee dit ‘n shot. Daar is fokken baie ure kykgenot om in twee weke te probeer verorber.
Watkykjy staan op 3,092,371 post views in totaal sedert 1 November, 2019.